Video: ‘Deurbraak’ ná moord op veearts

Dr. Freddie Malan. (Foto: Facebook)

Die bekende private speurder Mike Bolhuis se speurspan het vandeesweek ʼn deurbraak gemaak in hul ondersoek na die moord op dr. Freddie Malan, die vooraanstaande en geliefde veearts van Pretoria.

Malan is vroeër vanjaar in sy praktyk in die Moot doodgeskiet toe ʼn vrou en twee mans die betrokke aand in Januarie op die Jakaranda-dierehospitaal toegeslaan het. Die vrou het op die dag van Malan se moord in die dierehospitaal ingekom om kwansuis uit te vind oor die behandeling van ʼn troeteldier waarna sy die dierehospitaal se hek vir haar twee makkers oopgehou het.

Die speurspan het nou beeldmateriaal van die verdagtes gekry waarin veral die vrou duidelik gesien kan word. “Hierdie beeldmateriaal is ’n groot deurbraak. Dit is die eerste keer dat ons behoorlike beeldmateriaal van die verdagtes het, veral die vrou,” het Bolhuis Donderdag aan Maroela Media gesê.

Die beeldmateriaal is tydens ʼn ander misdaad opgeneem. Volgens Bolhuis word die trio moontlik met tot 15 sake in Pretoria en Johannesburg verbind.

‘n Skermskoot van die vrou in die video. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig die moord op Malan is vermoedelik die eerste moordsaak waarby dié trio na bewering betrokke was. “Al die ander voorvalle by mediese instansies was bloot rooftogte. Een van die voorvalle het gewelddadig geraak, maar niemand is doodgemaak nie. Hierdie was goed beplande rooftogte. Dit het egter in hierdie geval skeefgeloop, want Malan het hulle gegryp,” het Bolhuis voorheen verduidelik.

Die trio se misdrywe speel gewoonlik in spreekkamers af. “Klein rowe. Niks groot nie. Elke keer in die voorportaal,” vertel Bolhuis.

Hy vermoed dat die vrou die “voorloper” van die groep is. Sy verskyn elke keer by die voordeur van die geteikende instansie en wanneer daar vir haar oopgemaak word, slaan die mans toe.

“ʼn Mens is gewoonlik op jou gemak as daar ʼn vrou [by die deur] is.”

Bolhuis vra nou die publiek se hulp om die vrou in die beeldmateriaal te identifiseer. Kontak Bolhuis by 082 447 6116 of Werner Koekemoer by 082 820 3680 of Tony Naidoo by 082 076 7574 om inligting aan te meld.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Lizelda ·

Is dit net ek of sien julle ook dat die vrou kalm en rustig is? Geen haas, geen vrees. Nee wat hierdie dinge doen hulle al v jare. Hulle is TE op hul gemak. Hoop hulle word gou vasgetrek… en dan tydens versagtende omstandighede gaan sy seker weer se haar kinderlewe was onstabiel en hel en en en. En die mans gaan seker net weer aanvoer ” Eish it was a terrible mistake.”

Francois ·

Mag hierdie vrou en haar twee handlangers vinnig gevang word en geregtigheid geskied. Hulle het ‘n briljante veearts koelbloedig vermoor. Dr Malan was dit en meer -‘n briljante veearts wat ons diere met uitnemende sorg behandel het.

Sterkte en dankie aan Mnr Bolhuis en sy speurspan. Mag julle die skuldiges spoedig vasstrek. Miskien sal iemand haar kan identifiseer op die foto.

Weereens baie sterkte aan oorlede Dr Malan se geliefdes.

Lizelda ·

Ja @Francois ek stem saam en hulle het beslis GEEN berou want kyk hulle sit net hulle kriminele akriwitweite voort. Na d Veearts het hulle nie gestop nie. Hoop mense erken haar op Fb.

Jerry ·

As haar medepligtiges weet van die video is die kanse goed dat hulle haar sal teregstel. Die polisie gaan haar vinnig moet opspoor!

Koeksuster ·

High games have high stakes! Sy moet kry wat sy uitdeel. Polisie kan dan maar hulle tyd vat as die kans is dat haar makkers haar van kant sal maak. Maak die wereld n beter plek!

Charms ·

Jy’s bekommerd oor haar, maar sy is deel van die trio.. Hoe nou??

piet piet ·

Die polisie kan hulself nie opspoor in hulle werkplek nie dit is hoekom hulle naamplaaitjies dra,mnr Bolhuis sal hulle moet opspoor.

Natasha Marais ·

Hoekom daar nie vingerafdrukke geneem nie, sy vat aan alles?

Cherokee ·

Sy dra handskoene. So lyk dit vir my. Dun handskoene. (en ‘n masker om wit te lyk!)

Anni ·

N blerrie witvrou, wat toelaat dat n geliefde Veearts dood geskiet word. Ek word sooooooo kwaad. Hoop ek loop haar raak. Sal nie genooi word vir koffie nie.
????

Weer Francois ·

Ek wou byvoeg – in die berig staan hy was ‘n vooraanstaande en geliefde veearts. Dit is ongetwyfeld en waaragtig so.

Chantel ·

Sy loop so asof dit niks vreemd is nie, iets wat sy gewoond is aan, sy is nie vir n oomblik bang nie, sjoe dit is regtig vreeslik, Jy het tien teen een die video gesien van jouself, geen skaamte of berou vir jou medemense nie :(

Lizelda ·

Ja Chantel haar kalmte en rustigheid is wat my die meeste verstom.

Elize du Plessis ·

O genade, nie dieselfde mense wat die paar Sondae terug rooftog in Sandton by juweliers gepleeg het nie?

Hanlie ·

Sulke mense moet tronkstraf kry en die sleutel moet weggesmyt word. Welgedaan Mike Bolhuis en span!!!

Natasha Marais ·

Hoekom daar nie vingerafdrukke geneem nie, sy vat aan alles?

@Siesa ·

‘n Baie waardevolle lewe geneem deur 3 absolute nikswerd nuttelose wesens.

Ekke ·

Glad nie eens gepla oor kameras nie! SO MAK SOOS ‘n LAMMETJIE! Haar doppie is geklink..

Gert ·

Tronkstraf is heeltemal te genadig……VUURPELETON IN DIE OPENBAAR!!!!

Veiligheidswagte? ·

Weereens 4 sogenaamde wagte wat betaal word net om die stoele vol te sit. Indien een van die eerste 3 net ‘n paniek knoppie gedruk het, het die dokter nog geleef. Ek gril en skaam my vir daai “vrou”.

Gert ·

Hierdie is ‘n ander onverwante rooftog deur vermoedelik dieselfde mense. Hulle kon nie die dokter red nie.

ne ·

Sy lyk nogal versorg. Wonder hoekom sy die Dokter wou dood maak, erf sy dalk iets?

Komkommer ·

Dit staan in die berig dat hy na hulle gegryp het, en daarom het hulle waarskynlik hom doodgemaak.

E.K. die eerste ·

Jammer maar tensy ek haar ken sal ek haar nie eintlik kan uitken nie. Meestal van skuins bo afgeneem. Ek hoop egter die regte mense sien haar, herken haar en dat sy vasgevat word. Hulle is baie kalm en onverstoorbaar! Verskriklik.

Cherokee ·

Heeltemal reg. Daar is geen duidelik uitkenbare beeld van haar gesig nie. Net van haar kapsel. Lyk asof sy so sy fyn gesiggie het met ‘n reguit neus. Dalk ‘n oulike dametjie met mooi maniere.

Manie van Worcester ·

En waar is die agbare polisie in die saak. Afwesig soos gewoonlik?

Abe ·

Manie van Worcestor,
Hoe op aarde moes die polisie nou daar gewees het?

Mic ·

“Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! Lukas 23:34, “

Anton ·

Eksodus 20:13 – Jy mag nie iemand anders dood maak nie!!??

Maraai ·

Hulle weet presies wat hulle doen ??? Hoekom hulle vergewe ???

Lizelda ·

Awa!!! Hulle weet PRESIES wat hulle doen. Hulle het seker lekker gelag toe hulle die Veearts doodgeskiet het.

Dina ·

Hierdie vrou doen die naam VROU oneer aan deur so laag te daal. Hoop sy word gou gevang en vir baie lank toegesluit. Ons samelewing het nie sulke mense nodig nie. Sy is n skande vir haar familie.

Niklaas ·

Sy is komkommerkoel en kalm. Geen haas of vrees te bespeur. Doen dit seker gereeld. Hoop hul gaan nie wegkom daarmee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.