Die video volg onderaan die berig. Thamsanqa Jantjie, die bedrieglike gebaretaaltolk, verskyn nou in ʼn televisie-advertensie waar hy die spot dryf met homself, en terselfdertyd ʼn selfoon-app bemark.
Livelens is ʼn selfoon-app wat gebruik word om video’s regstreeks mee te deel. “Ons het iets vars benodig,” het Sefi Shaked van Livelens gesê. “Ons wou ʼn aanbieder kies wat die ergste aanbieder ooit sou wees vir ʼn regstreekse app. Die persoon wat tot dusver die ergste gemors op regstreekse televisie gemaak het.”
Jantjie het die wêreld verlede jaar in Desember geskok toe hy tydens die gedenkdiens van oudpres. Nelson Mandela by die FNB-stadion nonsens getolk het. Hy het onder andere langs pres. Barack Obama van Amerika op die verhoog verskyn en sy toespraak “getolk”. Hy het daarna erken hy ly aan skisofrenie en het tydens die geleentheid hallusinasies gehad. Hy is later in die Sterkfontein-hospitaal buite Johannesburg opgeneem vir behandeling.
Ek het vertroulik verneem dat Jantjies ‘gegroom’ word as die ANC se volgende Minister van Kommunikasie.
Lyk my in die land moet jy ‘n leuenaar en bedrieër wees om dit te kan maak. Eerlikhied bring jou nêrens nie!!!
Dis eintlik hartseer, want dis mos hoe die kinders en jongmense dit nou gaan verstaan???
En die kans is 99.9% dat die kommentaar verwyder gaan word, maar dis ook reg so.
En nou, raas sy kop nie meer nie ?
Nee Jasper, seker nie meer nie.
Skokkend Skokkend Skokkend, dit is nie eers snaaks nie!!
Hy het nou seker sy kop laat lees!