Video: Die man met die diereklanke in sy mond

William Jafta (skermgreep uit die video)

William Jafta (34) van die Paarl in die Wes-Kaap vermaak enigiemand wat hom teëkom en laat sosialemediagebruikers verstom met al die diere wat hy kan naboots.

“Dit het begin toe ek vier jaar oud was,” het William Sondag aan Maroela Media vertel. “Ek het op ʼn plaas in die Agter-Paarl grootgeword en na al die diere geluister. Ek het die heeltyd probeer kyk watter diere ek kan namaak.”

William sê dit is veral die hoenders wat eers in die rondte kyk voor hulle saam met hom begin gesels as hy hulle namaak.

Die tarentaal en visarend is die twee jongste dieregeluide wat hy by sy repertoire bygevoeg het. Hy kan tans 14 diere namaak.

Hy is tans werkloos, maar tree as ʼn straatkunstenaar op met sy talent. Jy kan hom raakloop by restaurante in die Paarl, Stellenbosch, Houtbaai, Simonstad, Kalkbaai, Muizenberg en Groentemarkplein in Kaapstad. Hy reis ook graag na Oudtshoorn wanneer die KKNK aan die gang is.

William versorg sy sewejarige boetie en 11-jarige sussie.

AGS Paarl het dié video van Jafta op YouTube gedeel:

As jy William finansieel wil ondersteun, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik:
Rekeninghouer: William Jafta
Bank: Standard Bank
Tak: Paarl
Takkode: 051001
Rekeningnr: 10130771986

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pieterweskaap ·

Merkwaardige nabootsing!

Maroela, ek wou ‘n betaling na William se bankrekening maak maar die naam van die bank se tak en die takkode ontbreek!!

Sune van Heerden ·

Dagsê pieterweskaap

Dankie vir jou boodskap.
Banke gebruik deesdae ‘n universele kode en jy het dus slegs die bank se naam nodig, maar ons het nou die berig gewysig en die taknaam en takkode bygevoeg. Gebruik gerus tak Paarl met takkode 050210.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.