Video: Duisende bale voer ‘aan die brand gesteek’

Sowat 2000 bale was die afgelope naweek op Elmien en Corné Kriek se plaas in vlamme gehul. (Foto: Verskaf)

Sowat 2 000 bale voer is Sondag in ʼn brand op ʼn plaas naby Meyerton, Gauteng, vernietig. Elmien Kriek en haar man, Corné, glo die voer is opsetlik aan die brand gesteek.

Kriek het Sondag video’s van die voorval op Facebook en TikTok gedeel wat sedertdien wyd versprei het.

“Dis wat die land se mense aan jou doen. Al ons voer, 2 000 bale, gone,” het sy huilend in een van die video’s gesê.

Volgens Kriek het sy en haar man Sondag omstreeks 03:00 ’n oproep van die buurplaas ontvang dat hulle voer aan die brand is. Die egpaar bly sowat 7 km van dié familieplaas af.

“Ek en Corné het dadelik soontoe gejaag en was gereed om bale wat dalk nog gered kan word te skuif.

“Tot ons verbasing was al die bale en skure reeds in ligte laaie. Elke liewe hoop was aan die brand gesteek.”

Kriek sê dat ’n afsonderlike brand reeds Saterdagaand op die plaas “gestig” is, maar deur familielede geblus is voordat dit die voer bereik het.

Al die bale asook die skure is in die brand vernietig. (Foto: Verskaf)

Sy vermoed dat die brand moontlik met die toemaak van ’n sjebien naby dié plaas verband hou, hoewel hulle geen bewyse het om dit te staaf nie.

“Die Meyerton-polisie het Saterdagaand ’n sjebien in ’n onwettige plakkerskamp naby ons plaas besoek en toegemaak.”

Volgens Kriek het hulle die polisie Sondag na die plaas ontbied om ’n saak van brandstigting aanhangig te maak, maar kan dit glo weens ’n tekort aan bewyse nie ondersoek word nie.

Konst. Tlaleng Moloi, polisiewoordvoerder, kon dit nie by navraag bevestig nie.

Brandweerdienste was volgens Kriek binne minute op die toneel en op bystand indien die brand verder sou versprei.

Die brand het sowat 2000 voerbale vernietig. (Foto: Verskaf)

“Die voer wat gebrand het, het ons sedert die begin van die jaar bymekaargemaak sodat ons beeste genoeg voer sal hê om hulle tot die volgende reënseisoen deur te dra.”

Die organisasie Boere Droogtehulp SA NPC het vandeesweek ingespring om hulp te verleen deur twee vragte voer te skenk.

“Ons het gister (Dinsdag) 105 bale van 1m3 elk afgelaai. Dis maar ’n druppel aan die emmer, maar ten minste kan hulle weer voortgaan. Ons beplan om later met nog bale te help.

Die organisasie, Boere Droogtehulp SA NPC, het 105 voerbale geskenk. (Foto: Verskaf)

“Ons besef die skok en groot hartseer agter so ’n gebeurtenis en daarom het ons besluit om hulle by te staan. Om nie te weet wat jou diere môre gaan eet nie is ’n enorme, hulpelose gevoel. Dis amper onmoontlik om dié gevoel te beskryf,” sê Chris van Beljon, bestuurder en stigter van dié organisasie.

“Ons kan ons dankbaarheid nie genoeg betuig nie. Julle is engele gestuur om ons te help,” het Kriek oor Boere Droogtehulp SA se skenking gesê.

Volgens Kriek is hulle ook deur verskeie ander lede van die gemeenskap bygestaan.

“Daar is so baie mense wat ons te hulp gesnel het, vreemdelinge wat nou vriende geword het.”

Posted by Elmien Kriek on Sunday, June 20, 2021

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Elize ·

Mens kan sulke onmenslikheid nie begryp nie!!! Dit raak net te veel maar dis mense wat sulke dinge doen wat eerste bakhand sal staan vir kos. Wat se haat dryf jou???

E ·

Kry tog nou net sekuriteit of iets, want anders doen hulle dit net weer. Nou moet die mense vir sekuriteit ook betaal.

Piet parys ·

Sekuriteit is onbekostigbaar duur . Jy kan nie die terroriste keer nie want hulle maak net weer ander planne om verder te vernietig. Maak ander planne

Pieter ·

Wanneer gaan ons blankes standpunt in neem ek weet nie meer nie.

Windhond ·

Wat se standpunt wil jy he? Almal se ons moet iets doen, gee raad?

Tia ·

Gee ‘n voorstel van HOE ons moet standpunt inneem, EN gee sommer ook ‘n voorbeeld van waar die regering hulle al OOIT aan ‘n standpunt gesteur het?

Aai ·

Baie jammer om dit te hoor dit is baie erg maar hoekom dit reg langs ‘n pad sit (soos foto) waar enige iemand verby kan ry en dalk stompie kan gooi of aansteek?Ver van jou eiendom naby aan jou skade soos hulle se.

anniekiewiet ·

Ek sien jy probeer verstaan, dalk sal dit help as jy self gaan kyk. Op plase is als nie vir sommerso nie.

Mariana ·

Maar my magtig hulle behou sekerlik die reg om hulle goed te sit waar hulle goeddink. Geen mens het die reg om ander se goed sommer net te verbrand nie. Dit is wat nou in ons land aangaan. Hulle mag maak en breek nes hulle wil en ons moet tevrede wees. Dit is van tevrede wees om altyd die spit af te byt dat hierdie land nou deur kriminele regeer word. Ons staan net altyd terug….

Aai ·

Daar is nog geen bewyse dat dit opsetlik aangesteek is het net ‘n vraag gevra hoekom so naby aan pad?Daai pad is donker niemand kan sien dat daar stoor is seker so kon stompie gewees het se nie dit is.

Tia ·

Wie se dis ‘n openbare pad? Op ‘n plaas is daar orals paaie, want hoe de ongeluk moet die werktuie op die verskillende dele van die plaas kom?As hulle jou wil skade aandoen sal hulle enige plek loop om dit te kom doen.

Kokerboom ·

My innige meegevoel met die boere se verlies. “n Mens moet darem ‘n bitter goeie mens wees om deesdae nie haatdraend te wees. Landbou sal ‘n totale nuwe bedryfstrategie moet implementeer.. Landbou sal DRINGEND die besigheid van plaasbestuur moet herbesin en strategiee implementeer om die ANC aanslag af te weer

Mariana ·

Fantasties, so geen bewyse beteken dan nou seker geen ondersoek in geheel. Wow is ons polisie nie te wonderlik wanneer dit by plaasaanvalle en dies meer kom nie. Wat ‘n skande is hulle nie. En so sal dit voortgaan en geen haan sal hierna kraai nie. Verdomde patete. Kriminele.

gpsa ·

Wat anders as brand stigting kan dit wees. Hoe anders is dit moontlik vir bale so uit mekaar om gelyk te brand. Dis duidelik soos daglig.

Samuel ·

Dit is werklik hartseer. Dit maak my woedend om so-iets te lees. Is dit nie maar wat die ANC wil hê nie. Nou kan die saak gerieflikheidshalwe nie ondersoek word nie. Pffft.

Marshall ·

Secession the ONLY VIABLE STRATEGY. There is no parameter of wellbeing in which Apartheid was not better for ALL the people in SA than the current multicultural death spiral. Apartheid was destroyed by the Internationalist Globalists, whos agents were centred in Johannesburg and Stellenbosch.

Anel ·

En die wonderlike regering en sy minister van landbou het nog nie ‘n woord gerep nie! Maar hulle v… t hulle pense oorvol elje dag. Waar dink hulle moet die kos vandaan kom? Val seker uit die hemel uit!

lollapot ·

Tragies… Om hulpeloos toe te kyk, hoe dit wat jy bymekaar gemaak het met bloedsweet, in as Verander…
My hart en gebede gaan uit na ELKE Boer in ons land!

Gert ·

Een haatlike gemors spul waarmee ons elke dag moet saamleef. Dit voel amper of death and destruction on voorland is!

Martie Smartie ·

Installeer nou vesreteekte kameras en ‘n alarm sisteem by julle voer reserwes, dalk ook brandbestryding sproeistelsel. En assuransie. Jammer maar dis wat Afrika verg van beskaafde mense

Anoniem ·

Nee, dit is die SAP se weergawe want hul beskerm weereens hul korupte broeders.

Miskruier ·

Ek jaag elke dag houtstelers weg, ek weet hul gaan my terug kry.

Tanniepetoors ·

Dit is in meer as 95% van brande moontlik om die oorsaak of ontstaan vas te stel. Hoekom sal dit nie hier vasgestel kan word nie? Wil voorkom of die bale nie almal onder een dak was nie, dan is brandstigting hoogs waarskynlik en moet die polisie ‘n ordentlike forensiese ondersoek doen. Hul slap houding is onaanvaarbaar.

AH ·

Die polisie wil deesdae nie meer betrokke raak nie want hulle moet dalk hul kollegas vasvat…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.