Video: Doodskis-saak: Twee hoor oor borgtog

Betogers buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Betogers buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

ʼn Groep mense het Donderdagoggend te midde van ʼn sterk polisieteenwoordigheid voor die Middelburg-landdroshof betoog waar twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn ander man in ʼn doodskis ingedwing het, gaan hoor of hulle borgtog kry.

Die betogers het weer twee wit poppe wat aan ʼn stok vasgebind is voor die hof rondgeswaai. Daar is verlede week tydens Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) se borgtogaansoek gehoor dat die poppe simbolies van die beskuldigdes se kinders is.

Oosthuizen en Jackson het verlede week Donderdag en Vrydag in die hof verskyn waar hul borgtogaansoek voltooi is. Die hof het uitspraak tot vandag voorbehou.

Tydens die borgtogaansoek het die hof onder meer Victor Rethabile Mlotshwa, die beweerde slagoffer, en die beskuldigdes se weergawes van die gebeure gehoor. Mlotshwa het aangevoer dat hy deur ʼn veld gestap en toe deur die beskuldigdes voorgekeer is. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim.

Die beskuldigdes het aangevoer dat Mlotshwa koperkabels gesteel het en dat hulle hom ʼn les wou leer. Volgens hulle verklarings wat aan die hof voorgelees is, het hulle nie die bedoeling gehad om Mlotshwa leed aan te doen nie. Hulle het ook gesê Mlotshwa het hulle gedreig.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

Die video volg onderaan die foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Liza ·

Nou wonder ek wie is rassisties, ek is regtig al g@tvol vir hierdie storie, wat sal hulle maak as ons 2 swart poppe so aan ‘n kruis ophang, en in die gesig slaan …… regtig hulle is meer rassisties as ons wittes, en daardie mannetjie wat in die doodskis was hy is so skuldig soos wat kan kom….

Sharon ·

Miskien moet ons ook nou maar poppies koop en voor hofgebou gaan paradeer… Wonder wie gaan my uitbail

Leeutjie ·

Sharon kan jy dink wat hulle met jou gaan doen as dit 2 swart poppe is??

Sampie ·

Gaan niemand optree teen hierdie gedrag nie? Vir my is dit simbolies die ergste aanranding en rou rassisme wat ek ooit aanskou het. My hart het ‘n slag gemis toe hy die pop met die vuis ‘n hou gee! Is al hierdie wat ons aanskou toelaatbaar? Die witman in hierdie land het ruggraatloos geword deurdat julle wat daar naby is, dit nie stop nie. Waar is ons leiers? Maar nee, ons is meer bekommerd oor die Springbokke se prestasies en die rand/dollar wisselkoers as hierdie uitbeelding! Dit het niks te doen met wat in die hof aangaan nie – dit het alles te doen met die haat van die swartes teen die wittes! Toe De Klerk/Meyer en Kie:
doen iets as julle ‘n gewete het!

Tanya ·

En jy Sampie? Het jy opgetree hier teen? Sou jy nader gestorm het en die poppe gegryp het as jy daar was? Jy sien, nie so gedink nie. Jy noem ons wit mense in die land ruggraatloos. Wat doen jy om die situasie te verbeter? Ry jy patrollie saam jou area se GPF om ander mense te beskerm, het jy al ‘n klagte by die NV gaan le oor hierdie foto? Ook nie so gedink nie. Vat jy die voortou dat wys jy vir ons mense wat om te doen.. Ons sal jou volg. Julle keyboard warriors het almal sulke blink idees en as dit by die uitvoering kom, verdwyn julle een vir een. Julle spul maak my siek man.

Delia ·

Tanya, wat is die punt van jou tirade?
Ek waardeer wat die GPF mense doen, maar om iemand so aan te val soos jy, laat ‘n vrot smaak in my mond!

Piksie ·

Ons het nie leiers nie. Dink jy as ons n leier gehad het dit sou so gegaan het Sampie? Ons wittes is te slapgat. Niemand wil se genoeg is genoeg nie. Ons baklei maar op facebook ens.

Anne ·

Sampie ek verstaan jy gevoel van algehele woede en frustrasie.

Martin ·

Kyk, ek het vir Siener v Rensburg leer sien. Nou sien ek groot moeilikheid kom oor hierdie klomp se optrede in die video.

Verstom ·

Dis net so snaaks dat die betogers met die wit pope wat die beskuldiges se KINDERS dreig, niks aan gedoen word nie. Moet daardie kinders vir hulle lewens vrees oor hul ouers se dade. Hoeveel boere word daagliks vermoor maar ons sien nie sulke barbaarse optredes nie. Is dit dalk oor daar 90% van die tyd nooit verdagtes is vir daardie moorde en aanvalle nie? Net 1 voorbeeld moet gemaak word met die doodstraf dan sal ons probleme tot n einde kom….

M ·

En dit in die tyd van hoeveel dae van aktivisme teen Vroue en Kinders. Nee sies man. Wat het die manne se kinders te doen met hierdie hele storie.

sonnie ·

Hierdie is propaganda op sy beste…..wat gaan gebeur met die kinders wat op plase bly wat aangeval word. Daar moet sterk teen hierdie mense op getree word …dit is nie net blote rassime.

sniepie ·

new Sonnie dis nie net rassisme nie dis nog haatspraak ook. hoe kan ouers in die aangesig van sulke kruheid nog hulle kindertjies aan n huishulp toevertrou. msg die wreedaards maai wat hulle saai.

Anoniem ·

Okay nou verstaan ek glad nie… Daars n vrou in Hout Baai wat n rasistiese opmerking gemaak het oor ons anderkleurige mense wat haar reg is want dis hoe sy voel en sy het nie een oomblik gehuiwer om dit te deel op die social media nie 10/10 vir jou want ons is te bang om dit te doen en op ons regte te staan… Maar dan sien jy hulle wat dit so erg maak soos die met die WIT baba poppe… Regtig mense is dit nie ook rasisties op die hoogste graad nie??? Hoekom word hulle nie vervolg nie??? Wag ek weet hulle is nie rasisties nie net ons witmense is… Nee hel iewers moet dit stop…

Jodi ·

En weereens gaan niemand niks doen oor di poppe en dit wat dit simboliseer nie?!laat ons wapens opneem en ons self beskerm want di media en die goverment gaan niks doen om te help nie

Tanya ·

4 miljoen blank teen 42 miljoen nie-blankes. En jy wil wat doen?

Fielies ·

Tanya,

464 voortrekkers met 200 diensknegte teenoor enigiets van 12,000 tot 21,000 zulu krygers het nie ons voorvaders bang gemaak nie en dit behoort ons ook nie bang te maak nie. Ons mense het ons God vergeet – dis ons probleem.

Netaq ·

Dit is verskriklik!! ABSOLUUT verskriklik. Ek kan my nie indink hoe die mammas moet voel dat hulle kinders SO uitgebeeld word nie. In my oë is hierdie optrede ‘n DIREKTE DREIGEMENT om die kinders leed aan te doen! WAT GAAN DAARAAN GEDOEN WORD? VRA EK NOU? Of is dit maar 100% ok? Iets sal moet drasties gedoen word. Daardie kindertjies se lewe is in gevaar! Hulle lewe word BEDREIG! Ek hoop en bid tot ons Almagtige God om Sy hand van veilige bewaring en beskerming oor die gesinne te hou.

AL ·

Dis aanhitsing tot moord deur die ANC! Daardie persone moet gearresteer word aangesien so baie wrede plaasaanvalle en moorde gepleeg word.

louis ·

Openlik het die SA Polisie gewys dat hulle nie die wet kan toepas en hulle nie regverdig ni. Die SA Polisie sal die blaam dra as die blankes in die land wet in hul eie hande begin neem.

Denise ·

En hoekom word hier niks aan die mense gedoen nie dit is niks anders as propaganda en wat probeer hulle vir ons se ???? Ons sal maar moet wakker wees !!! Die dag as ons ingee is die dag wat ons sterf!!!!

net ek ·

Nee wat dubbel-standaarde! Moeg vir dit, sal nooooit verander, die “witbroodtjies” van land.

Stom-Geskok ·

Hierdie is afgryslik om te aanskou – my hart krimp ineen. Dit in die midde van “aktivisme van geweld teen vroue en kinders” – stem saam met “net ek” absoluut dubbel-standaarde, dis absurd!! As mens op news 24 lees is dit baie eensydige artikel en hits verseker aan.

Joan Badenhorst ·

HOEKOM WORD HIERDIE MESNE NIE OOK GE-IDENTIFISEER EN AANGEKLA VAN GROWWE RASSISME EN AANHITSING VAN MOORD OP BLANKE BABAS NIE?

Komaan ·

Hoekom word die mense nie aangekla van rassisme en geweld aanhitsing teen blankes wat die WIT poppe op stokke daar uitstal nie? Dit is tog duidelik dat hulle ‘n wit kind simboliseer wat gehang moet word? Wat het ‘n BABA aan hulle gedoen dat die nou vermoor moet word? Die mense ken darem geen einde aan wreedhede nie. Waar is al die WITTETJIES wat vir VANESSA en PENNY so uitgehaal het, toe WITTES gaan kla nou die maatjies aan wat WIT KINDERS wil OPHANG!

Lila ·

Hoekom word die mense wat die poppe voor die hof rondswaai nie inhegtenis geneem vir intemidasie en dreigemente nie? Hoe kan die arme onskuldige kinders van die beskuldigdes met dood gedreig word en die polisie tree nie op nie?? Dit is mos nie hulle skuld nie!! En ek glo daardie mense slaap glad nie sedert hierdie mans in hegtenis geneem is.. dit is onaanvaarbaar man!

Sampie ·

Tanya, ek hoop Maroela gaan my toelaat om jou te antwoord. Kom ons probeer…. Vir eers is ek nie ‘n “leier” (soos FW, Roelf Meyer, TLU, Pieter Mulder, so kan ek aangaan met Afrikaner-leiers se name) nie. Ek is ‘n 62jare blanke man wat my kant gebring het vir die land, soos belastings en diensplig, ens. Ook is ek nie ‘n Boeremag-wannabe nie en nooit in my ontsteltenis het ek die suggestie gemaak dat iemand met ‘n Hilux-bakkie en ouens met rewolwers agterop moet storm en wild en wakker skiet nie. Ek vra inderdaad waar ons leiers (soos hierbo) is wat moet intree binne die wet. Verder is ek 1300km van die toneel af,
maar sou ek daar naby wees, sou ek die betoger met die poppe benader (sonder wapens) en hom vra om dit te staak. Daarna sou ek met fotos ‘n klag by die polisie aanhangig gemaak het. Ek dink jy lees my kommentaar verkeerd ( “Julle spul maak my siek man”), maar dankie vir jou tirade. Die ander kommentators wat my ondersteun, maak op vir jou vertoon van ruggraatloosheid.

Sonja ·

Asb. Afriforum of Solidariteit, lê ‘n klag teen hulle. Die “evidence” is daar en die boodskap baie duidelik. Gaan self wêreldhof toe as dit moet. As ons nie iemand het wat nou vir ons opstaan nie, is ons verlore en uitgelewer aan hierdie “magte” wat veglustig, bloeddorstig en uiters wreedaardig is en dan gaan iemand wil intree as die Afrikaner ras klaar uitgewis is. Dan gaan dit te laat wees en gaan almal sê hoekom het niemand niks gedoen nie en hoe kon ons teruggesit het en dit toegelaat het. Die skrif is lankal aan die muur vir ons blankes.

Andrea ·

Ek stem saam hiermee. Ek wens so ons het n leier gehad. n Vuurvreter. Solidariteit en Afriforum doen hul bes as burgerregte organisasies, maar ons kort n politieke leier met kontakte in die buitewêreld. iemand wat kan toesien dat hierdie rassehaat en aanhitsing tot geweld die nodige mediadekking oraloor in die wêreld kry. Dat mense kan sien wie is die aggressors in SA, en dinge in perspektief plaas.

erica ·

ek eis van die regering om op te tree teen daardie mense wat ons wit mense se lewens indirek bedreig.eks gatvol ek soek beskerming van die regering vir my my familie en ons witmense .die wereld moert sien wat rasisme is dis nie ons boere volk nie hulle tart ons intemendeer .verpes ons maar ons moet ons monde hou.

Theresa B ·

Ek stem saam Liza. Ek is ook nou al gatvol vir al hierdie snert. Dis mind blowing om te sien dat hul kan doen en sê wat hulle wil. Geen haan kraai daarna nie. Alles is rassisties wanneer dit hulle pas.

Anoniem ·

Ja nee Afriforum en Solidariteit is besonder STIL. Hoekom lewer hulle geen kommentaar oor hierdie aangeleentheid nie.?

Bruno Stef ·

Dit is presies dieselfde taktiek wat deur swartes met die moordverhoor van Eugene Terreblanche gedoen is maar een van die AWB manne het tot by hulle gestap en die pop uit hulle hande geruk en dit vernietig waarop hulle goed maar padgegee het en die polisie tussen beide getree het.

andrea van vuren ·

Julle almal vra hoekom is ons leiers en die DA so stil? Het julle vergeet dis Desember en almal is met vakansie. Ai tog…

Hendrik ·

Ja nee wat, ek soen ook nou die DA beteken niks. Ek het verkeerd gestem!

Hennie ·

Ja nee wat, ek soen ook nou die DA beteken niks. Ek het verkeerd gestem!

cr ·

Maroela, julle adverteer mos Afriforum ook hier. Neem asb. hierdie saak verder sodat geregtigheid kan geskied. Want dit is rasisme op die uiterste wat deur die gemene popslaners gedoen word.

Riaan van Greunen ·

Mense die probleem is NIE dat ons nie Leiers het nie. Die probleem is dat die LEIERS gatvol is vir rugstekery. Ek het myself al in situasies bevind waar jy opstaand vir en namens ander mense omdat hulle self te bang is en hul persoonlikhede nie van so aard is dat hulle konflik kan hanteer of hul man daarteen kan staan nie. Die probleem is egter sodra jy vir hulle opstaan en jy terugkyk na hulle vir “backing” dan is niemand daar nie en jy staan alleen!! Gaan soek die fout NIE by die LEIERS in die gemeenskap nie maar by die “FOLLOWERS” wat grootbek is hier een kant en sodra JY in die groot arena vir hulle opstaan verdwyn hulle soos mis voor die son!! Dis die rede waarom LEIERS gatvol raak om vir die mense en gemeenskap om hulle op te staan!! EN DIE ANTWOORD IS NIE ‘N POLITIKUS NIE MAAR ‘N LEIER. Iemand sonder politieke ambisie, wat “political ties” en mag gebruik vir verryking nie. ‘n Persoon wat werklik net die son oor almal in SA wil laat skyn. DE LA REY het nie die ambisie of droom gehad om President te wees nie maar het opgetree om sy mense se veiligheid en sekuriteit te verseker. Ons Wit Afrikaans sprekende nasie is ‘n trotse nasie maar ons byt te veel ander uit a.g.v. jaloesie en sal eerder ander mense vertrap om die eie ek se doelwit te bereik.

Riaan van Greunen ·

Julle kan aangaan met “Bring God terug in ons lewens terug” of “Dis tyd om op te staan teen hierdie verdrukking” of “Wat doen jy om dinge beter te maak, is jy deel van jou GPF”ens, maar niks sal verander en gebeur as ons nie ons eie ek “attitude” verander en probeer kyk hoe ons mekaar kan opbou nie i.p.v. mekaar te vertrap en saboteur op ons eie ek strewe na sukses!!

Boeremeisie ·

Julle se ons is sonder n leier. Nee ons is nie. Steve is ons leier staan saam met ons. Ons sal hierdeur kom . Moet nie dat hulle ons saam hul in die slyk aftrek nie. Wees still. Beplan. Staan saam . Bring God in julle lewe terug . Die tyd is min. Hou op baklei en veroordeel. Ons was en is nog altyd die minste. En sal altyd die minste wees. Daarom het ons elke stem nodig.

varkie ·

Hier kom kak en almal vra hoekom dat en hoekom wat en hoekom en hoekom ek weet ons moet begin bymekaar kom en dan besluit ons hoekom nie ek is maar net n weduwee maar ek het kinders en kleinkinders waarvoor ek tot my laaste asem sal baklei maar weet nie waar en hoe om te begin nie en DA vlieg in jul maaaaaai

H. Goosen ·

KAN enige iemand vir my se (bevestig) of die “MENEER” en sy trawante met die “WIT POPPE” enigsins aangekla is t.o.v.hul optrede.Asseblief MAROELA MEDIA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.