[Video] ‘Dit is nie Trevor Noah se vertoning nie’ – EFF-LP aan giggelende Zuma

Pres. Zuma Donderdag in die Nasionale Vergadering. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma Donderdag in die Nasionale Vergadering. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma is Donderdag deur ʼn EFF-LP aangevat vir sy klaarblyklike voorliefde om te giggel terwyl LP’s hom oor sake van nasionale belang probeer ondervra.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, het tydens Zuma se vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Vergadering opgestaan en aan Zuma gevra hoekom hy lag terwyl die land aandring op ernstige antwoorde oor sake van belang soos die studentebetogings vir gratis hoër onderwys en die droogte waaronder die land gebuk gaan.

“Ons moet ernstig opgeneem word. Die president antwoord ʼn vraag, sê absoluut niks en lag dan. Dit beteken ons vrae is grappies hier. Ek het al vir hom gesê hierdie is nie Trevor Noah se vertoning nie. Die mense van Suid-Afrika soek antwoorde,” het Ndlozi gesê.

“Ek weet nie hoe om my lag te keer nie,” het Zuma geantwoord. “Ek sal altyd lag.”

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het Zuma daarvan beskuldig dat hy nie van die vraag-en-antwoord-sessie gebruik gemaak het om die aankoop van ʼn nuwe presidensiële straler van R4 miljard te veroordeel het nie. Volgens Maimane het Zuma eerder net regdeur die sessie gelag terwyl miljoene Suid-Afrikaners ly weens die korrupsie en wanbestuur wat endemies is aan sy regering.

https://youtu.be/iGDpVEUIRcI

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

talitha ·

Zuma kom dom en ligsinnig voor. N president wat nie eers getalle kan reg uitspreek nie en begin giggel oor vrae in die parlement.. klink nie of hy iets ernstig opneem nie.

Monnas ·

En hier bewys dit weereens, ons land het in n sirkus verval. Mense wat gaan verder van ons land word, water tekort, plekke maak toe…en wat doen ons president lag???

Manie ·

Ag mense laat hom tog maar lag. Te minste is hy nie nors nie.

Wennie ·

Die spreekwoord is nou ongeldig: Lag en die wêreld lag saam met jou.

Willie ·

Wennie, eintlik besef hy nie dat as hy lag, dan lag die wêreld VIR hom!

Rynhardt ·

In die naam van demokrasie het Zuma en Anc SA se ekonomie vernietig, en word Afrikaners vir 21jaar onderdruk.In Zuma se twee termyne het hy meer skade aangerig as goed.Die feit dat Zuma lag, wys dat hy nie weet wat hy doen nie en tree hy uiters arrogant ip.Vandag in Burger se hy:”Almal is mal oor die Anc, daarom kan hulle nie ophou praat van die Anc nie”.Prez, hulle praat so baie van jou Anc, omdat u en u Anc alles vernietig in SA!

johan ·

Zuma in ‘n bespotting vir die anc en vir Suid Afrika. Waarom die anc hom weggejaag het nie verstaan ek nie. Ek stem nie anc nie maar sekelik moet daar tog ‘n bekommernis by hulle wees oor zuma se patetiese leierskap. Skrik net wakker anc en raak onslae van hom of is julle wagtig almal soos hy.

humor ·

Anita ek dink jy is reg. Dit kom so voor, maar aan die anderkant glo ek daar is nie iets wat hom pla nie. Nie omdat hy dikvellig is nie, nie n psigiese saak nie, maar eerder n saak van die rede. Hy besef nie wat rondom hom aangaan nie en waarmee hy temake het nie.

mags v ·

Hy lag vir sy aanhangers wat so stupid is om hom as leier te kies.

alida ·

Hy maak ‘n gek van homself en is ‘n verleentheid vir die RSA !!! Mense wat in ‘n hoek is en nie daar kan uitkom nie lag van senuweeagtigheid.

Anoniem ·

Zuma is n nar wat hoort in n sirkus en nie nr 1 van ons land nie. Die sirkus base sal hom wegjaag oor sy swak grappe en arrogansie nou moet ons op geskeep sit met totale @#$%.

Illa ·

Mense, as jy aanhou om jouself te verryk terwyl miljoene honger ly, jy ‘n paleis bou terwyl miljoene in shacks bly, jy polisie veroordeel vir geregverdigde optrede teenoor ‘n bedreiging (Marikana) terwyl duisende gemoor word weens ‘n algehele gebrek aan respek vir die magte van jou land en, dit alles in aggenome, jy weet dat jy maar net weer ingestem sal word? Natuurlik kan hy lag – hy is “untouchable”. Ek belowe julle, hy gee nou nie in die minste om wat ek, jy, koos, klaas, simon, simpiwe, thabo, julius of wie ookal van hom dink nie. Ons maak nie saak nie, NIKS maak saak nie. En soos hy reeds geskimp het, besighede, sorg dat jul die anc ondersteun, want dan kan jul saam op hierdie “kommervrye” soustrein ry. Ons is die patete mense, ons kyk met afgryse, skryf bladsye en bladsye vol oor ons ontsteltenis daaroor, maar ons DOEN boggerôl! Hy lag ons uit, tart ons en elke keer sak ons maar net weer ons koppies, soos goeie Afrikaners, en draai die ander wang.

Eish! ·

En toe kom ‘n seding in my kop op: Lag vir jou g_t en bid vir jou siel! Dink vir die gees is dit die uitweg.

pop ·

Almal se Zuma is stupid en weet nie wat om hom aangaan nie. Ek verskil. Hy weet baie mooi wat hy doen. Hier het hy al sy volgelinge wat hom beskerm en opkom vir hom, en alles van hom opvreet, Hulle hang aan sy lippe en hy weet dit. Het almal in die holte van sy hand. Diktator!!!Dit bekommer my dat hy nog sowat 2 jaar aan die stuur van ons land gaan wees. En ek sal glad nie verbaas wees as hy nie by daai tyd al wette gebuig het om hom in daai stoek te hou vir nog baie lank nie.

Marius Buys ·

Zuma lag want hy weet ons is magteloos om hom te verwyder.

Meisie ·

Ons hoop maar net die spreekwoord , van lekker lag, kom lekker huil, is in die opsig van ons president , waar!!

jongeling ·

Geliefdes ek is nog jonk ek weet nie dalk so baie soos sommige van julle nie maar ek is nie dom nie geen probleem gaan opgelos word deur agter oor te sit en moun oor ons President se aksies nie , ons almal weet ons gaan nie fisies iets aan die saak kan doen nie maar waar is ons geloof by politiek of God niks gebeur sonder sy toesteming nie hoe min van ons bid eintlik vir hom en die land , eks nie seker waar dit in die bybel staan nie maar daar staan die ongelowiges sal mekaar uit wis , laat ons gelowiges saam bid daar sal n wonderwerk gebeur maar God het sy diensknegte nodig om teen die duiwel te veg . So bid en God sal voorsien!!

GES ·

Met ‘n president soos hy kan ons spog met ‘n nasionale ramp wat SA getref het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.