Video: Dokters, werkgewers kla oor vergoedingsfonds

Gerhard Papenfus, besturende direkteur: NEASA (Foto: Skermskoot uit die video)

Gerhard Papenfus, besturende direkteur: NEASA (Foto: Skermskoot uit die video)

Verskeie werkgewers moet deesdae self opdok om te verseker werkers wat aan diens beseer word, kry behoorlike behandeling.

Pasiënte word weggewys by privaat hospitale omdat die vergoedingskommissaris sloer met die betaling van dokters.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet ·

Hierdie is ou nuus want ek wag al bykans 3 jaar vir die uitbetaling van n besering aan diens. Daar te veel mense in die departement wat niks doen en dan nog n salaris kry. Net een woord om hul te beskryf: pateties

Chris ·

My man is al amper 2jaar sonder werk weens n ongeluk by die werk, elke maand word die nodige vorms aan die vergoedings vonds gestuur, en elke maand word dieselfde antwoord op ons vrae gegee “DIE KOMMESARIS IS NOG BESIG DAARMEE, ONS MOET MAAR WAG” “DIE NUWE STELSEL GEE PROBLEME”, nou hoe moet ons aan die lewe bly, jou skuideisers wil jou toesluit, jy het nie kos nie, jou blyplek ly daar onder. Erens moet daar iets gedoen word, ons land is besig om gruwelik agter uit te gaan.

theresa brits ·

Nadat my man herhaaldelike kere,dieselfde vorms moes indien,was ons ingelig deur n dame by WCA,dat sy die uitbetaling sal uitrek so lank moontlik,omdat my dogter haar geraporteer het,omdat sy weier om ons te woord testaan of ons oproepe te neem………intussen lewe ons vd hand na die mond. Niemand vra om seer te kry in so n mate dat jy ongeskik verklaar word vir werk,of selfs normaal met jou lewe aan tegaan nie. Ons wag al 2 jaar. Ons het al n dame R2k betaal,omdat sy “mense” by wca ken wat sal verseker day die geld binne 2 weke tot 4 weke sou uitbetaal. Hierdie persoon “help” ook ander mense……nou draai sy haar rug op ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.