Video: Dapper motorfietsryer laat grypdief spaander

‘n Skermskoot uit die video.

Toe Anton Damhuis (49) Maandagmiddag op pad huis toe in die laatmiddagverkeer sien hoe ʼn motoris reg langs hom die slagoffer van ʼn grypdief word, was daar vir hom net een ding om te doen – ry die grypdief met sy motorfiets om.

Dié voorval, wat hom omstreeks 17:30 in ʼn straat in Alexandra in Johannesburg afgespeel het, is deur ʼn kamera op Damhuis se valhelm vasgevang. Damhuis het die video op YouTube gedeel en die reaksie was oorweldigend – teen Woensdagoggend is die video reeds meer as 200 000 keer gekyk en wyd op sosiale media gedeel.

“Ek het die video Maandagaand op YouTube gelaai en dit op so een of twee WhatsApp-groepe aangestuur. Ek het gehoop ek kan darem so tien of 20 kyke kry. Teen Dinsdagmiddag was dit meer as 100 000 keer gekyk – ek is helse surprised,” het Damhuis aan Maroela Media gesê.

Die video het omtrent reaksie uitgelok met talle sosialemediagebruikers wat Damhuis geloof het vir sy heldedaad en dapperheid om só vir ʼn vreemdeling in die bresse te tree.

Hy vertel dat hy Maandagmiddag oudergewoonte die pad van sy kantoor in Sandton na sy huis in Edenvale aangedurf het. Hy ry altyd deur Alexandra op pad huis toe en sê hy het in die meer as sewe jaar wat hy hierdie roete ry nog nooit enige misdaad in dié woonbuurt sien afspeel nie.

“Ek geniet dit om deur Alexandra te ry. Die mense is sociable. Hulle verkoop goed langs die pad en dikwels as ek verby ʼn laerskool daar ry, dan waai die kinders vir my. Daar is lekker atmosfeer daar,” vertel Damhuis.

Maandag het dié prentjie egter verander toe hy sien hoe ʼn grypdief sy hand by ʼn motor langs hom in druk en ʼn swart rekenaarsak uit die voertuig gryp. “Ek het gesien hoe hy nader aan die motor kom en ek het aanvanklik gedink hy gaan inklim. Ek het gesien hoe hy die sluitknoppie ooptrek en hoe die bestuurder dit weer toedruk. Toe het ek besef daar is iets fout.”

‘n Skermskoot uit die video.

Damhuis sê hy kon sien hoe die dief iets uit die voertuig gryp en het met sy motorfiets hom gestamp in ʼn poging om hom tussen die motorfiets en die voertuig vas te druk.

Dit is onduidelik of die grypdief beseer is toe die motorfiets teen hom vasry, maar hy het onmiddellik opgespring en met die rekenaarsak in sy hand laat spaander. Damhuis het hom agternagesit en die dief het van rigting verander. Die motoris was ook kort op die boosdoener se hakke en het volgens Damhuis hom vermoedelik met sy motor raakgery.

Voordat enigiemand egter die boef kon aankeer, het hy opgespring, die rekenaarsak net daar gelaat en in die buurt verdwyn.

“Ek is nie seker of die dief die kar se venster gebreek het om by die rekenaarsak uit te kom nie, maar ek het geen glasstukke gesien nie. Ek vermoed die venster was dalk oop en hy het sy kans gesien en toegeslaan,” sê Damhuis.

Nadat die motoris weer sy rekenaar in die pad opgetel het, het hy net vinnig ʼn paar woorde met Damhuis gewissel voordat hy in sy voertuig geklim en verder gery het.

Die bestuurder het egter later op die YouTube-video van die voorval afgekom en daar vir Damhuis behoorlik bedank vir sy heldedaad om die grypdief te keer.

“My vriend, ek was die man in die kar en ek wil jou opreg bedank dat jy ingegryp het. Ek is jammer ek het jou nie gister bedank nie. Ek was ʼn bietjie in skok. Ek het uiteindelik oor hom (en ongelukkig ook my skootrekenaar) gery met die kar. Die duik in die kar is ʼn klein prys om te betaal vir my veiligheid en beskerming. Mag God jou ryklik seën,” het die bestuurder geskryf.

Damhuis sê hy het nog nie self met die motoris gepraat nie, maar waardeer wel die boodskap wat hy onderaan die video geplaas het. “Ek dink hy was baie geskok net ná die voorval gebeur het. Ek het gisteraand nadat ek na die video gekyk het ook gedink hy het dalk nie onmiddellik besef dat ek hom gehelp het nie. Motorfietse ry mos maar altyd so tussendeur die motors, so hy het dalk gedink ek het per ongeluk die man raakgery,” sê hy.

“Ek voel wel baie sleg oor die duik in sy motor! Dit was nooit my bedoeling om sy voertuig te beskadig nie, so dit is vir my sleg.”

Damhuis meen terugskouend steeds hy het reg opgetree deur in te gryp. “As ek nou terugdink, was dit dalk ʼn bietjie stupid. Indien die ou ʼn vuurwapen gehad het, sou ek waarskynlik nie iets gedoen het nie, want dit sou nie die moeite werd gewees het nie. Maar iemand wat steel is iets wat my pla en ek kon nie daar sit en niks doen nie. Ek moes hom keer.”

En sal hy van nou af ʼn ander roete huis toe kies? “Nee wat. Ek geniet dit altyd om deur Alex te ry. Dit sal maar altyd my roete bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Inge ·

Dankie vir die man op die motorfiets. Net jammer die slagoffer lyk nie baie dankbaar nie….seker maar die skok van die voorval.

Leser ·

Miskien het die bestuurder van die motor onsekerheid gehad of die motorfietsryer dalk deel was van die diefstal of nie…kan hom nie blameer daarvoor nie. Hy het ten minste die man na die tyd bedank.

Karolis ·

Die motorfietsryer (held) moet pasop vir vervolging.
Aanranding met opset,
Poging tot moord,
Die boef het mos regte.

**anoniem** ·

@Jennifer, net die feit dat jy daai vraag vra, dui daarop dat ons land behoorlik in sy kanon is. As jy as landsburger nie eers meer die vryheid het om met jou venster oop te ry nie, watse vryheid het jy dan. SIEK land waarin ons bly.

Amelia ·

Almal is nie bevoorregd om n lugversorger te he nie. Party van ons sin werk met die menslike arm.

Luca ·

Kon die ou darem nie meer dankbaarheid teenoor die motorfietsryer getoon het nie.
Ai?

Anette ·

Luca ek het ook so gedink toe ek die video sien, maar in die artikel hier bo het die slagoffer n boodskappie aan Anton gestuur om hom behoorlik te bedank aangesien hy in n toestand van skok was. Almal reageer anders na n traumatiese ondervinding.

Genoeg! ·

Wel gedaan Anton!!!!
Ons kort meer mense soos jy in ons land!

HPV ·

Dit is duidelik die ou wou die rekenaar nie meer hê nie, lyk amper vies toe dit terug gegee word. Maar in elk geval Anton jy is ‘n yster!

Rika ·

Lyk eerder vir my hy is in skok ! Probeer jou in die situasie dink?

christa ·

dankie vir die motorfiets ryer. Die motor bestuurder los so wragties weer die deur oop om die Laptop te kry. Ek klim nie uit my motor as ek nie sluit nie. Al loop ek net na die voorkant van my motor of na die agterkant om te sien of my lig werk. Skelms is oral en vinniger as wat jy dink. Hulle is konfyt in skelmstreke, dis in gebore

esme ·

Welgedaan Anton – jip die motoris kon gerus bietjie meer dankbaarheid gewys het….

Chris du preez ·

Die motoris het vir Anton deeglik bedank en verduidelik hy was in skok nadat hy die video op you tube gesien het

Johnnie ·

Ek hoop net daai bestuurder het n les geleer dat jy nie meer het oop vensters en ongesluite deure ry nie, nie in hierdie land nie miskien iewers oorsee dalk maar nie in die rowernes waarin ons bly nie. n Medalje vir daardie motorfiets ryer hy verdien groot dankie vir sy dapperheid

Johan H. ·

Daaie ou het nie n kaans om weg tekom nie, nie met ons hoogs opgeleide eerlike, hardwerkende polisie mag nie, Jou dae is getel ou maat, jy moet vlug oor die grens en moennie omkyk nie!!!!

Andries ·

Julle wat so gou kommentaar lewer, het jul ooit die artikel gelees of kan jul nie lees nie en daarom kyk jul net na die video clip? Buiten dat die slagoffer in skok was moes hy uitklim en sy laptop gaan optel , terselfdetyd het hy nie sy voertuig se deur toegemaak en is sy motor so geparkeer dat hy ander verkeer ophou, m.a.w. ek wonder hoe julle wat so gou kretiek lewer in sy situasie sou opgetree het?

Marien ·

Andries dit maak my ook vies as ek mense se kommentaar lees en mens duidelik kan sien hulle het nie die berig heeltemal gelees nie. Hulle se mos lees is ‘n kursus.

kallie ·

Ek merk dat die man nie vreeslik dankbaar is om sy tas terug te kry nie! Jimme waar is ordentlikheid heen?

Leeutjie ·

Mense julle kyk net na die video en lees nie die berig nie…..die man het die motorfietsbestuurder bedank agterna…. Lees tog die berig!!!

Oorgelewer ·

Die arme ” weldoener ” gaan seker dié skok van sy lewe kry as die
krimineel – grypdief ‘n saak van Poging tot moord teen hom open…
Dis mos hoe dit werk in SA?

AD ·

Weer eens wys dit vir ons, asb, plaas ALLE items in jou voertuig se ‘boot’ dat dit nie oop en blood is vir almal om te sien nie. Hulle loop langs jou voertuig om te sien wat daar is. Voorkoming is beter as genesing

Molly ·

Regtig waar sit jou goed op die stoel in die kar, het hy nie ‘n kattebak nie? jy soek mos nou vir moeilikheid. En jy kon ordentlik dankie gese het!

Hannelie ·

Anton Damhuis…..jy is ‘n YSTER !!!! Hierdie land kort meer mense soos jy.

Martie ·

Anton Damhuis, baie dankie dat jy tot my broer se redding gekom het. Jy verdien ñ medalje.

Aitjie ·

Mense as julle mooi die berig lees sal julle sien dat die man die redder baie mooi na die tyd danksie gese het.

koos1 ·

Hier is nou weer vir my ‘n goeie voorbeeld van hoe om nie te lees nie, en hoe om kommentaar te lewer sonder die nodige insig!
Enige mens wat in so ‘n situasie was/is gaan in skok. Skok se natuurlike reaksie is vlug, nie praatjies maak nie, nie koek eet langs die pad nie, maar VLUG. Daarom lyk dit asof die slagoffer nie dankbaar is nie. Dit verg geweldige baie opleiding om hierdie reaksie te oorkom. Anton, aan jou reaksie kan ek aflei dat jy ‘n redelike opleiding gehad het in veiligheid en/of sekuriteit? Ongeag, jou reaskies verdien BAIE Bell’s!!! Ek is trots op jou en ook dankbaar dat julle beide ongeskonde is!.
Aag hoe hoop ek nou net dat almal hierdie lees………..

Marien ·

Koos1 ek stem saam met jou. Ek raak kinderlik ongelukkig as mens kommentare lees en jy kan duidelik sien die mense het nie die volle berig ordentlik gelees nie. Dan wil hulle onnodig lelike kommentaar lewer. Lees is ‘n kursus. Wens die mense wil reg kom. Meeste van hulle lees ook nie die ander kommentaar wat gelewer is nie, want dan sou hul sien die man is bedank, maak nie saak wanneer nie.

Martie ·

Baie dankie, Koos1. Lesers soos jy se kommentare word gerespekteer en gewaardeer. Aangesien ek die motoris se suster is, roer oningeligte en oppervlakkige kommentare my watsenaam….

Nadia ·

Ek het nie baie respek vir Bikers nie maar knap gedaan kan almal nie maar soos jy wees nie!!! Meeste van die bikers is ongeskuk en weet nie eers hoe om dankie te se as hulle verny jou ry as jy uit jou baan uit gaan nie. Ek doen dit nie meer nie, veral die wat so aan die clubs behoort! Kom in ‘n kuier plek in en neem oor.

Ai tog! ·

As die venster nie gebreek was nie, dan was die venster oop gewees met ‘n skootrekenaar op die sitplek. Die motoris kon ten minster vir die man dankie gesê het. Geen wonder mede landsburgers wil nie meer betrokke raak nie.

Hallelujah ·

Gistermiddag het my baas my die Video gestuur van Anton op die motorfiets wat gebeur het. En Anton het opgestaan om te wys dat hy nie nollies sal duld nie. Ek het dadelik net Amen gese toe ek sien die man het hom gebles na die tyd. Dit was net ‘n baie mooi storie.

LouE ·

Well done Anton! Hope you are around when this happens to me.

Tilla ·

Wanneer medaljes vir daperheid uitgedeel word moet hy sommer voor in die ry staan en ‘n groot een kry – ons benodig nog sulke dapper manne wat ons gewone publiek kan beskerm

Sandy ·

Ek weet nie of ek reg kyk nie. Mnr Damhuis het nie in die kar vasgery nie, dis toe hy die dief stamp dat die teen die kar geval het. Miskien kyk ek verkeerd. Ek dink nie eens die motoris moes dit genoem het nie, want hy kon mos raai dat die ou nou gaan slegvoel oor die duik. Ek se altyd, no good deed goes unpunished.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.