Video: Dawie Roodt praat oor huisrooftog

Dawie Roodt (Skermskoot uit die video)

Dawie Roodt (Skermskoot uit die video)

Ekonoom Dawie Roodt, wat by sy huis op ‘n landgoed in Pretoria aangeval is, sê dis hoog tyd dat die land se leiers besef hulle werk vir Suid-Afrikaners. Huisrooftogte het die afgelope dekade met 105% toegeneem.

Lees alle berigte oor Dawie Roodt op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jeannine ·

ek wens jou ‘n spoedige herstel Dawie en strekte vir jou familie en ek hoop die gemors word gevat en kry hulle opregte straf.
groete uit belgie

Larne Prinsloo ·

Sterkte en word gou gesond. Al hierdie geweld maak my sooo bang. My man wou al emigreer en ek byt vas, maar ek moet erken my kop begin al swaai. Ons het jong kinders, en as ek hulle in sulke omstandighede moet verloor…..ek weet darem nie!!

JC ·

Maak plan. Sit alles in wat julle het en beweeg uit die land. Ek is al 11 jaar in Australia. Die beste besluit in my lewe. Ek wil Afrika nooit weer sien nie. Ek het my lewe amper daar verloor. Dit is hoekom ek hier is.

Drieks ·

Ek is bly vir jou JC. Ons is moeg om in vrees te lewe. Voorspoed vir julle.

Leon Olivier ·

JC nie almal wil en kan hul goed vat en trek. Nie almal is so negatief oor hierdie land. Ek weet van mense wat Australia toebgetrek het en baie oneglukkig is, eant hulle mis hul families. Daar is geen manier dat ek my familie sal agter laat nie. Hoeveel mense los hul ouers agter in SA op hul eie en dis blerrie swak en selfsugtig. Suid Afrika is tops ons bly lekker hier. Kan nie help as sekere mense so negatief is. Hier is baie mense wat seer kry ja want baie dink niks kan nie met hul gebeur so gebruik nie alarm stelsel nie of is nie bereid om hul self te verdedig. Baie loop blindelings rond en let nie op wat om gaan rond om hulle nie. Ek het al 5 keer getoer vanaf Kaapstad tot in Uganda deur al die lande. Werk in Wes Afrika amper die hele kus vol. Reis deur Suid Afrika gereeld en nog nie een keer was ek al beroof nie. Daar was nog nooit in my huis in gebreek. Net dit vir jou sê Europa is nie maan skyn en rose ook nie. Hul probleme het begin al. So as jy nie iets goed te sê het oor Suid Afrika bly dan weg en sommer stil ook ons het nie jou raad nodig nie.

Wim Kotze ·

Leon Olivier, Dawie Roodt sal sekerlik jou advies waardeer oor wat hy meer moes gedoen het toe hy in sy sekuriteits landgoed aangeval is. Jy hoor mos hy het nie geweet wat om te doen nie. Maar die beste stuurman staan natuurlik altyd aan wal.

Henry ·

Leon Olivier.
Dit wil mos lyk asof jou ervaringe van ons planeet se talle blyplekke tot ‘n paar reise deur en verblyf aan ‘n paar Afrika state beperk word.
Ek weet nie of jy die Amerika’s, Europa, Arabiese state, Midde Ooste, Verre Ooste, Australasië, ens ens ook op jou kerfstok het nie. Jy sou dit seker reeds genoem het indien dit so sou wees. Of hoe?
Nietemin. Is jy nie dalk ‘n bietjie aanmatigend om honderde duisende, (miljoene?) Suid Afrikaners te veroordeel wat reeds met hul voete gestem en die pad gevat het nie?
Om nie eers te praat van die honderde duisende wat nog hier woon en hoop, of beplan, om hierdie droewe land en sy korrupte regime agter te laat nie.

Rina Rossouw ·

Dawie ons dank die Here dat jy of jou gesin nie met hul lewens geboet het nie, jy was baie dapper en ons is so dankbaar. Dit is so waar wat jy sê, ons land kan nie so aangaan nie…Die regering MOET iets doen – maar dit klink al so ‘n eggo van uitroepe oor ons land wat ly onder misdaad, korrupsie, wanbestuur – My kinders sit oorsee oor drie aanslae wat absoluut net deur die Hoërhand se beskerming afgeweer is….. Nou vra ek dit weer af….HOEKOM MOET DIE MENSE WAT PROBEER OM HUL LAND OP TE BOU VLUG…….is dit die regte ding om te doen- ek glo nie…… Daarom is ek so dankbaar vir Solidariteit en die ander mense wat IETS doen…..Ek bid letterlik elke dag dat die Here hierdie mense die leiding en voorspoed moet gee- sodat hul van krag na krag kan gaan. Gelukkig weet ons eending. Deur alles wat gebeur , bly God aan beheer…. Ons moet by alles wat ons poog -net op ons kniee voor Hom bly. ‘n Persoon op sy knieë voor God – kan staan voor enige persoon. Baie sterkte Dawie.

Mareen French ·

Dawie Roodt is my gunsteling ekonoom met sy briljante kennis. Dit maak ‘n mens woedend om van al hierdie wrede aanvalle te hoor en as daar baie strenger opgetree kan word teen hierdie wreedaards sal dit sekerlik help!!! Ons land se wet en orde is uiters swak en miskien moet ons sekere van die oosterse nasies se voorbeelde volg deur die afkap van hande ens…….. Sterkte en beterskap daar.

Gerda Steyn ·

Ek is so bly om te hoor Dawie doen goed! Ek hoop hy gaan ons ondeursteun in ons veldtog op facebook my group is – Farm killings in SA en dan saam my is Martiens in Noorwee met sy groep Rooi Letters! Ons soek miljoene briewe oor wat hier aangaan! My seun het het die 10 de sy gebruik in sy bene verloor oor die aanvalle, hy veg nog vir sy lewe in hosp

Manna ·

Dawie jammer om te hoor van aanval op jou en familie. Ons is trots op jou jy was voorwaar dapper. Ons bid vir jou spoedige herstel en herstel
van emosionele trauma. Die probleem in ons mooi land is dat ons regering misdadigers beskerm deur wetgewing en nie politieke wil het om dit te stop. sterkte vir jou en familie.

Johann Marx ·

Baie jare gelede het ek beswaar aangeteken oor die regering se BTW inkomste as ‘n direkte gevolg van misdaad. Elke misdaad wat gepleeg word genereer vir die regering sakke vol geld. Elke aksie wat uitgevoer word om misdaad te voorkom, genereer vir die regering sakke vol geld. Waarom sal hulle iets doen aan misdaad as dit vir hulle soveel geld genereer? Mnr Dawie Roodt was een van die mense wat my erg gekritiseer het oor my standpunte waar ek dit duidelik gestel het dat die regering alle misdaadverwante uitgawes teen 0% BTW hanteer as hulle ernstig is oor die bekamping daarvan. Ek wonder of Mnr Roodt ‘n berekening het van die BTW wat die regering maak uit hierdie voorval….en terwyl hy in sy hospitaal bed lê hoop ek hy dink weer oor my voorstelle. As ek geld spandeer om die regering te “help” om misdaad te voorkom (wat eintlik hulle EERSTE konstitusionele verpligting teenoor alle Suid Afrikaners is) waarom word ek “gestraf” deur hierdie uitgawe kunsmatig met 14% te verhoog??? Miskien sal Mnr Roodt nou begin om my te ondersteun en die regering te motiveer om hierdie “onkonstitusionele en immorele inkomste as ‘n direkte gevolg van misdaad” op te gee?

jeannine ·

ek is belgiese was 5jaar toe ons Sa toe getrek het in 1956 ek is groot gemaak in SA maar in 1967 is ons terug belgie toe getrek pa was siek suid Afrikaners MOENIE dink hier in Europa is dit beter nee alsmaar slechter vir die gewone mense ons moet hard werk vir ons kos en wat ons besit en veilig is dit hier helemaal nie hulle het ook by ons ingebreek sit met die gemors uit oos Europa en s’aans is dit ook nie veilig nie om in die stad rond te kuier nie as die winkels sluit hier wordt ook gemoor car jacking en home jacking maar ‘n mens mag dit ook hier nie se nie die probleme kom sedert die grense met oos Europa oop gemaak is want as jy iets se dan is jy ‘n rasist het hier ook probleem gehad met swarte vrouw op die bus hier was in my reg maar tog niks gelyk gekry nie.ons kom nog regelmmatig met vakantie na suid Afrika en ja ek begin die verskil daar te merk teen oor 2a 3 jaar terug .my hart bloei as ek van al die mense lees hoe hulle oorval wordt in hulle eie huise en dan gebeur sulke nare dinge soals met Dawie die gelukkig nog die aanval oorleef het sterkte man en laat jullie moed nie sak nie laat sien dat die afrkaners sterk staan. groete uit belgie

Petro Bezuicenhout ·

Mag Dawie volkome herstel en sy hele gesin die traumatiese ervaring verwerk.Ons is dankbaar vir hulle gespaarde lewens…..Die klank van die E-nuus insetsel was nie daar nie.Ek sou graag wou hoor wat hulle gesels het

Amanda Hugo ·

In die eerste onderhoud met Dawie noem hy dat Suid Afrika n ekenomiese probleem het.Ek kyk gister na Donald Trump se verkiesings uitsprake,Die skakel ly my toe na Ann Coulter, n joernalis wat n boek Adios Amerika geskryf het.Die liberales se agenda wereldwyd is verskuiwing van arm mensegroepe na welvarende lande om die infrastruktuur te laat val.Soos beide sy en Donald Trump se, bou n muur.Stuur alle onwettige immigrante terug,hulle leef in Suid Afrika op ons belastinggeld en neem die armmoede verligting vir hulself en ons bevolking wat dit broodnodig het baat nie daarby nie.Hierdie tendens is ook besig om in lande soos Australie kop uit te steek.Ons is nou amptelik n BRICS land.Derde wereld lande is ons vennote.Die BRICS Bank is verlede week hier geopen.Wat hou dit vir ons ekonomie in?Na die statistieke(wat ek sterk in twyfel trek) se dat 95000 blankes die land verlaat het en 1 miljoen swartes die land binne stroom wil ek nou vra wie gaan in die toekoms belasting betaal.Die mense is “vlugteling”,ongelleterd in meeste gevalle en plaas druk op ons alreeds swak infrastruktuur.Weet ons hoeveel geld vloei daagliks land uit sonder om belas te word na ander dele van die wereld.Ek dink ons moet almal meer op ons konstitutionele regte begin staan wat verskans is in die grondwet en nie toelaat dat dit wat alreeds ooreengekom is verander word nie.As elkeen van ons net voortgaan om te wag vir die volgende persoon om iets aan sy saligheid te doen sal hier niks gebeur nie.Dieselfde taktiek wat tydens die Franse en Russiese rewolusies plaasgevind het vind ook nou hier te lande plaas,Lees gerus haar nuuste boek Demonic om te kyk hoe hierdie agenda uitspeel in Amerika en ook nou wereldwyd.Ons sit ook met groupthink-Lees gerus Gustav Le Bon se boek hieroor.Terwyl ons toelaat dat groupthink ons land oorheers gaan ons nerens kom nie.Dit kos een persoon om n land om te draai.Dit kan jy wees.

Petrus ·

Ons moet soos een man teen misdaad opstaan hetsy dit korrupsie moord is.Ons land het op die oomblik denkers nodig wat ons vorentoe kan vat.Ons sit met sosio ekonomiese probleme wat moet uitgesorteer word.Mense wat dieselfde dink en voel moet begin om met mekaar te praat.

Christie Joubert ·

In die kol, soos gewoonlik, Dawie. Ek is moeg vir vet bonusse aan Eskom Idiote, terwyl die res van die land in duisternis gehul is! Ek is moeg vir al die geld wat by my gesteel is (JA, gesteel) vir die Nkandla hoenderhok wat kwansuis n paleis moet wees. Ek is moeg daarvoor dat my belastinggeld gesteel word, sodat ons beelde van slapende polisie ontvang. Ek is moeg vir hierdie gespuis wat hulself n “regering” noem, en net al hoe dikker word en al hoe groter karre ry in plaas van hul werk doen. Ek is moeg daarvoor dat my wettige wapen weggevat word kwansuis vir ondersoeke as daar by my in gebreek word. Hulle werk vir ons! En tog is hulle onder die wan indruk dat ons vir hulle werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.