Video: ‘Duduzane vervolg om Jacob Zuma te straf’

Duduzane Zuma, ʼn seun van oudpres. Jacob Zuma, het Vrydag vlugtig op ʼn aanklag van strafbare manslag in die Randburg‑landdroshof verskyn.

Die saak spruit uit die noodlottige voorval in 2014 waarin Zuma se Porsche met ʼn taxi gebots en die dood van die Zimbabwiese burger Phumzile Dube veroorsaak het.

Die beskuldigde is Vrydag by die ingang na die hof afgelaai; vergesel van sy pa en ʼn groot aantal lyfwagte in swart pakke geklee.

Die saak is tot 24 Januarie aanstaande jaar uitgestel vir voorverhoorverrigtinge.

Ná ʼn vlugtige verskyning het Zuma by die hof uitgekom en vir foto’s poseer saam met ondersteuners, onder wie lede van die organisasie Black First Land First (BLF).

“Wit mense maak dat swart mense veg,” het Andile Mngwitama, BLF-leier, buite die hof geskree. “Ons sal ʼn oplossing vir swart mense kry. Wit mense verdeel ons. Alle swart mense van die DA wat buite die hof was, was mal oor Duduzane, nes ons.”

Hy het beweer Duduzane Zuma se vervolging is ʼn doelbewuste poging om sy pa te straf.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wonder net ·

Aag tog alweer uitstel taktiek!!!! Net vlugtig in die hof verskyn. Dit help niks.
Waarvoor al die lyfwagte in so vredeliewende land? Wie betaal hulle salarisse?
As Mnr’e Zuma se lewens so in gevaar is dat lyfwagte nodig is waarom dan poseer vir foto’s. Jy is mos ‘n oop teiken terwyl jy poseer. Sommer alles net vir pure vertoon.

Vir die BFLF mense wil ek net sê : “Wit mense maak nie dat swart mense veg nie. Daar was nog altyd stamgevegte”

Dries du Toit ·

RERIG JOHAN. GAN GOOGLE BIKI AFRIKA GESKIEDENIS. MENSE SOOS JY MAAK MY SIEK

De Villiers ·

Die absurde redes wat BLF aanvoer is juis om rassespanning aan te blaas om hul haat teenoor blankes te regverdig. Iemand moet altyd die blaam vir hul foute kry, net nie hulleself nie. Die blankes het in elk geval niks te doen gehad met die feit dat Duduzane probeer korrup wees nie, nou waarom ons blameer? Om iemand te blameer wat nie verantwoordelik is vir die probleem nie, dui net daarop dat jy iets probeer wegsteek waaroor jy eintlik skuldig voel.

Jacques ·

Siestog , word groot en trek aan jou grootmens broek en vat jou pak vir die dood op jou hande . Ek wil net egter graag weet hoekom hy nie in die tronk bly tot sy volgende hofdatum nie , soos die boer van Mosselbaai en ander mense wat iemand se lewe geneem het nie . Dit is belaglik om die minste te se .

Jessica ·

Why is he walking free after killing a human been, so let everyone out of jail let them walk free to, what counts for one counts for all, is it because his dad the fraudster was the x precedent, wow what a big fat joke put them both behind bars for the rest of their life’s they both crooks and leave the stink comments behind about the whites.

ag jes ·

vat tog jou derderangse engels toilet toe as jy Afrikaans kan lees, kommentaar sommer in Afrikaans ook. ek kan aflei dat jy Afr sprekend is

Johann cb ·

Hy sal alles doen om simpatie te kry! Pappa sit net om die draai en kyk met trane in sy oë na sy onskuldige kleinding…

answa ·

En dis hoekom ek nie weer die fout sal maak om DA te stem nie

Hoe nou....... ·

Ek glo hulle verstaan wat die klag beteken nie…….manslag beteken nie dis wit teen swart nie. Hy het aangejaag en nou moet hy sy pak vat! As die hof iemand kan vonnis wat iemand lewendig in n doodskis sit kan hulle hom seker vonnis vir manslag – dink sy klag is bietjie erger? Dink nie daar was genoeg lyfwagte nie……..ek betaal vir 20, ek sien nie 20 nie….?

Pop ·

Bflf, kry n ander deuntjie. Ons soek ook vir die witmense n oplossing??

Anoniem ·

Dis net snaaks om te dink dat dit ‘n groter misdaad is om iemand te vloek want dan word jy sommer daar in hegtenis geneem en toegesluit, maar as jy iemand se lewe neem vat dit jare en jy het vrye teuels om te maak en breek soos jy wil. Hoe kan dit moontlik so lank vat om n besluit te neem en die persoon die regte straf te laat uitdien.

alida ·

Genade nou wie is hierdie moordenaar dat hy soveel manne in swart pakke nodig het. Die klere wat hulle aanhet kos meer as my jaarlikse salaris. Praat nie eers van die karre waarmee hulle daar aangekom het nie. Hoekom is hy nie in die tronk nie!!!!!!!!!!!!!!!!!

Pieter ·

Miskien is dit nie wit mense wat swart mense verdeel nie, maar korrupsie?

Ryan ·

Hy moet eintlik vir moord aangekla word. Verkeerd zuma jr, jy word gestraf omdat jy iemand se lewe geneem het deur jou nalatigheid. En hierdie was nie ‘n “necessary evil” nie.

Alida ·

En dit nogal met n Porsch! Wonder of die Guptas die ou karretjie gesponser het.

Nita ·

Nes wafferse Mafia base. Ek wonder wie betaal vir die magsvertoning?

Von ·

Nou wonder ek net waar is die verantwoorbaarheid…. so ver my kennis strek is iemand agv sy handeling oorlede?

Buda ·

It was an accident people!!!!!!!!!!. This happens to all of us. If somebody gets locked up every time someone is killed in a car crash our jails would be full. Julle is haatdraend mense.

Budapest ·

Dis hoekom die klag een is van manslag….. vat n bord, breek hom op die vloer. Se nou jammer. Is die bord weer heel?

En nee, buda, “it does NOT happen to all of us”…. gaan span jou draad waarop jy sit iewers anders……

Sarel ·

Tipies Afrika, my pa is die koning en daarom is alles reg wat hy en sy familie doen. Ons is Diktators!!!!! Ons moet egter baie demokraties behandel word.
Ek het my eie swart mense leed aan gedoen maar onthou my pa is die koning ,so wat daarvan, hulle is ons eiendom(slawe)
Wees tog eenslag veantwoordelik en vat jou pak.
Sies vir sy ondersteuners wat geen gevoel toon vir die oorledenes se families nie en hulle in hul nood versaak. Nou ja dit is mos maar die “Locus” van beheer .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.