Video: Dan Roodt wil VSA TV-program vir miljoene dagvaar

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), het gesê hy is van voorneme om regsaksie te neem teen The Daily Show with Jon Steward oor ʼn insetsel wat op dié satiriese Amerikaanse TV-program uitgesaai is.

Die insetsel is in 2010 in Suid-Afrika opgeneem en gee ʼn satiriese blik op rassisme en rasseverhoudinge. Dit doen die afgelope week weer die ronde op sosiale media. Roodt het Donderdag aan Maroela Media gesê die insetsel is op oneerlike wyse deur The Daily Show with Jon Steward geredigeer en dat dit gedoen is om hom en ook Afrikaners en witmense belaglik te maak en te verkleineer. “Ek kan alles wat ek gesê het, met bewyse staaf. Dit kom alles uit navorsing. As dit rassisties is, dan is die hele wêreld rassisties.”

Roodt meen sommige sosialemediagebruikers voer ʼn heksejag teen hom nadat hy Steve Hofmeyr verdedig het oor sy onlangse omstrede Twitter-uitsprake. “Weens al die probleme in die land soos Eskom en misdaad is hulle onseker oor hulle magsposisie. Dit is ʼn onhoubare stelsel wat erg rassisties is teenoor Afrikaners en blankes. Om mense aan te val, word as die beste geweer gebruik.”

Roodt sê hy gaan ʼn skrywe aan The Daily Show rig waarna hy met regsaksie sal voortgaan. Volgens hom gaan hy tussen R100 miljoen en R1 miljard eis, aangesien die insetsel wêreldwyd versprei is en nou weer versprei word.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Roodt intussen skerp gekritiseer oor die “rassistiese uitsprake wat hy oor swartmense gemaak het tydens die program”. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit jammer dat ʼn klein groepie randfigure se optrede telkens misbruik kan word om Afrikaners in ʼn slegte lig te probeer stel. “AfriForum kan nie stilsit en toekyk hoe Afrikaners se billike aansprake bespotlik gemaak word weens die rassistiese uitsprake van randfigure soos Roodt nie,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum glo in die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen Suid-Afrika se onderskeie gemeenskappe. “Net soos wat AfriForum nie huiwer om standpunt in te neem teen die rassisme wat swartmense soos Julius Malema teenoor wittes uiter nie, spreek AfriForum hom ook sterk uit teen wit randfigure se rassisme,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is dit belangrik dat die wêreld weet dat die oorgrote meerderheid Afrikaners nie rassistiese bullebakke is nie, maar ʼn groep met billike aansprake vir ʼn beter toekoms, gegrond op internasionaal erkende regte. “Die feit dat Dan Roodt se uitsprake met soveel effektiwiteit die slegste moontlike stereotipe van Afrikaners probeer bevestig, laat ʼn mens amper wonder of Roodt doelbewus daarop uit is om Afrikaners in ʼn slegte lig te stel,” het Kriel gesê.

[wpvideo wq4Kr3v3]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

boer ·

En toe is die ou seker weer op die eerste vlug huis toe?
Laat hom vir net 6 maande hier kom bly, en dan doen ons n inteview met hom en hoor dan sy storie

Ek werk elke dag met buitlenaders, en ek kan jou nou se vandat hulle hier begin werk het,
is nie een meer so positief oor Suid Afrika, en sy nuwe regering nie

Paul ·

Jy mis die punt. Die hele TV-program is ‘n komedieprogram, dis as ‘n grap bedoel. Dis nie ernstig nie. Die ou se “menings” is nie sy werklike menings nie, dis sy komiese “script” wat hy skryf om so snaaks as wat binne sy vermoë is, te wees.

Dan ·

Dan Roodt het ‘n liederlike fout begaan deur homself/Praag by Hofmeyr te skaar. Nie hy, en nog minder Hofmeyr, kan namens die Afrikaner praat nie. Hofmeyr se aanhang deur ‘n spul “kommin” Afrikaners wat gaande is oor sy kamstige “musiek”, gaan vir Praag op kort duur dalk voordelig wees, maar kyk maar wat gaan gebeur op die lang duur. Die behoudende, Christen Afrikaner het hom met hierdie fout van Roodt finaal van Dan Roodt en sy organisasie gedistansieër. Roodt kan maar dagvaar en tekere gaan; die skade wat hyself veroorsaak het is baie groter as al die geld wat hy probeer eis.

Marnus Coetzee ·

Kaliie Kriel en Willie Spies en Afriforum klink soos die moderne, opgeleide politieke slawe van vandag. Hulle praat slaaftaal, die politiek-korrekte taal. Hulle sal tog nooit dood gesien wil word waar hulle dalkies polities-verkeerd praat of doen nie. Alles moet altyd polities-korrek wees, anders word die meesters en heersers dalk kwaad – soos nou. Hulle dans ook na die pype van die nuwe almagtige god, die omnipotente staat. Daardie almagtige god-staat wat vir Kaliie en Willie (hy moet sy naam nou wysig na “Will”, want hy wil so graag!) voorskryf wat polities-korrek is. En hulle doen maar te gewillig die polities-korrekte knieval voor hierdie almagtige, polities-korrekte god-staat. Nee, die veelgeroemde Konstitusie van die RSA is nie die hoogste gesag in die land nie. Politieke korrektheid is die hoogste gesag en hoogste norm in Suid-Afrika. Kallie en Will se misplaaste politieke gedienstigheid teenoor hulle nuwe politieke meesters is die probleem, nie Steve Hofmeyer en dr Dan Roodt wat uitwys dat die keiser kaal is nie. Waarom is intelligente en intellektuele mense wat die vanselfsprekende uitwys nou skielik die “dom” mense wat “dom” dinge doen, en die moderne, politieke slawe van die almagtige, polities-korrekte staat is nou skielik die “slim” mense? Politieke korrektheid is die handhawing van ‘n klug en onwaarheid deur al die deelnemers, want niemand is bereid om die borrel te bars nie. Waarom nie? Want dan word JY daardie “dom ploert” en politeike lomperd, en dis ‘n groot skande! Dis ook waarvoor Afriforum en Kallie en Will so bang is. Daarom, handhaaf eerder die voortgesette leuen en klug van politieke korrektheid en veroordeel die geringste suggestie van politiese ONkorrektheid met venyn – soos nou met Dan en Steve gebeur het. Dan sal die politieke slawe met hul nuwe slaaftaal nog lank regeer. Lank lewe die politiek-korrekte slawe!

Anne ·

Dan, jy moet baie versigtig wees om na almal as ‘kommin afrikaners’ te verwys wat van Steve
se musiek hou, ek ken ordentlik opgevoede mense wat na sy musiek luister en ek kan jou verseker hulle is beslils nie ‘kommin’ nie.

Takkie Takooza ·

Ai-ai ou Dan Roodt, vir ‘n “slim” ou is jy maar taamlik vir ‘n toffie gevat hier. ‘n Blinde ou sou met ‘n stok kon voel; “he is having you on”.

pop ·

Besluit waar julle wil staan. Steve en Dan is nie gatkruipers wat kamptig ten gunste is oor die gemors wat hier aangaan nie. Stry soos julle wil. Rassisme is alive and well. En dit geld alle rasse

Ben ·

Regtig teleurstellend dat Maroela en Kallie nou nes Beeld begin om mede Afrikaners af te breek. Wat het geword van eendrag maak mag..

Gerhard Kotze ·

Ek is gewalg deur hierdie optrede van Afriforum.

Die ironie is dat ek nie noodwendig dink dat Dan Roodt reg gedoen het nie. Hy destyds meer gedoen het om die ‘Daily Show’ se agenda na te vors.. Die video wat 4 jaar gelede gemaak is onlangs deur linkses afgestof vir propaganda doeleindes op Daily Maverick waar joernaliste ook onlangs blanke mans erg in die gesig gevat het. Afriforum skitter natuurlik hier in hul afwesigheid. Ek het egter die afgelope paar weke n duidelik poging gesien vannuit liberale geledere waar Afrikaners verdag gemaak word. Daar was ook n artikel in die Sunday Independent waar n hooggeplaaste in die regering kwetsende opmerking teunoor Afrikaners gemaak het.

Vandag is ek sommer kwaad vir die wyse waarop Afriforum so maklik n rat voor die oog gedraai word deur mense wat agendas het. Ja, ek is sommer kwaad vir Afriforum, Steve en Dan.

Kyk net hoe verlekker radikale linkses hulle in hierdie hele geveg:

https://twitter.com/ErnstRoets/status/532841631452774400

Andreas Meyer ·

Stem 100%. Afriforum se polities korrekte tirade kan geensins verdedig word. Veral in die lig daarvan dat Dr. Roodt se stelling wetenskaplik korrek is.

Thys Human ·

As ek ‘n lid van Afriforum was, het ek nou bedank. Maar ek is juis nie ‘n lid nie omdat ek lankal gewonder het wanneer Kallie Kriel en Afriforum en kie gaan begin om op Afrikaners te skel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.