Video: Die kleingeld-projek in Kaapstad

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die stad Kaapstad wou toets watter effek gratis kleingeld op mense sal hê.

Die video is verfilm as deel van ʼn veldtog deur die stad om mense aan te moedig om “verantwoordelik te gee”. Die doel van die veldtog is om die groot probleem van haweloosheid aan te roer. Die video bewys dat mense langer op straat sal bly indien hulle verniet geld kan kry.

Die stad versoek die publiek dus om eerder geld aan skuilings te skenk. SMS die woord “Give” na 38802 om R10 te skenk. Klik hier om meer oor “Give Responsibly” te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harrie ·

Glad nie ten gunste van verantwoordelik gee nie,dit skep ‘n kultuur van bedel. Wat van mens gee aan bedelaars en haweloses ‘n’kaartjie wat vir hulle ‘n’ete, warm stort en slaapplek vir een nag gee? Ipv kleingeld by restaurante en winkels soos pick and pay en shoprite te ontvang,kan kaartjies aan klante gegee word om vir haweloses te gee.Die vloei vd geld terug na die onderskeie welsyns organisasies kan uitgewerk word.

Johan ·

Ek dink nie ek sal dit waardeer om deur die stad Kaapstad as ‘n eksperiment of enige iets anders gebruik te word nie…

Swanna ·

Baie goeie idee wat jy daar beet het Harrie. Koop ‘n kaartjie by ‘n instansie wat etes en slaap plek aanbied en gee dit vir ‘n boemelaar. So sal jy verseker dat hulle nie drank en sulke derglike goed gaan koop nie en wel iets ordentliks te ete kry. Maar ek het al uitgevind van hierdie boemies is skatryk deur te staan en bedel en hulle maak so meer geld as ek en jy wat ons amper dood werk om iets te verdien.

EMK ·

Skenk geld aan die Salvation Army wat SO baie doen vir enige persoon op straat. Hulle gee ook nie net blyplek en hulp aanhoudend nie, hulle moedig die mense darem aan om nou self op die been te kom ook. Ek gee NOOIT meer vir bedelaars by robots ens. Die “ek het kanker, help my” of “5kinders en geen werk” beindruk my lankal nie meer nie. Veral nie as jy hier naby donker sien hoe hulle by drankwinkels inglip nie. Mens KAN jouself ophef, al moet jy karwag word, minstens moet jy ‘n deel van jou geld gee aan die persoon/firma wat die hele storie reël en baadjies ens gee, so dit maak dat hulle wel IETS wil doen. Hierdie ander lui klomp… nee wat. Begin motors was, gaan vra rond of jy bietjei tuinwerk kan doen, stoepe kan vee, enigiets, probeer tog net DOEN. Maar dis mos makliker om net rond te staan en op die publiek se gevoel te probeer speel.

Agnes ·

deur gewers aan bedelaars skep jy meer bedelaars. Die Bybel se in Kor. wie nie wil werk nie sal nie eet nie. Dit is vir my n skande om te sien hoe gesonde jong mense staan te bedel wat beslis wel kon werk kry as hulle belang sou stel. Hull is net eenvoudig te sleg om te werk.

Eish! ·

Onthou hul geld is belastingvry. Gee almal vir hul ‘n R5, dan is dit net 20 mense om ‘n R100 te maak. Hoevvel mense loop verby oor hul lewens en gee? Sommiges gee meer. So hy verdien dan R3000 per maand. En dink sommiges werk net halfdag. Ek kry R5000 per maand en werk my dinges af en word belas en moet sorg vir alles wat ander moet doen. Wie wen nou eintlik?

neels ·

Die bakhand-mentaliteit veroorsaak dat die armoede-verval vererger.
Ons gee net kos, n 1kg jogurthouer vol sop en paarsnye brood kos nie veel nie.
Gou kry jy n paar “kliente”!
Geld te gee stel hulle net in versoeking vir die verkeerde.
Dit bly n hartseer saak.
Ons weet nie hoe dit voel om n dag sonder kos te wees nie.
Dit is genade.

lynette ·

Ek self is in n posisie wat nie veel het nie . Ek kry net n staats pensioen en onderhou 13 mense op my kleinhoewe . Het nog nooit gebedel nie . Maar sorg nog altyd dat niemand gaan honger slaap nie . Sop en brood is ook n ete en brood en koffie is ook n ete . Bacon bones en gemengde groete maak n groot pot potjiekos met mieliepap of rys of brood . Ek sou ook graag beter wou leef maar sal nooit gaan bedel nie . Kom kyk self as julle my nie glo nie . God is getrou .

pop ·

Ek sal nie gou weer my mond uitspoel oor sleg of wat ook al nie. Maar ek weet ook nou om pakkies appels en lemoene en beskuit of wat ook al in motor saam te ry en dit eerder te gee by stopstrate. Ek het saam met Coenie de Villiers gehuil laas week op die program op kyk net wat oor boemelaars gehandel het. Was nodig dat ons so iets sien. Die nood raak ook al erger by witmense wat glad nie werk kan kry nie. Regstellende aksies het armblankes geskep.

CHRISTA ·

Ek gee nooit vir bedelaars geld nie. As hulle by my huis aankom, maak ek vir hulle ‘n broodjie met koue vleis en gee dit vir hulle. Ek gee ook ALTYD vir motorwagte R2 en ‘n suiglekker (sommer die wat jy by koffiewinkels/eetplekke kry as jy jou rekening betaal). Julle moet die verbasing op hulle gesigte sien as jy die lekker saam met die R2 in hulle hande sit!! Ek voel die motorwagte PROBEER immers iets doen vir ‘n inkomste!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.