Die beskuldigde in die moord op dokter Louis Heyns, ‘n pediater en akademikus, voer aan ‘n belediging oor sy geslagsdele het gelei tot sy wrede aanval op Heyns.
Die slagoffer se lyk is in 2013 in ‘n vlak graf in die Strand gevind.
Marthinus van der Walt hou vol dit was nooit sy bedoeling om Heyns dood te maak nie en beweer die slagoffer het hom vir seksuele gunsies genader.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Lees alle vorige berigte oor Louis Heyns op Maroela Media.