Video: Digitale woordeboek vir gebaretaal

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Nasionale Instituut vir Dowes het ‘n unieke projek begin. Dit is die samestelling van ‘n digitale woordeboek vir gebaretaal wat veral gaan fokus op die verskillende dialekte van die land se amptelike tale.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Woorde soos dom, onnosel, aap, bobbejaan, kill the boer ens. sal seker uitgeskakel word omdat dit misbruik kan word deur rassiste?

NK ·

Let wel: Dit fokus nie op die verskillende tale se gebare nie… Dit fokus op die verskillede gebaretaal dialekte (wat meestal verbonde is aan ‘n klein streek / nabygeleë skole). Gebaretaal word nie alleenlik gekoppel / gedeel in ‘n taal soos in Afr of Engels ens nie.

Daar is ‘n groot verskeidenheid dialekte (meer as ons gesproke amptelike tale). Daarom is dit so moeilik om ‘n univormige taal te skep en gebaretaal sal nie sommer as die land se 12de taal erken word as dit sulke baie variasies het nie.

Die regering sal ook nie die voordele van ‘n erkende taal kan gee aan gebaretaal gebruikers nie; soos tolke by elke gebeurtenis ens. Daar is reeds so min tolke en die tolke wat daar is word maar min vergoed. En as tolk verwag baie organisasies dat jy dit as ‘vrywilliger’ doen, of omdat jy sal werk vir minder geld omdat jy mos nou eintlik iemand ‘help’.
Met ander woorde; tolke kan nie noodwendig NET tolk vir inkomste nie omdat organisasies nie bereid is om te betaal nie (al het die Dowes dit nodig), en tolke kan dan nie kos op hul eie tafels sit nie.

Ek hoop regtig hulle erken Suid Afrikaanse Gebaretaal as ons 12de amptelike taal. Maar dan moet hulle ook die taal gebruik op nasionale vlak sodat die Dowes meer toegang kan he.

Baie bly om te hoor dat NID die taak aanpak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.