Video: Derduisende stroom deur Nampo se hekke

‘n Skermskoot uit die video.

Meer as 80 000 besoekers sal na verwagting dié week deur die skouhekke van die 53ste Nampo-oesdag buite Bothaville stroom.

Die Nampo-oesdag het Dinsdag begin en dit is die tyd van die jaar wanneer boere van alle uithoeke van die land koers kies na die Vrystaat vir die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond.

Meer as 700 uitstallers sal vanjaar by Nampo te sien wees. Vanjaar se tema is “die platform vir jou landboutoekoms”. Die fokus is op samewerking, gesprekvoering en die gebruik van toerusting om die toekoms van die landboubedryf rooskleuriger te maak.

Die skou sal Vrydag tot ʼn einde kom.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boeboel ·

Ek het dit een jaar bygewoon, dit was vir my n’ wonderlike ervaring. Daar is so baie goed om na te kyk. Dis regtig die moeite werd vir die wat nog nie by so n’ skou was nie.
Ek sal graag weer n’ draai daar will maak volgende jaar.

Naomi Dalton ·

Dit was vir my baie lekker om Nampo te besoek en het al die stalletjies baie interessant gevind sowel as die atmosfeer van die platteland. Die stalletjie wat uitgestaan het vir my was Gallagher Power Fence. Hulle verkoopsmense is baie behulpsaam en vriendelik en sal beslis weer gaan.

jaco ·

Boere moet dié soort goed stop. Al dié blootstelling maak dit vir die ANC en EFF net makliker om hulle eerste juicy teikens vir onteiening sonder vergoeding te identifiseer.

Honger en dors ·

Is werklik n belewenis om deur die stalletjies te beweeg en die tuis plattelandse atmosfeer tervaar maar o wee 3 jaar gelede was n 500ml koeldrank R22.50 n doodgewone vleispasteitjie R45.00. Sjoe bietjie duuuur!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.