Video: Die minister van finansies en die stoel

CaptureDie land se nuut aangestelde minister van finansies, Nhlanhla Nene, maak vanoggend nuus om ‘n ander rede as sy aanstelling. ‘n Video wat wys hoe ‘n stoel onder Nene meegegee het tydens ‘n SABC-onderhoud het vanoggend weer soos ‘n veldbrand op sosiale media begin versprei.

Nene het in Oktober 2008 ‘n onderhoud by die SABC gedoen in sy amp as die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies. Die video wys hoe Nene eers ongemaklik begin rondskuif voordat mens die stoel hoor kraak. Die volgende oomblik gee die stoel onder hom mee met Nene wat agteroor val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

gerald ·

Lat mens wonder wt h mti land se finansies gamak as h self al val

Jasper ·

Nog n Soustreinryer kom aarde toe. Nou gaan Verwoerd en apartheid die blaam moet dra.

Amanda ·

Hy het ook ‘n drywer,die gewigte “sak” voor maak dat meeste ANC LEDE nie meer die petrolpedaal kan raak voel……Wonder wie maak skoene vas???

annaline ·

Dit is Apartheid se skuld dat die stoel (onder sy swaar gewig) gebreek het.. ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.