Video: Drama in hof waar pastoor verskyn

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Onbekende vrou het Dinsdag vir drama in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesorg toe polisiebeamptes haar fisiek uit die hofgebou moes dra waar ʼn Nigeriese pastoor op aanklagte van mensehandel verskyn het.

Die voorval is op video vasgevang waar die vrou met Peter Plaatjies, speurder van die Valke, argumenteer en weier om die gebou te verlaat.

Daar word verneem die vrou is ʼn lidmaat van die Jesus Dominion International Church en het haarself valslik voorgedoen as ʼn lid van pastoor Timothy Omotoso se sekuriteitspan. Die vrou het geweier om die hofgebou te verlaat en het geskree en geskop terwyl beamptes haar by die gebou uitgedra het.

Sy het geweier om ná die onderonsie met verslaggewers te praat.

Talle gemeentelede het buite die gebou saamgedrom en kon nie die hofverrigtinge bywoon nie, aangesien daar geen meer plek in die volgepakte hofsaal was nie.

Omotoso (58) en sy twee medebeskuldigdes, Lusanda Solani (36) en Zukiswa Sitho (28), staan tereg op altesaam 63 aanklagte van onder meer mensehandel, verkragting, seksuele aanranding, rampokkery en sameswering om ʼn ander persoon te help om ʼn seksuele misdaad uit te voer.

Die twee vroue word daarvan aangekla dat hulle Omotoso gehelp het om landwyd jong meisies te werf wat na bewering vir seksueel uitgebuit is.

Die pastoor is op 20 April verlede jaar by die Port Elizabeth-lughawe deur lede van die Valke in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Hoekom sê sy “only whites”? Wat het ras met die storie te doen?
Dit is ook maar al waarop swart mense kan terug val en alles op blameer, hulle moes haar sommer uit gegooi het.

Stuiwer ·

Net een vraag: Hoekom is die saak nou eers in die hof aan die gang? Die “pastoor” is dan al in April verlede jaar in hegtenis geneem.

leser ·

dis hoekom die howe so pateties is, uitstel na uitstel na uitstel, alles is stadig, niks meer het spoed nie
of die getuie/s is nie daar nie, of die tolk is nie daar nie, of die “docket” is verlore, ens., ens.

Chris du preez ·

As ons grense nie oopgegooi is vir enige gemors van Afrika nie en toegang beheer nog bestaan het sou ons nie met hierdie Nigeriese kriminele gesit het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.