Video: Duikboot in die strate van Milaan

Foto: Youtube

Foto: Youtube

ʼn Duikboot in die middel van die straat. Dit was die vreemde gesig waarmee inwoners van Milaan in Italië vroeër die week begroet is.

Inwoners het geskok gestaan en toekyk terwyl matrose deur reddingswerkers en brandbestryders uit die duikboot gehelp is. Dit was toe egter niks minder as ʼn waaghalsige publisiteitsfoefie deur Europ Assistance in Italië nie. Die foefie was deel van hul ‘Beskerm jou lewe’-veldtog. Europ Assistance bied internasionale reis- en gesondheidsversekering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.