Video: Dapper man wat kind red, het internet gaande

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn man wat gevaarlike omstandighede trotseer om ʼn kind te red waar hy op ʼn pyp oor ʼn oorstroomde rivier vassit, het sosialemediagebruikers gaande.

Talle mense meen dié man moet amptelik deur die stad as held vereer word, terwyl ander daarop aandring dat hy as brandbestryder of reddingswerker in diens geneem word.

Die man is sedert die video aan die lig gekom het op sosiale media as Vincent Cosa geïdentifiseer. Volgens Yusuf Abramjee, ʼn teenmisdaad-aktivis en hoof van die #MakeSASafe-inisiatief, wat die video op Twitter geplaas het, het die voorval in Alexandra in Johannesburg gebeur en is dit die sterkvloeiende Jukskeirivier wat op die video gesien kan word.

Times Live berig ʼn polisiewoordvoerder het gesê niks is formeel by die SAPD aangemeld nie en daarom kan hulle nie die presiese omstandighede van die video bevestig nie. Daar word egter vermoed dat die video Vrydag geneem is toe swaar reën in die gebied geval en plek-plek kitsoorstromings veroorsaak het.

Die man is sedert die video aan die lig gekom het op sosiale media as Vincent Cosa geïdentifiseer. (Foto: Twitter via @Abramjee)

Op die video kan gesien word hoe Cosa versigtig oor die pyp beweeg na die middel waar die kind bo die vinnigvloeiende water vassit. Hy help die kind dan om agter hom te sit en met sy arms en bene om sy lyf vas te hou, terwyl hy stadig weer oor die pyp na die oewer en veiligheid beweeg. Juigende toeskouers kan in die agtergrond gehoor word.

Net op Abramjee se twiet het byna 270 000 mense al die video gekyk en meer as 9 000 mense het dit gedeel.

Die Jukskeirivier hou dikwels ʼn gevaar in vir inwoners van Alexandra wanneer swaar reën in die omgewing val en die rivier oorstroom. Maroela Media het einde 2016 berig oor die driejarige Everite Chauke wat gesterf het nadat sy deur vloedwater in die Jukskeirivier in Alexandra meegesleur is. Haar liggaam is na ʼn twee weke lange soektog in die rivier gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

sweis ·

Ek stem saam al daardie plastiek wat direk in die riviere invloei ,stadsraad sal n plan moet maak.

Lithop ·

Maar my alla magtig! Hierdie berig en video is noe oor besoedeling nie. Dis oor ‘n heldedaad. Julle gereelde bydraers maak my siek met julle negatiewe lewensuitkyke.

NEGATIEF ·

jy maak ons net so siek LITHOP want as die kind nou ‘n siekte optel van die vuil water dan is dit JY WAT WEER ALMAL wil uithaal daaroor …

Ferdi ·

Asseblief die groot heldedaad nie enige een kan dit doen niks besonders daaraan nie.

Netta ·

Nou laat weet ons van jou groot heldedaad wanneer dit oor jou pad kom.

Ek sien jou... ·

Ferdi of moet ek liewer sê, Ferdi Paplepel. Niks anders om te doen as om te roer nie. Soos Netta ondertoe vra; waar is die heldedaad wat jy onlangs gedoen het? Vertel ons asb. dan sal ons ook kommentaar vir jou lewer.

René ·

Ek wil sien hoe JY dit doen! Dit was absoluut ñ heldedaad. Ek wil sien hoe wen JY ñ Honoris Crux

Anoniem ·

So bly die arme kind is greed! Baie dankie aan daardie dapper man wat nie net ‘n toeskouer was nie. Hy het ‘n mooi hart.

Abe ·

Ferdi,
‘n Mens wonder wat kan jy doen. Jy wat nie eens ‘n enkele sin naasteby korrek kan skryf nie. Wat sou jy in hierdie man se plek gedoen het?

Essa ·

Jy is sommer laf Ferdi -enige een kan dit nie doen nie. Vra tog skills, fiksheid en geen fobie oor water en hoogte en bowenal bereidwilligheid om dit te doen. Ja, daar was beslis baie wat dit kon doen, maar hulle het nie. Hy het. Gee hom krediet.

Netta ·

Nou laat weet ons van jou groot heldedaad wanneer dit oor jou pad kom.

Hennie ·

Ek dink hulle moet hom die president van die land maak. Wie weet, dalj red hy Eskom, SAA, Plotskantoor…

Donderstorm ·

Om so iets te doen moet jy eers Die liefde he soos in die gebooie dis ook God se liefde in jou he nie enige persoon sou dit gedoen het nie hy het sy naaste bo homself gestel gee eer aan die wat dit toekom hy kom dit toe.

Stel ·

Dit was ‘n pragtige gebaar teenoor sy medemens. Bly die kind is veilig.

J. van Rensburg ·

Daardie (nog seker) onbekende man verdien ‘n medalje en groot beloning vir sy mensliewende optrede. Daardie arme kind was natuurlik vreesbevange – ons sal natuurlik nie weet waarom hy op die pyp beland het nie, maar ek sê ook dankie dat daardie lewetjie gespaar is.

Wielspore ·

As ‘n persoon sy eie lewe in gevaar stel ten einde iemand anders te red is dit ‘n heldedaad, goeie werk en Vincent verdien die nodige erkenning.

Padre ·

Ek stem saam dit was n heldedaad.
Mooi so n kind as lewe is gered.
“Up yours” almal wat negatiewe kommentaar lewer.

Shantel ·

Welgedaan….. Maar net n vraag, wat soek die kind daar in die eerste plek?

Bietjie baie ·

Die man moet regtig erkenning kry hiervoor.
Welgedaan, “gee daai man n BELLS”

RonelS ·

Dit is iets waaroor die media moet sensasie skep. Dis wonderlik. Hoop hy kry erkening vir die heldedaad.

Abe ·

Ek stem saam dat dit n buitengewone heldedaad was. Hierdie brawe man verdien almal se bewondering en behoort ook elke toekenning wat van toepassing is te kry. Dit is selde dat n mens sulke goeie nuus kry.

Linda ·

Dis beslis n heldedaad, ek sou nie so oor n pyp kon skuif met n kind agterop my rug nie, ons albei sou in die water geval het !! Nou kry jy idiote hier wat na die rommel verwys in plaas daarvan dat n lewe gered was !!!

Steven ·

Wonder waar was die Sandton nooddienste en brandweer? seker besig @ KFC….

Anina ·

Twee dae later en GEEN woord en/of kommentaar van Herman Mashaba, Jhb Burgermeester. Geen woord van ons President…..

GM ·

Ons land kort meer mense wat nie twee keer dink om iemand te hulp te snel nie. Ek sou darem maar vreesbevange gewees het met sulke vloedwater onder my.
Ferdi, dalk moet hul volgende keer ‘n pop daar in die middel van die pyp sit en jou bel om die pop te gaan “red”. Dis maklik om braaf te wees as jy agter ‘n rekenaar/selfoonskerm sit en wegkruip.

TS ·

Dit maak my dag . Ek as n blanke persoon is trots op daardie swart persoon. Dit laat my weer moed skep. Ek hoop hy kry goeie erkenning (indien hy nie n werk het, n goeie werk) vir dit .
En ek hoop dat sulke nuus meer word op die media as al die slegte nuus .
Welgedaan !

jean ·

Eerstens ‘n skrobbering aan die kind wat nie veronderstel was om daar te wees en tweedens erkenning vir die man se dapper optrede…..Mooi so!

RdG ·

Well done! Maar hoekom het die kind oor die pyp geloop? Daar is dan ‘n brug oor die rivier – hoekom het hy nie oor die brug geloop nie?

Erich ·

Welgedaan aan die man. Kan nie glo hoe die mense op die agtergrond lag oor die situasie nie. Indien hulle ingeval het was kanse op oorlewing skraal. Hoop jy word beloon.

lanie ·

Baie dankie die man. Hy is ware held. Was daar maar meer van hom.

Swartbees ·

Ek sal like om te weet hoeveel van die toeskouers het met hul kameras in die hande gestaan? Darem een ou wat nie tyd het vir nonsies nie, die bul by die horings vat en n kind red. Jy is waarlik n held en ek hoop jy word erken daarvoor.

Lia ·

Dit is wonderlik wat hy gedoen het…….ons kort meer sulke nuus ! ……..en mense in SA! Dit is wat naasteliefde is. Daar is baie mense met liefde vir hul naaste in ons land, maar dis hartseer dat die mense met slegte bedoelings telkemale die oorhand neem.
Vir diegene wat vra wat die kind op die pyp gedoen het in die eersteplek……..dis ‘n regverdige vraag, maar ek onthou toe ek kind was, het ek ook sulke avontuurlike dinge gedoen….sonder om aan die nagevolge te doen. Hy is nog nie volwasse nie en kan nie soos ‘n volwassene handel of dink nie. Hy is maar net kind….en ek glo vir seker hy het nou sy les geleer met die ene! Dink net hoe bang hy moes wees! Well done Vincent!

FERDI DIE IDIOOT ·

Welgedaan Vincent!! Jy is ń hero!!

Ferdi, jy is ń regte idioot!!

Anoniem ·

EKS SO MOEG OM NA MENSE EN HUL NEGATIWITEIT TE LUISTER!! MAG GOD DIE MAN SEEN! ‘N HELD IS JY BESLIS!

ZeeBee ·

Ek wil net weet hoe het die kind daargekom? En wat wou die kind daar maak ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.