Video: Driehoek-tragedie – ‘Jesus het Marli kom haal’

Marli Currie. Foto: Facebook

Klasse by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark sal na verwagting Maandag hervat word ná die tragedie verlede week toe ʼn loopbrug by die skool ineengestort en die lewe van vier leerders geëis het.

Dele van die skoolterrein is ná ʼn ondersoek veilig verklaar.

Talle leerders is in die voorval beseer en 19 word nog in die hospitaal behandel. eNuus het by van die leerders se ouers gehoor hoe dit met hulle gaan.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Driehoek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zorana vd Berg ·

Ons het n petisie opgestel reeds amper 4000 mense geteken “breek af die brug” ons glo dat dit beter sal wees vir die kinders se emosionele herstel

Heksie ·

Elke kind moet dan ‘n hammer of slaanding kry en self hul frustrasies en seer op daai brug gaan uithaal! Dit sal goed wees vir hulle!

Renchia ·

Zorana, waarom die brug nou afbreek? Dit gaan nie die seer wegneem nie, dit gaan beslis nie die kinders terugbring nie. Jy weet mos daar was ‘n brug, jy sal mos nou presies weet elke liewe keer as jy daar verbyloop hier WAS ‘n brug, hier is my vriende oorlede. Jou beginsel is goed, maar prakties gewys is ek nie so seker nie. Herbou hom, maak ‘n gedenktuin by hom, sit ‘n bankie of 3 by hom dat die vriende juis daar kan onthou. Tyd heel nie wonde nie, jy raak net gewoond daaraan hoe om met die pyn saam te leef. As jy nie kan onthou daar was vriende op die brug nie, nie die geleentheid gegee word om juis by die brug te kan gaan sit en jou hart skoon te huil nie, iewers vorentoe gaan dit jou tref en die gevolge is dikwels bitter sleg –dit mag oor ‘n dag of 7 jaar wees van nou af, iewers sal dit jou tref. Jy moet kan rou, jy moet kan sien wat het gebeur, jy moet kan sien hoe is dit verander en hoe is moeite gedoen om die name te onthou om in jouself vrede te kan vind.

Met respek en alle eerlikheid, as ons alles afbreek en afkap en verwoes wat ons bitter seer en skade berokken in die lewe, wat sal oorbly…

Lula224 ·

Hoekom dit net afbreuk? Breuk dit af en herbou dit met elke leerder se naam in n steen. Maak dit n gedenk brug om hulde te bring aan die wat gesterf het. Gaan soveel meer betekenis hê.

Peet Schabort ·

Pragtig Lula, ek glo dat die brug ‘n funksie het. Breek af en herbou maar met al die name wat betrokke was op die konstruksie aangebring. Dit kan selfs in die vorm wees van hande wat die loopvlak ondersteun. Maak dit ‘n bruikbare monument ter nagedagtenis.

Ag kom nou ·

Jesus het haar nie kom haal nie, swak instandhouding het, wee realisties man

Soekies ·

Ag kom nou……….en dink jy Jesus het daar geskok gestaan en kyk hoe sterf kinders?? Nee, selfs ons hare is getel. Alles het n doel, al verstaan ons nie nou nie, Hy sal iets goeds hieruit bring vir sy volk en kinders. Die oomblik toe dit gebeur, het hierdie pragtige kinders in Sy arms ingestap.

Pietman ·

Soekies se jy Jesus het dit laat gebeur sodat ons iets moet leer daaruit? Of…se jy dit het gebeur en nou gaan hy iets soekies vir ons om daaruit te leer?

Ek persoonlik dink dis net tragies. Daar is niks om te leer. Niks om hieruit te vat. Niks kumba-jaaaa. Soms suig die lewe net en daar is niks wat jy daaraan kan doen :.(

Gesiggie ·

Ek huil saam elke ouer wat n kind verloor het in die Tragiese gebeure… my hart gaan uit na jul, vir al die hartseer wat jul moet deurmaak, al die vrae en verlange… en aan die kinders wat nog herstel in hospitale, Jesus neem hierdie kinders in U arms omvou hul met U liefde en genees hul in Jesus naam, U weet hoe kosbaar hul is. Mag die genade van Jesus met jul wees nou en altyd… hierdie storie het my hart geruk, en ek gun aan geen ouer om n kosbare skat soos n kind te verloor.

treurgrond ·

Ek stem saam met Lula – hoekom dit afbreek – herbou dit met elke leerder se naam in ‘n steen. Stem saam Lula. Dan sal hulle beslis onthou word. Gisteraand het ek na die eerste begrafnis op TV gekyk – ek en my ma het saamgehuil. Hierdie storie vat helemal aan ‘n mens se hart. Helemal.

Anoniem ·

Ek voel jammer vir elke ouer wat in rou gedompel is, en nie net ouers nie, grootouers, nefies, niggies, maats. Het enigiemand al met ‘n ander perspektief gekyk na die saak? Daardie brug kon eers daardie naweek geval het, dit kon geval het terwyl die kinders in die saal was, selfs na die kinders reeds in hul klasse was, maar dit het gebeur op ‘n sekere tyd, op ‘n sekere dag. Ons almal gaan eendag doodgaan, dis nie vir ons om die metode van heengaan te bevraagteken nie, ook nie om God se plan met ons lewens te bevraagteken nie, maar slegs te vertrou dat God ons lewenspaadjies uitgewerk het en dat sy Genade en Liefde, vir ons altyd genoeg sal wees. Stop die nare kommentaar.

Rits ·

Dit is ‘n goeie idee om nuwe brug met name op te sit, maar wat my bekommerd is die vertroue om op daardie brug te loop. – al is dit nou nuut of herstel. Ek weet nie of ek dit weer so kon reg kry nie en sou seker tyd neem. Die kinders ek hoop regtig dat elkeen van hulle goeie ondersteuning en hulp van almal sal ontvang
Eks regtig jammer dat so tragedie hulle moes tref. Dit is so hartseer.

Louis Cloete ·

Liewe vriende en mede lesers, kom ons berus by die feit dat dit wat by die hoerskool gebeur het, ‘n tragiese ongeluk was wat niemand voorsien het nie. Kom ons rou en simpatiseer saam en los die klippe waar dit hoort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.