Video: Driejarige hou kunsuitstalling

Tallulah Hamman en haar pa, FC Hamman (Skermskoot uit die video)

Tallulah Hamman en haar pa, FC Hamman (Skermskoot uit die video)

‘n Driejarige van Hermanus het kunsliefhebbers aan die praat met haar handewerk. Klein Tallulah Hamman se ouers hoop sy kan ander kinders inspireer met haar passie vir verf.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek probeer gereeld kyk of ek nie die een of ander prentjie sien in die wolke bokant my maar ek glo nie dat my verbeelding goed genoeg gaan wees om Tallulah se handewerk te waardeer.

SNEL ·

Ek stem, klink vir my soos Die koning van Katoren se storie. As dit kunswerk is; daar is baie jong kunstenaars daar buite. Hierdie een ken net iemand op die regte plek en swape wat “oe” en “a” daaroor. Ek weet dis n kind, maar dit is presies hoe n driejarige verf en aangaan, niks nuuts en niks besonders. Weereens, dis wie jy ken wat partykeer n deur vir jou oopmaak of jy nou briljant is of nie.

Pietertjie ·

Ja. Ek hou van daai een “skildery” met die klomp lang egalige reguit hale geel verf-spatsels: net ‘n grootmens met lang arms en ‘n groot swaar verf-kwas kan so-iets regkry

Ekke ·

dit is nou n klomp twak,gee enige 3 jarige n paar blikke verf en jy sal n oordaad van kunswerke he.

Henri ·

My huis se een muur is ook deur my kinders geskilder nadat hulle hul vetkryt uitgetoets het. Ek dink die skilderye op hul agterente het beter gelyk.

pop ·

alle driejariges het n passie vir verf. Mens moet net keer of hulle voer die passie net te ver. My kleinkind het selfs haar ouers se oprit beskilder. En boeta SY het nou n talent. Sy kan op sement, mure, vloere, leer banke , hout meubels, en wraggies, selfs op papier skilder. Die allermooiste kleure!!!!!!

CHRISTA ·

Haar ouers moet nie als vir liefadigheid skenk nie. Hulle moet ook vir haar ‘n fonds skep wat haar in staat sal stel om verder te studier sodra sy klaar is met skool. Studeer sal dan amper ONBETAALBAAR wees.

MARIETTA ·

Ek dink dis belangrik in ons gejaagde wêreld om weer tyd vir kreatiwiteit te maak. Jonk en oud kan hierby baat vind. Dis is ontspannend en terapeuties en so nodig in ons moderne bestaan. Kuns en musiek kan n groot rol speel om ons en ons kinders se lewens te verryk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.