[Video] Dagsorgskok: Ouers het gedink baba is baie gelukkig

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die ouers van die baba wat by ʼn dagsorgsentrum in Centurion so woes in sy wiegstoel geskud is dat sy kop op en af geruk het, het gesê hul seun is gelukkig ongedeerd ná die traumatiese voorval.

ʼn Video van die voorval het die afgelope week opslae gemaak nadat dit wyd op sosiale media gedeel is. Die video is deur ʼn 20-jarige student geneem, wat vir ʼn paar weke by die Baba Byekorf-dagsorgsentrum in Centurion gewerk het. Die video is na bewering een van vele video’s wat wys hoe babas by die sentrum mishandel word.

Werner Human (30), die pa van baba Lohan (sewe maande), wat in die video gesien kan word, het aan Maroela Media gesê hy en sy vrou, Tarina, het Lohan dadelik ongevalle toe geneem nadat hulle die video gesien het. “Hulle het hom by die hospitaal ondersoek en ons het hom die volgende dag na ʼn oogkundige geneem vir ‘n ondersoek, maar hy het gelukkig niks oorgekom nie,” het Human gesê.

Hy het gesê hy en Tarina was voorheen baie tevrede met die dagsorgsentrum en beïndruk met die goeie geriewe by die skool. Hulle het nooit kon dink so iets kan sonder hul wete met hul seun gebeur nie. “Personeel by die dagsorgsentrum het gereeld deur die loop van die dag vir ons foto’s gestuur van Lohan, waar hy lag en speel. Dit het gelyk asof hy baie gelukkig is by die skool,” het hy gesê.

Volgens Human het Lohan nooit vreemd opgetree wanneer hy van die skool af teruggekom het nie, maar hy vermoed Lohan is nog te klein om werklik sielkundig deur die voorval op die video beïnvloed te word.

Petro Pienaar, die dagsorgsentrum se prokureur, het intussen bevestig die 23-jarige vrou in die video het bedank voordat die tugverhoor teen haar kon begin. “Die tugverhoor sou Maandag 12:00 plaasgevind het en ons was by die skool en gereed om voort te gaan, toe sy bedank het,” het Pienaar gesê. “Die eienaars van die skool oorweeg nog of daar verdere stappe teen haar gedoen sal word en ek wag op hul instruksie.”

Pienaar het gesê Marisa en Marius van Rooyen, die eienaars van die skool, het Donderdag met die ouers van die kinders by die skool vergader, die voorval met hulle bespreek en die video aan hulle gewys. “Al die ouers ondersteun die skool ten volle. Hulle het begrip vir die situasie en is tevrede met die skool se hantering daarvan. Jy kan ook op sosiale media sien hul kommentaar oor die skool is baie positief,” het sy gesê.

Volgens Pienaar het slegs een ouerpaar, behalwe die Human-egpaar, hul kind uit die skool gehaal na die voorval.

Sy het bevestig die skool is bewus daarvan dat daar glo nog video’s is wat beweerde mishandeling by die skool wys, maar het gesê hulle het ondanks herhaalde versoeke aan die student se regspan steeds nie die video’s ontvang nie. “Ons kan natuurlik nie optree as ons nie die video’s het nie,” het sy gesê.

“Ons het die beeldmateriaal van kringtelevisie in die skool noukeurig nagegaan en geen onbehoorlike voorvalle daarop gevind nie. Die spesifieke voorval in die video het op ʼn plek plaasgevind wat nie deur die kameras gedek word nie. Daar is kameras in elke vertrek in die skool, maar dit is natuurlik nie moontlik om elke plek in die vertrek op die kamera vas te vang nie,” het sy gesê.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het sedert die video aan die lig gekom het, ook die skool besoek.

[wpvideo n4cJK6Q9]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Koos ·

Ek wil graag weet hoekom die mishandelaar nog nie gearresteer en aangekla is nie?

Bell ·

Ja, want die baba se ouers kan self ‘n klagte indien, hulle hoef nie vir die skool te wag om dit te doen nie.

SE NET ·

Ek sal haar meer as skommel. Hopenlik sal sy kinderloos bly want ek dink geen kind is veilig by so persoon nie.

Kwaaitjie ·

Ek hoop nie sy word ooit weer toegelaat om by ‘n kleuterskool te werk nie. Geen kind sal veilig wees nie.

Susan ·

daar moet beslis teen haar opgetree word sy het nou bedank en stap by `n volgende skool in en weer dieselfde of erger.

Elmarie ·

Ek hoop dat sy nooit in haar lewe weer met kinders, diere of mense moet deel in die werk plek nie. Hulle moet haar eintlik in ‘n dwangbaadjie vasmaak en in ‘n donker kamer toesluit en so nou en dan rond ruk. As dit my kind was het ek beslis ‘n saak teen haar en die 20 jarige wat die video geneem het gemaak. Dit maak die student net ‘n medepligtigde

Karma ·

Whoa, Elmarie! Die student was dan juis die een wat die saak openbaar gemaak het; hoekom sou die ouers haar nou wou aankla? Ek sê: ‘name ‘n shame’ daardie feeks wat die babatjie so mishandel het – op sosiale media sodat almal wat met kinders werk weet om haar níé in diens te neem nie.

charlene ·

Ek hoop die eienaars vervolg haar! Sy sleep hulle name deur die modder – soos ander ouers genoem het is hulle tevrede. Ek hoop regtig daar is nie nog video’s nie want dit beteken meer liefies het dalk seer gekry. Ek hoop die vrou wat dit aan baba Lohan so seer gemaak het se gesig word nooit vergeet deur mense en dat sy nooit weer naby enige kinders toegelaat sal word nie.
Dankie tog my baba is darm nou al ouer en kan skinder sy vertel haar mamma alles, en mag dit so bly. Lohan se mamma en pappa ek is baie bly hy het nie seer gekry of enige iets nie.
Maroela Media: Hoekom word haar naam nie genoem nie????

Landi Slatter ·

Dagsê Charlene,

Dankie vir jou navraag. Daar is nog geen strafregtelike aanklagte teen die vrou aanhangig gemaak nie, daarom mag haar naam volgens wet nie genoem word nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

boerin van Pta ·

Ek ken Marisa en haar man Marius baie goed. Ek en Marisa het saam gewerk vir lank by n kleuterskool. En haar droom was om haar eie kleuterskool te he en dit is bewaarheid. Daai engel van n vrou Marisa sou dit nooit toegelaat het dat so iets in haar skooltjie moet gebeur nie. Marisa wil net vir jou sê jy is n puik eerlike mens en mense wat jou ken sal almal so sê. Sterkte met die maar moenie toelaat dat die publiek jou onder kry nie. Ek hoop regtig julle kry daai girltjie opgespoor en dagvaar haar ook dat sy jou skooltjie in die slegte lig plaas. Kleutermaatjie groete Priscilla

Leeukop ·

Kry haar opgespoor? Dit behoort tog baie maklik te wees om n kleuterskoolwerker op te spoor, by aanstelling behoort mens tog n gatergrondcheck, bewys van verblyf, kontakte en ander persoonlike info van die persoon te he.

Rowan ·

Siestog! En watter toesig is deur jou maatjie uitgeoefen. Sit seker in die haarsalon terwyl die geld inrol. Jammer om jou bubble te bars maar jou eienaar maatjies is mede aandadig hieraan. Ga sies!

Anoniem ·

Jammer boerin van pta..Stem nie saam. Eienaar is net so verantwoordelik hiervoor. Waar is sy…hou sy ooit toesig…Is sy teenwoordig in skooltjie…Dit het almeer as eenkeer gebeur……Hierdie was nie die eerste keer nie…………………………..

Draai draai ·

Ek stem saam. Die eienaar( jou vriendin ) is verantwoordelik vir daai klein dingetjies
Sy moet weet wat in haar skool aan gaan. En dit is mie die eerste keet nie. Dis wel die eerste keer op kamera!

Kloekie ·

Ek sal graag wil weet of die eienaars van die skool daagliks op die perseel is? Ek het al nare ondervinding by n kleuterskole gehad en elke slag is daar n hoof en eienaar nie daar!

Annie ·

Ek hoop hulle ruk en pluk haar ook so rond, sy verdien dit nie om kinders te he of om met hulle te werk nie, Hoekom wys hulle nie haar gesig nie – vir wat wil hulle haar beskerm. Ek hoop sy het elke aand nagmerries van wat sy aangevang het.

Elzaan ·

as so iets met my kind moet gebeur sal die person die dag lig van more nie sien nie.
dis onmenslik dat mense babas of kinders so behandel hulle kan nie vir hulle self praat of verdedig nie.

m ·

Wys net wat gaan by hierdie dagsorg plekke aan. Wonder of sy haar eie kinders ook so behandel. Om so met n weerlose kind aan te gaan…….Hoeveel kinders word nie so mishandel by hulle dagsorg plekke nie…. Mens word naar en baie woedend as jy dit sien… Hoop daai monster is weggejaag by die skooltjie.

Gesiggie ·

As jy te lui is om jou gat te lig… of nie geduld het… wat soek jy nog by n kleuterskool… as dit my baba was , sou ek die vrou myself in n skud masjien sit en haar so laat rondskud, dat sy nie haarself sal herken, jammer vir my uitlating, maar as dit by kinders kom, dan raak ek buite my self”Boerin, ja ongelukkig word n persoon soos Marisa nou met al die kommer sit? want die ouers van die seuntjie kan veroorsaak dat meer ouers hul kinders wegvat, so bly dat Lohan ok is… Ek persoonlik dink, die hoof van die skool moet meer gaan inloer by klasse” wie weet wat als agter geslote deure aangaan?

DVL ·

Dis maar die tippie van die ysberg wat by dagsorg / kleuterskole gebeur. My vrou het ook by n baie vooraanstaande een in Pretoria – Oos gewerk waar n kind amper verdrink het en die personeel is verbied om die ouers te se. Daar was ook baie ander voorvalle van kinders wat in die badkamers toegesluit of pak slae gegee is…

Anoniem ·

DVL…Hoop jou vrou het die regte ding gedoen……………Die ouers daarvan gese. Niemand dreig jou tot stilte nie…..

Sandra ·

Ek het self jare gelede by ‘n 24uur versorgingsoord vir kinders gewerk. Die een dame was so soet soos stroop voor die ouers en het altyd gepruil en gesê: Ag is hy dan nie oulik nie! Al die ouers het gedink sy was wonderlik! tot hulle loop: Eendag het ek vir haar gesê jy is die skynheiligste mens wat ek ken. Voor die ouers is die kleintjies die oulikste en dierbaarste, maar as die ouers weg is, verskreeu jy hulle, en knou hulle af. Sy het kinders selfs in kaste toegemaak. Ons personeel kon ons kinders in die versorgingsoord los as ons nagskof gewerk het terwyl ons in die dag moes slaap. Ek het geweier. Feitlik nooit geslaap nie, maar my kinders sou ek nooit daar gelos nie. Ek is daar weg en het vir die matron gesê wat aangan. Sy is dopgehou, en ‘n paar maande later is sy oorgeplaas na die kombuis. Ouers, wees wakker. Jy mag jou dalk deeglik misgis met die persoon wat jy so baie vertrou.

Draaidraai ·

Ek wonder net wie het die cctv beeldmateriaal deur gewerk? Want as dit die eienaar was, is ek seker hulle sal dit verwyder voor daar nog bewyse uitkom?
Ek is seker die ouers van Lohan sal nie rus tot alles uitkom nie. Sulke goed gebeur nie net so oop en bloot sonder dat n hoof nie bewus is daarvan nie.

Roseline ·

Dankbaar dat hierdie gedrag geopenbaar word. Dit is klein mensies wat se lewe daarvan afhang. Die enigste sekuriteit vir ons kinders is by hul ouers . Dankbaar altwee my dogters hul proffesionele beroepe prysgegee om hul kinders self te versorg.Dankbare Ouma

Ouma B ·

Genade! ek kan amper nie glo wat ek sien nie! ek sal mos daai meisiekind se nek omdraai as ek haar in die hande kry!

Karma ·

Toemaar, Ouma B, jy is nie die enigste nie … Sê net as jy hulp nodig het!

Joann ·

Skande. Dank die Vader ek was bevoorrreg om na my kinders tuis om te sien. Maar dit gaan nie net by bewaar skole so nie,by ouetehuise ook. Vra my ek weet. Voor die familie is ouma of oupa so dierbaar maar agteraf word hul verskree.

Eliza-beth ·

Dis nou al die hoeveelste geval van soortgelyke gevalle by dagsorgsentrums. Waarom is dit nie WET dat daar oral kameras geinstalleer word en ELKE dag moet na die videos gekyk word. En snetrums moenie kla dis duur nie, dan moet ouers maar bietjei meer per maand betaal want gemoedsrus kan deur geen geld gekoop word nie. Ouers moet eintlik daarop aandring! Onthou jou baba kan nie praat en jy DINK die baba is gelukkig maar intussen… Dis absoluut skokkend wat hier aangegaan het. Sy is te lui en tel die kleinding op en SIT op haar alie en skud die arme baba en die speelgoed slaan hom deur die gesiggie…nee KYK, as dit myne was….

SI ·

Ek het in ‘n ander koerant ‘n berig hieroor gesien. Daar is pertinent ander gevalle ook genoem waar kinders met die plathand op die mond geslaan is, kokende melk vir die babas gegee is ens ens … wat nou daarvan? Ek weet daar is baie mense wat nie self na hulle kinders kan omsien nie, oor verskeie redes, maar ai! is dit nie tragies dat die arme kinders daaronder moet ly nie. En ja, Joann, dit is waar, dit gaan so in ouetehuise ook, veral as die oumense nie meer kan kommunikeer nie. Ek stem saam, daar moet ‘n wet wees wat ouetehuise en bewaarskole verplig om kameras te installer!!!

Antie Stienie ·

Ek verstaan nie hoekom die jobs nie gegee word vir ou tannies nie. As n jong ma kan babas jou mal maak. En dis jou vlees en bloed. Wat nog te se as dit ander mense se kinders is. Ouer vrouens het meer geduld. Ek sal om die dood nie my kid los by n plek waar jong meisies na hulle moet kyk nie. Ek sien dit in die laerskole ook. Die jong juffroutjies wat nie kan cope nie. Waar is al die outannies? Wat het van hulle geword? Ons het hulle nodig!

Theresa ·

Die persoon is skuldig – dis op film vasgelê. Wys haar gesig en gee haar naam, sodat niemand anders dieselfde hoef deur te gaan nie .
Elke ouer wat deesdae ‘n ongelooflike bedrag betaal om ‘n kind te laat oppas, moet aandring op CCTV en/of nannycam. Saam met die eienaar van so ‘n plek of die dagmoeder of die oppaster deur die plek stap en seker maak dat daar genoeg kameras is om alle hoeke ens te dek.
Daar is BAIE gemors deesdae. Ek dink meeste mense besef nie wat van hierdie oppassters hul klein kindertjies aandoen nie. Die wêreld is siek. Moenie dwaas wees nie, asb.

pop ·

Antie Stienie, nee jong, ons ou tannies is nie lus vir kleintjies nie. Het mos ons beurt gehad. Jong mammas moet by die huis bly en ophou luukses koop dan kan hulle dit bekostig.

Tersia ·

Poplap jy moet liewers nie Kinders he nie, ek dink ook nie jy het geduld om met Babatjies te werk nie, weet nie wat soek jy daar nie, en ook die Skool se skuld waar is hulle kameras hulle behoort in elke kamer te he…. Sies skaam jou seker net weer iemand wat nie daar wil werk nie en net daar is vir die Salaris wat sy in elkgeval nie verdien nie…

Oom Kalahari ·

MM, dit is darem net verbasend hoe jul ‘n mens se skrywe (of insette) verwyder op berig plasings. My skrywe was geensins polities of te nakomend op hierdie berig, maar dit toon weereens dat sekere mense hier word net geteiken wanneer hul ‘n reaksie probeer plaas.

Shannon Weyers ·

That woman belongs on a sex offender type list so she never is allowed to look after or even have her own children! Can’t believe the other parents can be so blind- surely other staff members have seen the abuse? Clearly the owners never bothered to go over the security footage until now so how much do they really care about the kids in their care? This school should be shut down.

Maggie ·

Sjoe, daai student is so wreed regtig moet haar agter die tralies beland en dat sy dubbelle myl betaal dit haar straf moet he, sies skaam die student

Natasha ·

Ek is n onderwyser asook n regs student. Eerstens wil ek net se dat wanneer my skoolhoof nie by die skool is nie en daar iets by skool gebeur ongeag n onderwyser se verkeerde optrede hetsy dra die hoof nogsteeds volle verantwoordelikheid vir my nalatigheid as onderwyser. So die vraag is waar was die eienaar(skoolhoof). Sy mag n goeie mens wees ek ken haar nie maar sy dra volle verantwoordelikheid van haar skool. Elke insedent of besering ongeag hoe ernstig of minder ernstig wat by n skool/dagsorg gebeur moet dus aangeteken word in n boek wonder maar net of die skool ooit so boek het en of dit ook die onderwyser se verantwoordelikheid of hoof sin is om dit te implimenteer. Laat mens wonder

Bella ·

Julle moet haar naam plaas dat almal weet wie dit is. So gaan sy net eenvoudig by die volgende skool werk. Wat net vir my ook so verbaasend is, is die dames op hulle selfone, daar word nie 24uur toesig by die skool gehou nie. As ek die eienaar is, verbied ek selfone! Hoe kan hulle behoorlike toesig hou!
Nee wat ek stem saam met Natasha, die eienaar moet volle verantwoordelikheid hiervoor vat! Ek het ‘n honde salon, en glo my ek is 9ure ‘n dag betrokke, jy kan nie altyd mense vertrou nie, nie as eienaar nie, mense wat vir jou werk het meestal kere nie dieselfde passie as jy nie. Veral as jy met kinders werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.