Video: Dooie bok in wildtuin nie ‘gesteel’

Daar was heelwat oor-en-weer beskuldigings en baie bespiegeling, maar die video van ʼn groep mans wat glo ʼn rooibok by ʼn luiperd in die Krugerwildtuin “steel”, vertel klaarblyklik nie die hele storie nie.

Die video van die mans wat ʼn dooie bok in ʼn minibussie inlaai, het ʼn oproer op sosiale media veroorsaak. Dit wys hoe die mans langs die pad stilhou, uitklim en die dier agter in die bussie laai. Die video is op Twitter by @LatestKruger gedeel.

Na bewering het ʼn luiperd die bok kort tevore gevang en is hy verwilder.

Ondanks vermanings om te wag op ʼn amptelike reaksie van SANParke, het Twitter behoorlik gegons.

Daar was oproepe dat die “oortreders” in hegtenis geneem of beboet word, tong-in-die-kies verwysings na “onteiening sonder vergoeding” en diegene wat gemeen het rooibok smaak heerlik en nie fout met die voorval gesien het nie.

SANParke het gemoedere later gekalmeer en in reaksie gesê die voorval wys werkers van die wildtuin wat, soos wat hulle werk is, ʼn rooibok wat deur ʼn voertuig raakgery is van die ryvlak verwyder.

SANParke het gesê die karkas is aan ʼn wildbewaarder by Satara oorhandig.

“Alles is in die haak,” het SANParke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wonder net ·

Weet nie wie om regtig te glo nie.
Dit is wraggies ‘n netjiese duur bussie om dooie diere in te laai.
Ek sou dink die tipe van werk sal met ‘n bakkie gedoen word.
So raakgeryde dier kan mos erg bloederig wees.
Ek dog diere sal maar in die veld bly vir jakkalse en aasvoëls.

Gert van Wierdapark ·

Dis n wonder dat daar nog bokke oor is in die wilde west!

Aster ·

Jong ek byt nie aan hierdie storie nie…wil jy nou vir my sê die hele game capture team was in siwwies? Wonder of daar mense was aan die ander kant van die voertuig om te kan bevestig of daar ‘n Sanparks sticker op die voertuig was.

Veronica ·

Ek wonder ook oor die kleredrag!! Maatjies smeer dalk toe vir n boudjie of n ribbetjie?!

Niklaas ·

Wat anders kon ons verwag het ? Almal het geweet niks stappe sal gedoen word nie. Dis soos die renjaers in die KNP. Met groot snelhede ja hul voort teen gemiddeld 85 km in die maks 50 km wildtuin. Altyd haastig met die wete dat geeneen deur sy vrinne , die verkeers beamptes , beboet sal word nie. Kyk maar vroegoggend hoeveel “roadkills” lê daar op die teerpad (as dit wat eetbaar is, nie vinnig opgelaai is nie )

Hoe sê ·

Gelukkig pas die natuur vinnig aan daai luiperd sal leer om eers te kyk of daar nie rangers in ‘n taxi naby is nie voor hy weer ‘n bok langs die pad vang. Om te dink die luiperd het al die jare hienas beskuldig van diefstal. Mens kan dit seker maar ‘n natuur toneel noem

n ·

As hulle vir SANPARK werk soos hier deur Susan beweer word waar is die klere drag so van wanneer werk jy in n taxi tipe voertuig in privaat klere vir SANPARk vra maar net. Ek sou ook die video gepost het lyk maar verdag vir my ook.. Ek is seker maar n leek en kom te min in die wildtuin….

Susan ·

Ai as hulle, hulle werk nie doen nie is dit verkeurd. As hulle hulle werk doen is dit ook verkeurd. Wat wil die publiek he wat moet hulle doen. Solank hulle gedoen het wat hulle moes doen moet Sanparke nie aan jan alerman luister nie. Dalk wou die publiek biltong gemaak het. Nou kan hulle monde maar water vir daai biltong.
Kan die publiek nie n slag uitvind hoe werk dit voordat hulle videos plaas en mense straf en vonnis nie. Mooi sanparke dat julle na julle werkers omsien. ????

Skepties ·

Jammer, maar ek glo dit regtig nie. Dooie goed word in die natuur gelaat om deur diere en voëls gebruik te word. Daar was ‘n luiperd, volgens die stem in die video. Al was die bok doodgery, kon die luiperd dit mos in elk geval vreet.

George ·

Voorsien SANPARKE dalk werk aan werkloses? Ek meen hoeveel mense is nodig om EEN dooie bok te gaan oplaai en dit in ‘n kombi?

Sanna ·

Dit is hulle voertuig en hulle bok hulle kan met dit maak wat hulle wil

TinRSA ·

Jong, ek en ‘n klomp ander mense is geblok van die SANPARKS Facebook blad want ons het ons mening uitgespreek. Die mense wil nie die waarheid vertel nie en jy mag nie sê hulle jok nie. Lekker Bush meat ne. Wonder wat gaan van die wildtuin oorbly so na 50 jaar of vroeër.

Lui Perd ·

Nama… to celebrate !!!!!????????????????????

Susan…. dis hulle voertuig…..dis hulle bok…maar die heel belagrikste…dis hulle “holiday Resort”

Sanna ·

Dit is hulle voertuig en hulle bok hulle kan met dit maak wat hulle wil

senet ·

Ek hoop dat die werkers darem voer uitgooi vir die luiperd. Ek meen dit was dalk al wat hy kon eet vir n week of twee. En Susan hy praat noou sommer deur jou ore.

pieter ·

Nee hulle leer mooi by hulle ANC vriende wat om te se.Volgens my los jy die natuur soos jy hom kry.Wie is hulle om in te meng in die gang van die natuur.Daai is die natuur se bok,om te vrot of wat ookal,maar nou ja dis seker ma Afrika .Maak soos jy wil!!!!

Gert ·

Dis veronderstel om ‘n natuurlike omgewing te wees. Dit beteken dat daar aasdiere is om ontslae te raak van dooie wild, en wat eintlik nie kan oorleef as mense al die dooie wild wegdra nie. Wat my aanbetref is hierdie ‘n baie deursigtige leuen om die gestroop van die wildtuin te probeer regverdig.

Attie. ·

In warm droë tye net na n ligte buitjie reen kom die bergskilpaaie in die wildtuin in hul honderde na die teerpaaie om daar in die waterpoeletjies water te drink want in die veld syfer die water vinnig weg. Ek wonder hoeveel van die pragtige diere land in taxis en karre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.