Drie mense is dood nadat twee vragmotors, waarvan een chemikalieë vervoer het, Woensdagoggend op die N2 naby Piet Retief in Mpumalanga gebots en aan die brand geslaan het.
Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê die ongeluk het naby Panbult ongeveer 35 km van Piet Retief af gebeur. Die N2 was ure lank gesluit terwyl die toneel skoongemaak is.
“Twee vragmotors, waarvan een chemikalieë vervoer het, het reg van voor gebots en ontplof. ʼn Motor wat agter een van die vragmotors gery het, was ook in die ongeluk betrokke,” het Mabuza gesê. “Al drie bestuurders het op die toneel gesterf.”
Pat Ngomane, die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het sy medelye teenoor die families van die oorledenes uitgespreek. Hy het ʼn beroep op motoriste gedoen om die verkeersreëls te gehoorsaam en op verantwoordelike wyse te bestuur.
Multi-vehicle collision on N2 between Piet Retief and Ermelo… All Vehicles on Fire.. 2 Fatalities @StanfromIBF #ArriveAlive pic.twitter.com/VLdppB0GIz
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) April 12, 2017
so tog en die pad is reeds so smal daar. nou is daar meer skade aan die pad wat net verdere erosie gaan veroorsaak. simpatie en sterkte aan die families.
Wat regtig gebeur het is dat die bestuurder van die klein bakkie het die groot vragmotor verby gegaan het en die bestuurder het homself misgis met die afstand van die aankomende vragmotor. Hy het die aankomende vragmotor se band getref. Die vragmotor se band het gebars en in die ander vragmotor vasgejaag.