Video: Dr. Danny Titus tree af, só gegroet

Dr. Danny Titus (Foto: ATKV)

Die ATKV het Maandag aangekondig dat dr. Danny Titus ná 12 jaar by dié instansie sy tuig neerlê. Titus het einde Mei op 63-jarige ouderdom afgetree.

“Hy is ’n gewaardeerde kollega en vriend. Sy menswees het vir die ATKV baie beteken,” sê Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW. “Hy is ’n gerekende skrywer, kommentator en menseregtekenner en het diep spore getrap in tydperke van verandering, in Suid-Afrika én by die ATKV.”

Titus het in 1982 sy graad in die regte aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf en is in 1983 as advokaat van die hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat. Hy het Suid-Afrika in 1987 verlaat om sy studie aan die Universiteit Leiden in Nederland voort te sit.

In 1993 het Titus sy doktorsgraad in die regte aan dié universiteit behaal en kort daarna teruggekeer na Suid-Afrika.

Voor Titus in 2008 by die ATKV aangesluit het, was hy visedekaan by Unisa se Kollege vir Regsgeleerdheid, en het hy waargeneem as hoof van die departement justisie en grondwetlike ontwikkeling se Opleidingskollege in Pretoria.

Brits onthou Titus se leierskap, integriteit en empatie en wens hom alle sterkte toe vir die nuwe fase in sy lewe.

“Danny, mag die aftrede vir jou ’n geseënde tyd wees,” sê sy.

Die ATKV het dié video gedeel waarin kollegas en ander belanghebbendes vir dr. Titus groet:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Veels geluk met die aftrede dr. Danny Titus. Hoop net al U pensioen geld is in die buiteland bele want die ANC soek dit!

Raadslid

Hoeveel van ons mense het nie die ATKV verlaat as gevolg van sy liberale, polities korrekte, hervormings nie.