Dringende ingryping is glo nodig in die Vrystaatse gesondheidsdepartement as die totale ineenstorting van dienste daar voorkom wil word.
Talle gesondheidsgroepe, opposisiepartye én die vakbond Nehawu glo die heraangestelde LUR vir gesondheid, Bennie Malakoane, is allermins opgewasse vir die taak.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Maar ons sien die mos al lankal kom…
Die meerderheid kan nie nou wil kla nie. Hulle het vir die partye gestem wat verantwoordelik is hiervoor. En dit sluit die DA in wat verdag stil is oor die dinge……..
Die meerderheid kan nie nou wil kla nie. Hulle het vir die partye gestem wat verantwoordelik is hiervoor. En dit sluit die DA in wat verdag stil is oor die dinge……..
Ag Mappy, jou opmerking is totaal misplaas – waarom die DA insleep by jou opmerking ? Die DA het niks uit te waai met die swak gesondheidsdienste in die Vrystaat nie !! Kritiseer die swak ANC-regering vir die swak diens.
Mappy, in die Wes Kaap, kan ek jou verseker werk die gesondheids sisteem nog redelik goed.