[Video] Droogte: Dringende ingryping nodig, sê DA

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die DA sê die droogte is ‘n ekonomiese en humanitêre krisis – nie net vir kommersiële boere nie, maar vir álle Suid-Afrikaners. Die amptelike opposisie sê die regering versuim om behoorlik op die krisis te reageer.

Lees ook: SA gaan dalk 6 miljoen mielies moet invoer

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Divan

Die opskrif het ongelukkig nie die woord “ton” bevat nie, vandaar die verwarring. Die inhoud van die berig het korrek gelees.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marko Miladinovic ·

6 miljoen TON mielies or tewel 6 biljoen kg of as jy nie weet hoeveel dit is nie dit is 6000 miljoen kg , in elk geval die DA is die ANC wat vermom is.

chrisp ·

Die DA steun die grondhervorming dalk wil hulle daar die verskil maak.

Maddox ·

Ek weet nie waaroor kla die mense so nie, die rakke in die supermarkte is mos vol, waarom worry….dit is mos hoe 90% van die land se mense dink….. Al wat ek weet, is donker tye le vir ons voor.

Henri ·

Ja Swaer, Tipies van ons SAners, siem altyd die negatiewe eerste raak, kan nie maklik saamtrek nie, van die Groot Trek af al. Afgestig hoe verder daar getrek was, Elkeen weet beter as die ander, gaan lees maar weer die geskiedenis…. En wie onthou die groot oorlog wat sou kom in ’94, almal het gekoop en gestoor, huise vol blikkieskos, kerse, olie, generators vir yskaste, petrol, noem maar op, soveel dat winkelrakke leeg vas en almal het ‘ge-panic’ …..en toe, vir hoe lank was diegene toe verplig om die noodvoorraad eers op te eet voor daar weer geld was om gewone kos te koop? Wees eerlik, was jou familie onder hulle?
Ek was nie. Op daardie stadium was ek enkellopend, het van wegneem-en padkafee etes geleef en kon nie ‘n eier bak om my lewe te red nie, (kan nou nog nie) Van my goeie vriende het aangebied om darem vir my kos te gee. Ek het hulle bedank en gese dit sal nie nodig wees nie . Agterna wou hulle weet hoe ek dit geweet het, maklik, vra vir God, nie die AWB of ander mense nie. Hierdie artikel gaan oor voedsel, vir die hele bevolking, nie net vir jou of jou gesin nie, kom ons probeer selfsug uit die prentjie hou, net vir nou, asb?
Gegewe Die cANCer is die regering wat duidelik uit finansieele oogpunt net op self-verryking, kader-bevoordeling op alle vlakke, ens ingestel is en ‘n ystervuis om die totale beursie het en waaraan nie eens die opposie kan vat nie, Skat ek ons moet hierdie een kans wat daar nie gou gaan kom nie aangryp en saamstaan en saamstem (al stem ons nie oor AL die klein verskille saam nie, “don’t sweat over small stuff”) vir die opposise met ‘n sienbare rekord, nie net op papier nie, maar in werklikheid en ek glo ook ‘n minder onwrikbare siening as die van Party eerste, Regering tweede en bevolking …………”maybe eleventy-something….hehehehe”
Ek glo as ons regtig saamstem en glo, sal ons ons land kan verander, al is dit stukkie vir stukkie…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.