Video: Droogte nog lank nie verby nie

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die droogtedae in Suid-Afrika is nog lank nie getel nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê daar’s geen groot hoop vir ‘n nat somerseisoen nie, en skryf dié nuus toe aan ‘n verandering in wêreldwye weerpatrone.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan ·

Almal van ons weet dat Ons Vader God sal voorsien op sy tyd. Ons almal is bewus dat alleenlik Hy is die voorsiener van water. Baie van God se volk verstaan nie, ken nie die Koning naamlik Christus Jesus nie. Ons wat Sy Naam aanroep sal nooit ooit beskaamd staan nie. SY ARM IS NOOIT TE KORT OM TE HELP NIE EN SY OOR NOOIT DOOF OM TE HOOR . Amen.

Johan ·

Heer, hoor ons smeekgebed vir reën.
Mens, dier en plant staan afwagtend op U genade.
‘N droeë graspol waai vermakerig verby.
‘N tinktinkie wip van die skrik.
Die grond is hard en droog.
Stof waai oral deur elke gaping in.
Heer, hoor ons smeekgebed in hierdie dag.
Laat U genade oor ons neerdaal en lafenis bring.
Heer, die son se strale bak oor die dorre aarde.
‘N bok waak oor haar pasgebore lam.
Waar sal sy water kry vir haar lam ?
Die bobejaan sit op sy klip, kyk ver oor die dorre veld.
Die groot akkerboom wonder waar
gaan hy krag kry vir sy nuwe
blare.
Heer, ons smeek vir U genade.
Heer, stuur asb U wonderwater oor die aarde.
Heer, raak ons aan en verhoor ons smeekgebed.
Mens en dier en veld wag vir die gedruis van die rivier.
Almal wag inspanning vir die hemele
om U wonderwater te sprei
Heer, ons dank U want U genade is groot.Amen en Amen

Karma ·

Mense, asseblief …. As daar gepraat word van die droogte, wees meer spesifiek. Dit is in SEKERE AREAS in die land nog baie, baie droog, maar nie hier in die Wes-Kaap nie. Ons damme is 100% vol, die wingerde is aan die uitspruit, die veld is groen en nou vol lente-blomme, die riviere kabbel vrolik … Baie sterkte aan die boere in Noord-Wes, Mpumalanga, Limpopo en KZN waar dit nog so droog is. Kom ons hoop dat die ‘droë’ somer nie waar gaan word nie en dan die donderwolke sommer eersdaags gaan opbondel en seen bring.

Droogte ·

Karma, waar in die Weskaap bly jy? Die Weskaap het die ergste droogte in baie jare, verlede winter het hier GEEN reën geval nie, ek kan die reëndae op my een hand tel. Hierdie jaar het dit baie laat begin en reën dit ook net 1 dag elke 2-3 weke. Ons het nog BAIE water nodig voor die Weskaapse damme 100% vol sal wees. Net Steenbras bodam is 100% vol, die res is tussen 52-70% vol. Dit gaan nie deur die somer hou nie. Waterbeperkings is weer ons voorland. Die Bergrivier loop ‘n smal stroompie want die dam in Franschhoek is maar 67% vol. Ander jare die tyd het alles al oorstroom, paaie is gesluit, ens. Ek hoop en bid ons sal nog baie reën kry tot diep in die lente. In 2004 het ons nog sneeu gekry in November, so enigiets is moontlik. Ons kan maar net bid dat daar verligting kom in al die dele van die land waar dit nodig is.

JC ·

O NEE, net nie dit nie…ag nee!
Miskien sal dit eendag weer reen wanneer zuma uit die kussings gelig word…?

Karma ·

@Knersus, warrehel het die DA se regering hier met die droogte in die res van die land te doen? Ooohhh ja, ek sien: julle is mos lekker jaloers omdat die WK die enigste werkende provinsie in die land is, waar ons paaie nog geteer is en ons nog lopende water en elektrisiteit (geen beurtkrag tans by ons nie) ens. ens. het.

@Droogte – ek woon in die noord Boland. Hier is dit regtig ‘n lus vir die oog. Kyk, ek sal nou nie sê ALLE damme in die WK is 100% vol nie, maar dit lyk regtig baie mooi. Die wingerde begin al groen te raak, die gras staan knie-hoogte en die botterblomme is vol in blom. ‘n Boer is mos maar ‘n ding wat jy nooit tevrede kan stel nie: as dit nie te nat is nie, is dit te droog, as die wind waai, droog dit die bogrond uit, as die wind níé waai nie gaan dit nie gou reën nie en as die son skyn is dit te warm en so aan ….. Kyk, ek voorspel ons gaan nog baie reën kry – ons seisoen is ‘n maand laat. So hou vas en hou hart, hier kom nog lekker watertjies

werner ·

Wat is Angus Buchan se voorspelling? Hy het mos laas die droogte help breek

Rina ·

Geen mens kan dit doen behalwe God alleen. Angus is net gehoorsaam om Vader te soek en te vra vir genade. Mag hy ook bid vir genade vir jou

dankbaar ·

Ons dank U al reeds vir die wonderlike reens wat U ons Hemelse Vader hierdie somer vir ons gaan gee. Amen en Amen

Koos ·

Ontsouting aanlegte by die kus met pypleidings na die binneland hoe gouer hulle begin hoe beter

Petrus Oppiwater ·

Dis ‘n mooi gebed Johan! Ek sou net wou byvoeg: “vergeef ons ons sonde o Heer; met opregtheid wil ons ons tot U bekeer”…

Nel ·

Dis soos julle daar se Petrus en Johan – die Here gee reën (Jer. 14:22), en weerhou dit ook indien ‘n volk in goddeloosheid verval (Jer. 3:2-3). Wanneer daar dus om reën gebid word, moet dit met verootmoediging gepaard gaan.

koos ·

Alleen dieHere kan ons genadig wees en ingryp in die situasie.Laat ons in afhanklikheid voor Hom buig totdat Hy ons genadig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.