Video: Departement ondersoek beddens ‘buite staatshospitaal’

Die hospitaalbeddens lê glo en verweer buite die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Diepkloof.

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê hy stel ondersoek in na ʼn video wat wys waar honderde hospitaalbeddens buite ʼn hospitaal in die wind en weer lê.

Die video is glo by die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Diepkloof in Gauteng geneem.

Lesemang Matuka, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement in Gauteng, het vanoggend aan Maroela Media gesê hulle probeer nog vasstel of die beddens wél by dié hospitaal gestoor word. Volgens Matuka is daar bewerings dat die video by die Kopanong-hospitaal in Vereeniging geneem is.

“Ons probeer vasstel waar dit is,” het Matuka gesê.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het gesê hy is bekommerd oor die video wat wys hoe die beddens buite lê en verweer.

“Talle daarvan lyk of dit nog in ʼn goeie toestand is, maar in onbeskermde toestande gaan dit vinnig agteruitgaan. Hierdie is ʼn duidelike vermorsing van staatsbates en die beddens behoort beter aangewend te word, eerder as om buite te roes. Daar is ander hospitale wat dringend beddens benodig, waar dit gebruik kan word,” het Bloom gesê.

Hy het gesê die beddens kan ook geskenk word aan nie-regeringsorganisasies wat ʼn groot nood daarvoor het.

“Hierdie [situasie] dui op ʼn gebrek aan beplanning en swak bestuur en dít is ongelukkig iets wat algemeen in die departement voorkom. Dit is ʼn vermorsing,” het Bloom gesê.

In die video, wat glo verlede Woensdag geneem is, kan gehoor word hoe die persoon wat dit geneem het, sê dat hy op die beddens afgekom het toe hy toevallig daar verbygestap het omdat hy nie nader parkeerplek kon kry nie. Die man sê dat hy sy kind in die pediatriese eenheid van die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal gaan besoek het.

Hy skat dat daar nagenoeg 3 000 beddens rondstaan.

“So ver as wat die oog kan sien, is dit net hospitaalbeddens wat absoluut niks makeer nie. Nou vra ek vir julle vandag, waar gaan ons belastinggeld heen? Hoekom moet ons so swaar kry om ons vroue, ons kinders, ons ma’s en pa’s in staatshospitale op vloere en matrasse te laat slaap?” sê die man in die video.

Bloom het gesê die Gautengse premier, David Makhura, het onderneem om die provinsie se gesondheidsorgstelsel reg te ruk as die ANC in die nasionale verkiesing herkies word. Bloom sê egter dat die regerende party die afgelope vyf jaar al versuim om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Sê net ·

En daar arresteer sekuriteit jou as jy net in die verkeerde areas beweeg. Vra my, het verdwaal en was vinnig gesê ek mag nie in daardie area wees nie. Was nie van die area nie en is so bietjie rigting bedinges. Dis ñ massiewe hospitaal. Dit onthou ek.

Zenithia ·

Die ANC het GEEN BEHEER OOR ENIGE VAN HUL STATS DEPARTMENTE. 25 JAAR GELEDE KON N MENS NOG IN N STAATS HOSPITAAL GAAN. NOU IS DIT N DOODSTRAF! !! DIE KIESERS MOET ASB REG STEM!

Rowan Grobler ·

Ja ek stem saam. Dan se die anc hulle moet weer vir hulle stem. Ramaphosa se ons sal nou die land regruk en dit is 25 jaar later en die land is in sy glorie in. Kiesers moet hulle oe oopmaak

jAN ·

vermorsing van geld …dit kan hulle die anc kaders goed doen. mnr die president jy leef in n droom wereld in 25 jaar kon julle nie die land verbeter . ook nie in die volgende 25 jaar nie….

Belastingbetaler ·

Nie die land verbeter nie. Was nie eers in staat om ‘n goeie land im stand te hou nie.

Neels ·

Julle verstaan nie dit is beddens uit die koloniale tyd en apartheid, mens kan nie daarop slaap nie. Dit lyk in elkgeval soos tronk beddens .

Foxi ·

Neels, of die beddens nou uit die oertyd kom ofte nie, daar is nie genoeg beddens vir pasiënte nie. Hulle KAN dit nog gebruik. Almal verkies deesdae meer oudhede as goedkoop semel en plaat meubels. Dit wys jou net hoe die man in die straat se belastinggeld vermors is. En glo dit ofte nie, hulle gaan nou SEKER maak dat NIEMAND agter geslote mure weer kan sien wat gestoor word nie. Nou gaan daar meer sekuriteits beamptes aangestel word. Verseker!

Tertia Human ·

Neels al dateer die beddens uit NOAG SE ARK uit en hulle is nog reg dan moet hulle gebruik word pasiente moet nie hulle eie matrasse en bedegoed bring en dan nog op die grond slaap nie . waar is die matrasse van die beddens dit moet terug in die hospitaal in sodat pasiente daarop kan slaap en nie in die gange van die hospitale op die grond nie

marieta ·

ek wens mense wil wys wat by die staats garages ….die weermag….. die ambulansdiens ens se voertuie stoorplekke aangaan…. gaan kyk by staatsgeboue na al die goeie houtmeubels le….. ek weet ek het jare terug by die kaapse howe gesien het waar le goeie ou meubels le…. sommer in wind en weer…… wys vir ons as julle kan… miskien drones instuur en kyk

Sies ·

Die departement soek die plek…maar dis op die hoek van Hospital Rd en Laudry Rd…dis sigbaar op google maps.

Winnie ·

Hoekom wag met die ondersoek tot na die verkiesing die ANC is nou verantwoordelik vir die hospitaal. Dis duidelik dat iemand geskep het met daai tender vir die beddens en nou is dit onnodig.

Baardbek ·

Hoe moeilik kan dan dan nou regtig wees om die geboue in die video te herken, om sodoende die ligging te bepaal? Of word die geboue (hospitale) dalk ook nou al rondgeskuif??

Nienie ·

Die beddens is in onbruik omdat driekwart vd bevolking, tradisioneel op matrasse op d vloer slaap. Hulle wil nie op katels slaap nie. Die arme dokters en verpleegsters moet hulle op d vloer ondersoek en verpleeg.

Anoniem ·

AS is vebrande hout hoop hulle sien hulle alies weer eens dit is ond geld wat daar le en roes maar nee hulle lewe mos a royalty lewe. Ramaposa moet bykom ons land het in die 25 jaar wat CANCER aan bewind is met n spoed agter uit ge gaan.

marous ·

Verval , verrot , vernietig , verdoem …. dis al wat hierdie mense vermag het .

Smirre ·

Daar sal definetief ‘n kommissie van ondersoek aagestel word met een of ander afgetrede regter wat vir ‘n jaar teen R 100 k ‘n dag die kommissie lei. Daarna sal die staande kommittee in die parlement oor nasionale gesondheidsorg die verslag moet goedkeur. Oor 3 jaar sal apartheid die skuld kry vir die beddens wat nog steeds in wind en weer le. Die wat skuldig is is by daai tyd bevorder tot die kabinet.

Joubert ·

Stem saam Smirre. Dis net ‘n re-make van ‘n ou bekende storie…. Animal Farm – the dark ages.

Ja swaer ·

Die arme dept weet duidelik nie hoelyk sy eie hospitale nie. Die hoë gebou in die agtergrond is duidelik Chris Hani, die gebou het 8 of 9 vloere. Die arme goed moet net kopanong hosp google om te sien dis nie kopanong nie. Maar google is mos ‘n koloniale uitvindsel. Gooi weg die belastinggeld ne. Die bestuur by Chris Hani is pateties in baie opsigte en behoort almal weggejaag te word

Alida ·

Die matrasse is seker LANKAL weggedra of word ook iewers gestoor. Die beddens makeer niks moet net skoongemaak word.

se net ·

Die karakters weet nie van 2 beddens (stukkend) plus een ordentlike ambagsman en jy het weer een heel bed nie. Bou n nasie met die tipe karakters.

kolla ·

Tenderbedrog. Goeie, ou beddens met nuwes vervang sodat iemand kan geld maak. Die enigste ding wat verbasend is, is dat hierdie beddens nog nie voete gekry het nie.

Titan ·

Iemand is besig om skroot metaal bymekaar te maak om daai duur Duitser motor te kan gaan koop en ‘n pakkie hoender om dit te kan vier.

Tierboskat ·

Bevestig, dit is Chris Hani, Bara. Kyk aan suidekant van die hospitaal op Google Earth ( -26.264439° 27.943319° ). Duidelik sigbaar in vierkant.

Juan ·

Asseblief Matuka…hoe kan mens sommer op Google Earth sien dis Bara, maar jy moet nog vastel waar dit is? Hy stap in Hospital Road na College Road. Maak dit tog saak waar dit is? Mors is mors!

martha ·

Hoekom wil hulle nou eers weer kyk of die ANC gaan wen na verkiesing voor hulle iets gaan doen. Lol

Alida ·

Dit is staal beddens kan net weer geverf of gespray word. Liewe genade ek glo dit nie !!!!! Waar is die minister van gesondheid? Stuur vir hom die video !!!

Pieter ·

David Makhura onderneem om die gesondheidstelsel reg te ruk as hy ingestem word met die verkiesing.
Of anders gestel ” Stem my terug in die werk in om te doen waarvoor ek al die tyd betaal is en nooit gedoen het nie!”

BS ·

Die beddens lê twee blokke van die Baragwanath hospital af. H/V Hospital Rd en College Rd. Dit lyk of dit n scrap yard kan wees.

waarheid ·

Gooi eerder die bed weg voordat jy dit opmaak – van luiheid – of gaan hulle dit vir skroot verkoop?

Bridget ·

Sjoe wat ‘n skok net as jy dink alles in die land gaan net agter uit dan kry jy hierdie ondenkbare situasie, dankie vir die man wat op pad was om vir sy kind (hoop dit gaan goed met sy kind ) te gaan kuier en hierdie video met ons te geshare het.

bambi ·

Ek wonder of al die protestese vir knieg vervangings en heupvervangings ook erens in n stoor ophoop; aangesien die operasies ook nie meer gedoen word nie! Ek is al 6jaar op n waglys; maar met geen geluk!!

Hanlie de Villiers ·

Ek so bly ek het die whatsapp Clip gesave na my fb toe. Lyk of daar iets van gaan kom.

Adri ·

Ja dit is Bara hulle het al die ou beddens met nuwes vervang.

Susan vl ·

Skokkend! Waar is ons DA en VF+ Nou om ons te red van sulke bedrog? Ondersoek en betaal onbevoegde personeel af en stel bevoegde persone aan.

Susan vl ·

Skokkend!! En niemand kan optree. Nie eens DA of VF+
Wonder net waarvoor stem ons?

Attie. ·

Op Ermelo is ‘n hele paar miljoen ran gespandeer om die dam in die dorp asook die stadssaal te omhein. Dit was nie nodig nie want daar is nie eens hekke aangebring nie. Dit was waarskynlik ‘n boetie wat geld nodig gehad het. Daar het ‘n sakeman ook ‘n stuk grond by die stadsraad gekoop wat ‘n waterreservoir op het, nou huur die stadsraad die watertenk terug van die nuwe eienaar vir meer as wat hy daarvoor betaal het. Ons bly in ‘n lekker land.

MW ·

Ja nee, duidelik weet hulle nie wat op hulle eie persele aangaan nie, wonder of daar jaarliks voorraad geneem en oudits gedoen word? Onaantasbaar

A Mac ·

Gaan na enige staatsdepartement se kantore, onderwys, gesondheid, werke, en kyk hoe lê die meubels en ander toerusting daar rond. Hierdie is nie ‘n eenmalige geval nie. Oral oor die land lê miljoene rande se toerusting en meubliment in die wind en weer, dis nou as dit nie weggedra word nie, by meeste van die staatsinstellings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.