“Ek is steeds dieselfde persoon as toe ek tronk toe is. My lewensleuse was om ʼn verskil te maak,” sê Derby-Lewis in dié onderhoud wat op 2 September vanjaar opgeneem is. Ernst Roets, uitvoerende hoof van Forum Films, het die onderhoud gevoer. Derby-Lewis is op 3 November dood.
Derby-Lewis se laaste wens was dat sy paroolvoorwaardes verander sou word sodat hy kerk toe kon gaan. Dit het egter nooit gebeur nie.
Hy praat ook oor sy vrylating, sy pogings om met Chris Hani, SAKP-leier, se vrou, Limpho, te versoen en sy drome vir die toekoms.
Volgens Roets is die Derby-Lewis onderhoud ʼn blik op die verlede wat vir die meeste Suid-Afrikaners geslote was. “Forum Films was in die bevoorregte posisie om ’n groot deel van Suid-Afrika se politieke geskiedenis vas te lê en vir die toekoms te bewaar. Almal is geregtig daarop om te weet wat in Suid-Afrika voor 1994 gebeur het.”
Wat Roets sal bybly van die onderhoud is die openhartigheid waarmee Derby-Lewis sy lewensverhaal in ’n kort onderhoud vertel het.
Die volledige onderhoud duur ongeveer 70 minute en word in vier dele op Forum Films se webtuiste aangebied.
Hier volg die vierde deel van die onderhoud:
Hierdie man is een van die onbesonge helde van Suid Afrika. Hy het gedoen wat hy gedink het die beste was om te doen. Hy het teminste guts gehad.
Mag sy siel by God rus!!!