Video: Driehoek-ouers gee mandaat vir regsaksie teen BLF

Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het vandag namens verskeie ouers van die slagoffers van die Hoërskool Driehoek-skoolramp in Vanderbijlpark ʼn klag by die SAPD, asook by die Gelykheidshof, teen lede van die Black First Land First (BLF) gelê.

Die klagte is by die Vanderbijlpark-polisiekantoor ingedien. Dit volg nadat Lindsay Maasdorp, die BLF se woordvoerder, op Twitter die dood van drie leerlinge van dié skool gevier het. “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.” Hy voeg ook by: “If our God has finally intervened and our ancestors have petitioned and seen that these white land thieves have now died then I definitely celebrate it. I celebrate the death of our enemies, their children, their cats and their dogs. That is our position,” lui Maasdorp se boodskap op sosiale media.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, staan die vakbond saam met die ouers van Hoërskool Driehoek en het die vakbond ʼn mandaat van ouers gekry om Maasdorp oor dié uitsprake in die hof te pak.

Een van die ouers van die skool, Lucille Olivier, se seun was etlike meters van die ongeluk af en het emosioneel oor die trauma van die dag gepraat. “Hoewel ek as individu hier sit, is ek seker dat ek vandag namens alle ouers in Suid-Afrika praat. Ons staan saam geskok, sprakeloos, angstig en onseker. 1 Februarie se tragedie by my kind se skool het binne sekondes my aakligste nagmerrie ʼn realiteit gemaak,” het Olivier gesê.

Lucille Olivier. Foto: Reint Dykema

“Ek as ouer en Suid-Afrikaner is absoluut gewalg deur lede van die BLF en Lindsay Maasdorp se uitsprake van verlekkering en viering op sosiale media ná die nuus dat vier wit kinders in die ongeluk dood is,” het Olivier gesê.

Hermann het beklemtoon dat rassehaat deur randfigure nie net daar gelaat mag word nie, want wanneer dit net gelos word, word dit die norm. “Die regstelsel is ontwerp vir die uitsondering, nie die norm nie.

“Dit is juis vir mense soos Maasdorp ontwerp. Die regstelsel straf nou sodat die volgende onbekende slagoffer van die randfiguur beskerm word. Ons moet die volgende onskuldige slagoffers beskerm teen die pyn en trane weens die BLF se rassehaat,” het Hermann saamgevat.

Olivier het vandag by die mediakonferensie gesê daar is nie woorde om die seer van Maasdorp se uitsprake te beskryf nie. Volgens Olivier was die tragedie by die skool verseker nie rasgebonde nie en dat dit soos ʼn golf seer oor alle rasse gespoel het. “Wit en swart kinders het seergekry; wit en swart kinders het saam gehuil. Hulle almal is óns kinders en dit is ons almal se tragedie,” het Olivier gesê.

Volgens Hermann is Solidariteit se regsaksie drieledig. Die vakbond begin met ʼn klag van crimen injuria wat op die onwettige, opsetlike en ernstige benadeling van die menswaardigheid van ʼn ander persoon fokus. “In hierdie geval behels dit ook rasse-aanhitsing en nadelige aanmerkings wat op die betrokke slagoffers se ras betrekking het,” het Hermann gesê.

‘n Skermskoot van die uitlatings.

Tweedens gaan Solidariteit ʼn klag by die Gelykheidshof lê kragtens artikel 10 van die Gelykheidswet, wat fokus op die verbod op haatspraak. In die derde klag, wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie gelê gaan word, versoek Solidariteit dat die BLF as politieke party gederegistreer word. “Partye wat uitsprake maak wat op rassehaat gebaseer is, hoort nie in ʼn demokratiese verkiesing nie,” het Hermann gesê.

Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof by Solidariteit Regsdienste, is dit die vakbond se tweede klag teen die BLF. “Die BLF is ʼn party wat deur haat gedryf word. Hulle ideologie is haat en dit moet eenvoudig gestop word. Die BLF wil vanjaar aan die verkiesing deelneem, ondanks die feit dat geen wit persoon aan hul party mag behoort nie en ondanks die feit dat hulle boodskap een van haat is. Ons oproep aan die OVK is om die BLF dringend van die wedstryd te verwyder,” het Human gesê.

“As gemeenskap is ons harte saam met elke ouer wat ʼn kind verloor het of wie se kind beseer of getraumatiseerd is, stukkend. Ouers is nie veronderstel om hul kinders te verloor nie. Deur die trane kyk ons ook met dankbaarheid na ʼn gemeenskap wat mekaar omvou het. Duisende mense het mekaar vertroos en gebid.

“Vaaldriehoek en Suid-Afrika se trane het die afgelope ruk nie grense geken nie. Ons het mekaar omhels en vasgehou, sonder om enige onderskeid te tref. Hierdie vashou het oorgespoel na die hele land. Mense van oraloor het geskryf, blomme gestuur, geld geskenk en al die ouers en kinders wat soveel trauma beleef het in hul gebede opgedra. Daarvoor kan ons vir Suid-Afrika net sê baie, baie dankie,” het Olivier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

JH ·

Hier gaan absoluut niks van kom nie, die IEC het al 2keer gewaarsku, maar het nie die ruggraat om iets te doen nie.

Kaufman ·

Daar sal niks van jom nie as julle dit toelaat. Belasting is julle grootste wapen.

CW ·

Die van ons watJH nou so aanval, is die persoon nie maar net pessimisties omdat in sulke gevalle nooit vervolging is en wat hy se is tog waar. beteken dit dan dat hy nie omgee nie. Ek dink nie so nie. Ons is almal geskok oor die kinders se dood en het simpatie met hulle families. Ek glo ons is ook almal dankbaar dat Solidariteit hulle help teen die wrede uitsprake. Tog verstaan ek JH se vrees dat niks sal gebeur nie, het al te veel keer op niks uitgeloop

Diefie ·

Trots op julle Solidariteit. Gee hulle gas. En ons Suid Afrikaners moet saam glo dat dit suksesvol sal wees.

@ JH ·

Lyk asof jy dink jou opnie is die enigste wat tel. So lug ons ons s’n ook JH. Het jy iets gedoen om hulle las te verlig?

Cherokee ·

Dit is nie ‘n opinie wat jy lug nie maar ‘n spoeg en plak rympie met die hoop dat jy reg is.

Lizelda ·

Ek moet se ek het werklik baie vertroue in Solidariteit en dr Dirk Hermann, hy’s nie bang om d wat hulp teen hierdie tipe kaliber mense/boelies te verleen nie.

JH ·

@JH, almal het die reg op hul opinie, ekt myne net gelug, alhoewel mens natuurlik hoop iets gebeur, weet jul mos nou al hoe dit in SA gaan. Nee ek het glad nie, wat het jy gedoen?

Johan H. ·

Weereens my innige simpatie, maar nadat ek vandag eskom se verbrokkeling gaan lees het,het ek geen hoop vir enige instelling in die land nie, kyk hoe sloer alles oor die korrupte leiers in die land. Sorrie!

Se maar net ·

Roer hom! Ek glo die hele SA staan agter die skool! Ek gun die eina vir NIEMAND!!

Kar ·

@semaarnet, jy bedoel 8% van SA. Glo my dis duidelik dis nie die hele SA nie.

Driehoek ouer ·

Baie dankie Lucille & Solidariteit. Ons by Driehoek is nou ‘n baie hegter gesin as ooit tevore. Ons sou dieselfde gereageer het as dit net ander ras kinders ook was, NIEMAND gaan ons gesin uitmekaar skeur oor ras nie! Baie dankie aan Driehoek se hoof, personeel, leerlinge, ouers, familie & vriende van oor die wêreld heen vir al jul gebede, liefde, ondersteuning & bystand. Ons sal ALTYD vashou aan ons God, Hy sal oordeel & Hy sal ons genees. Hy hou ons in Sy hand.
Baie sterkte aan ons gesinslede wat nog gehospitaliseer is & ook vir die wat tuis aansterk. Baie sterkte ook aan almal wat terug is by die skool, al is dit vir jul party dae BAIE moeilik.
VORENTOE & BOONTOE! OORWIN DEUR VOLHARDING!

Madeleine du Plessis ·

Daar MOET iets van kom!!!
Want intussen sit Vicky Momberg in die TRONK – en wat sy gesê het is wel nie reg nie, maar syt haar nie verlekker in (swart) kinders se traumatiese dood nie! BLF is SUIWER RASSISTIESE HAATSPRAAK !! HOE KAN DIT TOEGELAAT WORD???
Sterkte, liefde en Vrede aan elkeen betrokke.

Mariaan ·

Hy mag nie hiermee wegkom nie! Vat hom aan en maak ‘n voorbeeld van hom.

GM ·

Im, JH het sy opinie gelewer, net soos jy geregtig is op jou opinie. Sê jy vir almal om stil te bly as hul nie jou opinies deel nie? Sekere landsburgers is ook nogal lief om dit te doen, en kyk waar het daai ‘my way or the high way’ mentaliteit S.A. gebring.

SANET ·

Ek stem 100% sáám, met jou GM ?
Ons mág van mekaar verskil en ons mág dit sê ook,sonder om aangeval te word

Sanet ·

Ek vind,dat baie van onse landsburgers uiters gestres en aanvallend voorkom, as dit by politiek en emosies kom…
Kom ons vat eerder hande…kom ons reik uit, na ons medemens…kom ons spreek LEWE oor hierdie land en ons kinders…kom ons GUN mekaar ñ EIE OPINIE en spreekbeurt…kom ons STRAAL JESUSKARAKTER EN LIEFDE UIT… kom ons keer terug na God.

MAG DIE HEILIGE GEES,elke kind, elke ouer,elke familielid,elke onderwyser BONATUURLIK VERTROOS en Genees van Driehoek…
Ennn…mag ons BID vir die mense, om tot INKEEE te kom, wat as instrumente in satan se hand dien,om rassehaat en rassekonflik aan te blaas…

Gerhardb ·

Going Forward……As ons nog krag het hou ek graag hierdie spasie dop?

Foxi ·

Hierdie negatiewe kommentare is erger as n klap in die gesig. Ek en my mede vriende familie en wie ookal is regtig positief dat alles nie net n nul is nie. Ons glo in die toekoms hier in SA. Gee net kans julle, GOD is in beheer. Baie mense sal en wil dit nie glo nie, maar dit is n werklikheid. Die val maak seer maar dit is die opstaan wat saakmaak.
Saam sal ons veg vir geregtigheid!

Manie ·

Jou reg om in tandemuis en vader kersfees te glo. Ek gun jou dit heelhartig maar die werklikheid is effe anders en die volk steur hulle nie juis aan GOD en SY Gebod nie so alhoewel ek geen sekonde Twyfel in SY MAG is daar telkemale in my BYBEL gese bekeer julle en doen wat my gebooie julle beveel. Daar val ons uit die bus my vriend. Hordes wat glo cr is die nuwe messias

Tik tok tik tok ·

Aan al die mammas en pappas en famielies wil ek sterkte toewens
Maar jul weet die ding kan jare uitrek veral met ons ramapoker van n presidend
Wil jul regtig jul engel kinders aan dit blootstel
Veral omdat ons weet wat se gemors het die grootse se daar buite
Maar as dit slaag kan dit wonderlik wees
Maar om al die seer so bloot te stel
Ek weet nie so mooi nie
Ek huil nog vir julle kinders
Dankie soldariteid dat jul die groot taak aanpag en weer sterkte aan al die ouers

Tik tok tik tok ·

Aan al die mammas en pappas en famielies wil ek sterkte toewens
Maar jul weet die ding kan jare uitrek veral met ons ramapoker van n presidend
Wil jul regtig jul engel kinders aan dit blootstel
Veral omdat ons weet wat se gemors het die grootse se daar buite
Maar as dit slaag kan dit wonderlik wees
Maar om al die seer so bloot te stel
Ek weet nie so mooi nie
Ek huil nog vir julle kinders
Dankie soldariteid dat jul die groot taak aanpag en weer sterkte aan al die ouers??

Boetie ·

Graag sal ek wil hoor as di “uwe” maasdorp kinders het en dit het met een van sy kinders gebeur het,sy hy dan ook gejubel en gejuig het sou hy ook dan geparty het en hom dan verlekker het daardeur,sulke siek mense moet heeltemal uit di samelewing verwyder word

Thea ·

Maasdorp sou dit op aparteit blameer het as dit n familie lid van hom was!

Erwee ·

Volgens die artikel is Mnr Maasdorp van mening dat sy god toegetree het na die voorvader-geeste die saak petisie het en die gevolg was 4 kindertjies wat gesterf het. Hy vier dit nou!! Dit sal interessant wees om Mnr Maasdorp dop te hou na daardie gewraakte uitsprake. As jy mielies saai is daar ‘n goeie kans dat jy gaan mielies oes indien die reen nie ontbreek nie. Daar mag dalk ‘n paar bossie en dissels wees, maar die mielie-oes sal daar wees. As jy egter dorings en dissels saai, is jou kans op ‘n mielie-oes so ongeveer ‘n gewaarborgde 0%. Jou opbrengs SAL dorings en dissels wees, selfs met ‘n droogte en geen reen! Mnr Maasdorp en sy makkers het ‘n GROOT oes op hande na hierdie lieflike reen van die laaste paar dae, en dis nie ‘n mielie oes nie!! Mag ons almal daaruit leer!! Mag hy en sy makkers tot inkeer kom indien dit enigsins moontlik is. Ek hou Mnr Maasdorp en sy makkers met belangstelling dorp. Hy behoort ‘n interessante lewens-rit ophande te he. Dis altyd goedkoper om uit ‘n ander ou se foute te leer. Kom ons kyk hoe duur is die prys wat hy en sy makkers gaan betaal vir hulle gewraakte woorde en handelswyse. Sela

Jan ·

Al hierdie nie-regeringsorganisasies soos die menseregte kommissie word beheer en gemanipuleer dear die anc.maar die grootste probleem is dat solidariteit en afriforum ens ook maar in die geheim saam met die anc werk….

CW ·

My maggies, wie sou dit nou kon dink, gee vir ons n paar bewyse asb man. Sal baie insiggewend wees sowaar

Melanie ·

Ons bid saam die ouers,leerders,
onderwysers en die skoolhoof dat hul berusting vind.Dat God elkeen sal dra wat gebeur het was ‘n ongeluk en dat ander hul verlustig daarin is onmenslik.Wat jy saai gaan jy maai ( om haat tesaai )God slaap nie !

Sanet ·

STEM…ChrisE…óns moet nou nié, ÓÓK tot op maasdorp se vlak DAAL met óns uitsprake nie!
HOOP solidariteit kán IETS regkry, STRAFREGTELIK wat sý+sy kaders se monde sal snoer…alhoewel ék VASGLO dit word met OPSET gedoen,om rassehaat asn te hits en om aandag te kry ini media

Linda ·

Dankie Solidariteit! Sterkte aan al die Driehoekkinders, families en onderwysers. Julle is in my gebede.

Michael ·

Kom terug na of maasdorp kinders het of n hart. Hy is die tipe wat n kind met n graaf sal dood slaan en niks daar van dink nie kyk net na sy uitlaatings.

Pat ·

Sal niks van kom sal afgemaak word as vryheid van spraak. Gelukkig is ons nie afhanklik van hulle simpatie en hulp nie. Wees net verseker van ons opregte omgee vir julle wat verlies gely het en beserings opgedoen het

Nel ·

@Erwee: Dawid vra in een van sy Psalms “Hoe lank, Here, hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustig in die leed van ander mense? …” (Psalm 94:3).
Eeue later antwoord Petrus daardie vraag onomwonde: “Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou” (2 Petrus 2:9).
God sien, Hy onthou en Hy sal vergeld. Miskien nie in ons leeftyd hier op aarde nie, maar beslis iewers in die toekoms.

Fanie Kemp ·

Misdaad kry die oorhand wanneer wetsgehoorsame mense niks doen nie.
Dankie Solidariteit en AfriForum vir alles wat julle doen om van ons land ‘n beter plek te probeer maak. Ek glo dat julle instrumente in Die HERE se hand is.
My wens is dat hierdie twee organisasies se ledetal baie meer en baie vinniger sal uitbrei.
Sterkte!

Anoniem ·

Mag Solidariteit suksesvol wees in hierdie saak. Mense kan nie sulke walglike kommentare uitspreek en daarmee wegkom nie.

@ Jan, jy maak ‘n ernstige aantyding teen Solidariteit en Afriforum. Waar is jou bewyse dat Afriforum en Solidariteit saam met die ANC werk.?

WILLEM ·

Die Driehoek kinders / BLF houding
Maasdorp – is dit Mnr of Mev? Dit is nogal lagwekkend dat die persoon so teen wit mense
uitvaar en die dood vier – MAAR hy/sy is tevrede met ‘n Wit naam – verander jou naam na ‘n
swart naam dan voel jy dalk meer tuis tussen jou” mense”

JohanL ·

Dalk moet klomp van ons lesers die MRK oorstrrom met navrae via e-pos oor hierdie aangeleentheid. Hoef nie klag in te dien nie – dit is reeds gedoen. Maar stuur e-pos om navraag te doen, dan sien die MRK die erns van die saak. Stuur gerus aan Me G Smith by gsmith at sahrc dot org dot za

Hansie Slim ·

My inige simparie aan die ouers, kinders en die skool.
Dit is vir my erg dat soos dit bly net Solidariteit is wat hierdie sake dryf (regeer). Waar is die politici wat vra ons moet vir hulle stem? Dit mos ‘n regeer opsie. Ek kies dat dit nie aanvaarbaar is vir die samelewing. Nou weet ek nie wat om met my keuse te maak nie. Ons soek nie n “roadshow” nie, maar julle passiewe stilswye skreeu ten hemele. En julle wil die regeering van die dag word….. sterkte.

Leon ·

Mense, op 8 Mei gaan trek jou kruisie agter FF+ want dit is die enigste party wat werklik baklei vir ons wit minderheid. Hulle skroom nie om rassiste kaalvuis storm te loop nie. Hulle voeg daad by die woord. Ek steun ook Afriforum 100%. Hoe meer stemme die FF+ kry des te meer sterker maak dit die wit minderheid. Ons moet ‘n slag saamstaan en staan op ons regte en plek in Suid-Afrika. Niemand anders gaan vir ons veg nie. Ons moet ook die knie buig voor die kruis en weer op Hom vertrou. Moenie langer uitstel nie! Die tyd is nou! Shalom.

Nettie ·

@Leon …. nee wat, 8 Mei 2019 is vir my net ‘n lekker ekstra vakansiedag. Ek gaan g’n my lewe op die spel plaas om te stem vir enige party – wat in elk geval ‘sweet blou all’ vir my persoonlik doen nie – dít, midde-in ‘n vieslike, vuil informele woonkamp, waar my sogenaamde stempunt is, te midde van ‘n hele spul glurende, ingevoerde ANC-stemmers nie.

Oud Hoekie ·

Ek wil net vandag se , ek het die hele tragedie gevolg en doen nogsteeds . Ek reken die hele land ongeag van ras of kleur kan iets uit die tragedie leer , dat alles in plek val as daar SAAM GESTAAN word . Hierdie hele tragedie het die Vaaldriehoek en die land baie bader aan mekaar gebring . Die Here slaap nooit en Hy is die beste boekhouer , Sy boeke klop altyd . Die BLF sal hulle dag kry al neem dit tyd maar die Here bepaal die tyd , almal en alles se tyd . Dit is TYD dat ons SAenrs dit besef . Die land moet terug draai na die Here en Hy sal ons seen soos nog nooit van tevore nie . Baie sterkte aan al die ouers, kinders , onnies en almal geraak deer die tragedie .

Anoniem ·

Nou ja, Maadorp, jy dink deur volstrek witmense te haat en haatspraak te lewer gaan sommer vir jou ‘n hele paar stemme in die sak bring. Ek wil sien hoe gaan hierdie bitter pil af vir jou. Haatspraak op sosiale media het gans te ‘aanvaarbaar’ begin raak in ons samelewing. Swart, Wit, Geel, Groen, heng eks nie gepla oor watter kleur iemand se vel is nie, ons almal is geskape deur dieselfde God. Ek bid net vrede en liefde vir almal toe, maar vir Maasdorp? Wel God sal met hom deel en wat die gereg behels, wel laat die gereg sy gang gaan

hendrik ·

al my ondersteuning aan almal wat die maasdorp gaan vervolg ek gee klaar geld aan solidariteit die maasdorp en sy party daar daar is nie plek vir jul in die samelewing nie

ek sê maar ook ·

Dalk kom hier niks van maar ek glo ABSOLUUT what goes around comes around. Al neem dit jare en dalk sal hierdies nie die kloutjie by de oor bring dat dit karma is wat terugkom nie maar gebeur sal dit. Maar dis goed dat hulle geraas maak hieroor, hoekom word wittes altyd geteiken al sê hul nie eers iets so erg nie. Hierdie is niks anders as haat wat uitgespuug word en dis niks minder as Godslasterlik om God hierby te betrek. Daar is GEEN manier wat ‘n liefdevolle Vader so iets sal goedkeur en lekkerkry nie. Siestog, ek sal maar hard probeer om vir haar en haar spul te bid – sal moeilik wees maar ek gaan probeer

Gideon ·

Ek as net so ontstel soos almal hier oor Maasdorp se uitlatings en verwerp dit met minagting. Wat my egter nog meer ontstel is dat Afrikaanssprekende vroue laasweek hier op Maroela media PRESIES dieselfde uitlatings maak tov 3 taxipassasiers, wat heel waarskynlik swart mense was. Die een vrou is so bly oor hulle dood dat sy selfs n “knertsie” drink op hulle dood. n Ander vrou reken sy voel absoluut niks oor hulle dood nie. Dit laat haar koud. Ander mense wat kommentaar gelewer het, vind die opmerkings baie amusant. Ek reken sulke opmerkings moet met dieselfde minagting verwerp word.

Tik tok tik tok ·

Gideon
Dit was teenreaksie teen oor reaksie
Daai vroue wou blf terug seermaak
So ek voel selfde maar ek gaan dit nie hardop se nie
So bou n brug en kom daaroor

Koos ·

Kan Solidariteit of Afriforum nie terselfdertyd ‘n beswaarskrif indien by die OVK (IEC) met die versoek om BLF te belet om as politieke party te registreer nie?

Mense en instansies met sulke krasse rassistiese neigings, behoort onder geen omstandighede toegelaat te word om deel te hê aan ons land se demokratiese prosesse nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.