Video: ‘Dronk’ polisieman ry in voertuig, druk jong man van pad af

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal in amptelike uniform is op video afgeneem waar hy glo dronk bestuur, met ʼn sigaret in sy hand en ʼn vuurwapen op sy skoot, in ʼn privaatvoertuig.

Phil Tomlinson, ʼn inwoner van Pinetown wat die video op sosiale media gelaai het, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het Donderdag omstreeks 05:45 in St Johnsrylaan in Pinetown plaasgevind.

Hy het gesê sy seun, Justin (27), het bestuur toe die beampte in ʼn wit Volkswagen hom byna van die pad af gedruk en ʼn ongeluk veroorsaak het.

Justin het die beampte konfronteer en sy selfoon gebruik om ʼn video van die beampte, wat dronk voorgekom het, te neem.

Op die video kan ʼn mens hoor hoe Justin die beampte vra hoekom hy met sy vuurwapen op skoot bestuur. Hy vra die beampte vir sy kaart, waarna die beampte wegjaag.

Tomlinson het gesê die beampte het glo ook probeer om Justin om te ry toe hy weggejaag het.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die polisie is bewus van die video en het ʼn interne dissiplinêre ondersoek van stapel gestuur.

“Ons beskou die optrede van die polisiebeampte in ʼn baie ernstige lig en sodra hy opgespoor is, sal hy sy gedrag aan ʼn dissiplinêre tribunaal moet verduidelik,” het Naicker gesê.

[wpvideo OkXg8zDM]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

LM ·

Die laaitie was daper om dit te doen aleen teen pad met n man met n gun op sy skoot.

LM ·

Die laaitie was daper om dit te doen aleen teen pad met n man met n gun op sy skoot.besef die laaitie watter gevaarlike game hy besig meen was.

Theresa ·

Jy was baie dapper gewees hoor. Dronk was hy beslis. Wonder net die doel van die vuurwapen op die skoot???? Weereens – die untouchables!! Amazing!!!

Tammy ·

Die video spreek boekdele. Hierdie polisieman sal moet verduidelik. Hy kan nie langer vir die Suid Afrikaanse Polisiediens werk nie, want hy is n skande vir sy werkgewer. Hy het sy werkgwer n lae hou geslaan. Sies, Gaan daar weer n verskoning vir sy vrot gedrag opgemaak word? Wonder maar net.

Maronel ·

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal…. Was die beampte blank, sou die berig gelees het: ‘n Wit Polisiebeampte …. Wys jou net wat kleur kan doen. Al het ons nie die video gesien nie, kon ons net raai dat dit Swartpiet was….

CHRISTA ·

En dis die mense wat wet en orde moet toepas. WAT ‘N GRAP!!!

Peet Schabort ·

Onthou hy is “above the law” net soos verkeerspolisie aan my gesê het toe ek in ‘n padblokkade naby Secunda wou weet waarom die woonwa wat hulle op die toneel gebruik nie die glimstroke het soos deur die wet bepaal.

Vanessa Curlewis ·

“…sodra hy opgespoor is, sal hy sy gedrag aan ʼn dissiplinêre tribunaal moet verduidelik” – die SAPD weet nie waar hulle lede is of die spesifieke polisieman het verdwyn?

Erika ·

Onthou net om alle SAPD lede nie oor die selfde kam te skeer nie.

Francois ·

Erika; Ongelukkig maak een vrot appel al die ander ook sleg. Plaas van sy “buddies” wat hy nou so verneder het hom bietjie vasvat. Dalk sal ander dan twee keer dink voor hulle, hulle makkers se naam ook deurtrek.

Louis ·

Die polisie is indirek verantwoordilik vir die misdaad in die land. Hoeveel misdaad word vandag gepleeg met polisie se vuurwapens wat verlore gaan

In die naam van regstelling word daar kriminele in die mag aangestel

CHRISTA ·

Louis, daar is telke male bewys dat die polisiebeamptes wat hulle vuurwapens ‘verloor’ dit VERKOOP en dan as ‘verlore’ aangee.

Mariana v T ·

Verlore? Ha ha ha dis die beste ooit. Verklaring sal seker soos volg wees; Verlore polisie beampte gevind familie en vriende oorstelpd van vreugde Rede vir optrede; werk stress, onderbetaald en oorwerk agv te kort aan genoeg lede by sy betrokke stasie.
Straff: 2jr vol betaalde stress verlof en sielkundige evaluasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.