Video: Digter jou Zuma uit

AE Ballakisten

AE Ballakisten

Die video volg onderaan die berig.

Die Suid-Afrikaanse digter AE Ballakisten het op die Zuma-geraaswa geklim en ʼn gedig waarin hy die president herhaaldelik uitjou, geskryf, op video voorgedra en op YouTube gelaai.

Ballakisten kritiseer die president skerp nadat Zuma die afgelope tyd by verskeie geleenthede in die publiek uitgejou is. Die digter skryf die video en gedig, We Boo Yoo, is ʼn “rant by ʼn fed-up citizen for all fed-up South Africans.” [ʼn Uitbarsting van ʼn landsburger wat genoeg gehad het, namens alle Suid-Afrikaners wat genoeg gehad het.]

Ballakisten “boo” Zuma onder andere oor Nkandla, sy “Skiet die Boer”-singery, e-tol, die Marikana-bloedbad, die Gupta-skandaal en sy uitspraak dat ‘n mens kan stort om MIV/Vigs te voorkom.

Hy sê in die gedig die land het in ʼn sirkus ontaard. Volgens sy gedig is Zuma korrup en sal hy nooit Mandela se skoene kan volstaan nie. Zuma het die land beroof van hoop, sê hy, en “ons het genoeg van jou gehad”.

Die video volg ná die video Nkandla Style wat onlangs op YouTube gelaai is, groot opslae gemaak het. Dié oorspronklike video is van YouTube verwyder weens sogenaamde kopieregkwessies, maar is gou weer deur verskeie verbruikers opgelaai. Een van die weergawes is al byna 400 000 keer gekyk en het 550 reaksies ontlok. Die musiekvideo is gebaseer op die Suid-Koreaanse musiekvideo, Gangnam Style, deur die kunstenaar Psy. Die oorspronklike Nkandla Style is deur die gebruiker N’kandla Staail op YouTube gelaai. Die lirieke van die Nkandla-weergawe dryf die spot met die Nkandla-swembad en verwys ook na Julius Malema en Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer. Klik hier om dié video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Ja Zoempie as jy jouself uitgee as ‘n toffie kan jy verwag om gekou te word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.