ʼn Saak van gewapende roof is na die polisie se provinsiale ondersoekeenheid verwys nadat rowers Donderdag in ʼn blitsrooftog op ʼn groep mense in ʼn restaurant in die noorde van Johannesburg toegeslaan het.
In ʼn dramatiese video van die voorval wat sedertdien wyd op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ʼn groep mense omstreeks 14:30 niksvermoedend by ʼn restaurant in die Sunninghill Village-winkelsentrum sit.
Die video wys hoe spring ʼn gewapende man oor ʼn versperring. Hy rig ʼn vuurwapen op die mense wat vervaard opspring. Nóg ʼn gewapende man kan dan op die geslote kringtelevisiebeeldmateriaal gesien word.
Hulle beroof die slagoffers en spring dan weer blitsig oor die restaurantheining en verdwyn straataf.
Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê die slagoffers is van hul selfone en horlosies beroof. “Hulle [die verdagtes] het daarna in ʼn silwerkleurige BMW gespring en weggejaag,” het Masondo gesê.
Volgens hom het een van die verdagtes ʼn skoot afgevuur, maar geen van die slagoffers is beseer nie.
Masondo het gesê die polisie is op soek na minstens vier verdagtes en het ʼn beroep op mense gedoen om met inligting na vore te kom.
Verlede maand is vier verdagtes – glo lede van die sogenaamde Rolex-bende – in Bedfordview in verband met ʼn vlaag soortgelyke rooftogte aangekeer.
Masondo het nie kommentaar gelewer oor die moontlikheid dat Donderdag se rooftog moontlik met dié bende verbind kan word nie.
ARMED ROBBERY. ISTANBUL KEBAB. SUNNINGHILL. COJ. GP. ROLEX & OTHER JEWELLERY + MOBILE FONES ETC TAKEN. pic.twitter.com/PuVq5zvaJk
— REZA (@crimeairnetwork) October 23, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
….liewe ouers….stuur seblief die ou Suid Afrika terug….die nuwe ene is heelemal stukkend !!!!
DIe is wat voorle solank anc en eff bestaan.
Gebring aan julle onder onbekwame leiding van bra Cele en by spelers.
Misdaad is geheel en al buite beheer…Wat dehel gaan met die mense aan…
Ek het gister na daardie video gekyk. Die krimineel het sy hand uitgesteek om die horlosies wat op die tafel was te vat, toe trek hy per ongeluk die sneller.
As hy nie dit gedoen het nie, het hy met al daai horlosies weggekom. Instede het hy geskrik en laat spaander.