Video: Droogte knou Vrystaat, Noordwes

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Boere in die Vrystaat en Noordwes sê hulle gaan min of selfs niks van hulle mielies kan oes nie. Groot dele van dié provinsies beleef ‘n erge droogte.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stefan van Huyssteen ·

Die boere beweer hulle het insetkoste gehad maar wil dat regering hul finasieel bystaan.Deel van Insetkoste is Multirisikoversekering wat droogte dek.
Voorwaardes is natuurlik moes geplant het voor ‘n sekere tyd en die regte landboupraktyke toepas alvorens hul gedek is.
Landbouers moet vir ‘n slag voor hul eie deur vee en vra moes ons nie verseker het nie.maar wil meer wins maak en dus verseker hul nie. Droogte is mos risiko waarvoor verseker kan word

Anthony ·

Ag Stefan, jy weet nie waarvan jy praat nie. Jy kan verseker teen droogte maar jou premies is baie hoog. Baie van die boere gaan hulle grond verloor as hulle nie ‘n oes afhaal nie, daar gaan ‘n tekort aan voedsel wees. Wonder wat jy dan gaan se grootbek!

Jan Coetzee ·

Hier wes van Lichtenburg wil hulle ons nie vanjaar multirisiko dekking gee nie, ons het vir twaalf jaar geen eise gehad en toe hulle die vorige jaar eise ontvang toe hardloop hulle nou weg , want hulle sê risiko is te hoog . Hulle vergeet van al die jare wat ons betaal en hulle net geskep het, as daar vanjaar nie n oes is nie is daar groot moeilikheid in die weste.So Stefan doen eers jou huiswerk voor ja aannames maak.

Dana Roothman ·

Met die grootste belangstelling luister ek na die nuus insetsel na die boere se pleitdooi om droogte hulp van die regering want daar is geen reën nie. Toe kom net die gedagte by my op daar staan drie boere bymekaar GOD sê vir ons duidelik waar 2 of meer in my naam vergader daar sal ek teenwoordig wees en as julle in MY glo kan julle vra net wat julle wil hê en ek sal dit vir julle gee. Nou wonder ek net hulle staan in die droë land, wat van GOD nader in verootmoediging op jul knieë net daar in die land hande gevat en bid vir reën. Vra maar net

Anthony ·

Hulle het laas week ‘n biddag vir reen in baie van die gebiede gehou! God sal voorsien op sy tyd nie ons sin nie!

Rian ·

Salaristrekkers moet verstaan dis soos om skielik te hoor jy word nie vir die volgende 12 maande betaal nie EN jou huis wat jou 20jr geneem het om af te betaal, moet nou weer betaal word. Dis hartverskeurend! Laat ons woorde min wees en ons gebede opreg. Sterkte aan al ons mede boere…..veral daar in die Weste. Mag ons genade ontvang.

Johan Rautenbach ·

Multirisiko versekering word bereken teen 66,6% van jou langtermyn gemiddelde opbrengs en help nie juis veel nadat die baie hoë premies en verpligte safex kontrak kostes ook nog daarvan afgetrek word nie. Dit is baie duurder en moeilik bekombaar vanjaar na die afgelope paar jaar se massiewe uitbetalings deur versekeraars omdat hulle nie genoeg herversekering gehad het nie . Boere is gelowige mense en gebed , bidure en kerkdienste word tans intensief gebruik om by ons Here te pleit vir uitkoms, maar dit bly moeilik om intussen te sien hoe die mielie oes besig is om totaal te vergaan. Hierdie droogte gaan SA se boere en verbruikers geweldig knou terwyl die groeikoers en werksgeleenthede gaan steier daaronder. Stefan, ek wil net graag vir jou sê dat landbouers al lankal voor hul eie deur probeer vee sonder enige staatshulp, maar dat hulle nou gebuk gaan onder geweldige aanslae van alle kante af en nou lyk dit nog asof hulle min of geen oeste gaan hê nie. As voedsel sekuriteit vir die staat belangrik is, sal daar vanjaar baie dringend op hoë vlak na staatshulp gekyk moet word omdat die voorbestaan van duisende graanboere tans op die spel is.Teen hierdie insetkostes van vandag is winste nie meer op die tafel nie, slegs oorlewing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.