Video: Debat oor windbuks-dood

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die polisie ondersoek tans die saak van ʼn 45-jarige vrou wat op Oukersaand per ongeluk met ʼn windbuks, wat haar seun vir Kersfees as geskenk gekry het, doodgeskiet is.

Na bewering het die skoot per ongeluk afgegaan toe die vrou se dogter die windbuks hanteer het. Klik hier om meer te lees.

eNCA berig die korrel het haar hoofslagaar onder haar arm getref en sy het dieselfde aand aan haar beserings beswyk.

eNCA voer in dié video ʼn onderhoud met Joe Meintjies, voorsitter van die Elcaprisco Windbuks-klub in Kaapstad. Meintjies glo windbukse is oor die algemeen baie veilig, selfs in die hande van sesjariges. Hy is baie geskok oor die voorval en vermoed dit was dalk ʼn kragtiger windbuks wat die seun ontvang het. Hy het dit egter benadruk dat dit net sy vermoede is.

Die polisie wil intussen nog nie verdere besonderhede oor die saak bekend maak nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek is gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM. ·

Baie betreurenswaardig, maar dit is een van daardie fratsongelukke. Ongelukkig is dit in hierdie geval noodlottig. Verwyte sal daar verseker wees. RIV Mev. en so ook sterkte aan die wat agter laat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.