[Video] Duisende bid vir leierskap en reën by Voortrekkermonument

Geloftedag

Geloftedag

Duisende mense het by die Voortrekkermonument saamgekom om Geloftedag te vier. Daar is vanjaar spesifiek gebid vir verantwoordelike politieke leierskap en reën.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ludwig Visser ·

Dis wonderlike nuus oor die saamtrek by die Voortrekkermonument. Glo my, gebede het daardie dag landwyd opgegaan, van die kleinste gehuggies af, selfs hier by ons in Namakwaland.

Rynhardt ·

As jy nie hoop het nie, het jy niks.Die groot troefkaart bly die Here!

vermeende ·

Ek se die volgende met die grootste respek.

‘N gelofte moet betaal word en daar is geen maar nie!
Hoe straf GOD volkere, met droogte en met rampe.
Dit staan in die Bybel, as jy nie jou gelofte betaal nie dan sal dit jou sonde word.
Ek glo dit het ons sonde geword!
Alle sondes word deesdae reg gepreek onder die vaandel van menseregte en liefde.
Ons sondes het ons ingehaal want ons het mos van ons GOD ‘n geleentheid God gemaak, ken hom net wanneer ons probleme het maar as die oes goed was en alles is goedkoop en ons het ‘n lekker bonus op ons inkomste gekry dan is ons kerke leeg soos ons rond rits in die nuwe blink motors.
Gaan kyk self hoe leeg jou kerk is met dank dienste vir goeie reen en kom se dan ek praat snert.

Izzy ·

Alle eer aan ons Hemelse Vader, dat Hy so genadig was op daardie vreeslike dag.

Mag ons NOOIT Sy genade&liefde vergeet nie, mag ons hierdie dag altyd herdenk soos ‘n sabatsdag en mag ons, ons nageslagte daarvan vertel.

Hendrik ·

‘n Groot dankie vir die moeite om die verrigtinge op die internet uit te saai. Dit het my instaat gestel om dit hier in die VSA te volg en so my deel van die gelofte na te kom, al was dit een uur die oggend met ‘n voldag se werk daarna! Sewe duisend mense daar is ‘n mooi opkoms, maar ek wonder hoeveel Afrikaners daar nog vandag oor is, en hoeveel van ons ons nog gebonde aan die gelofte voel. Miskien isal dit nie ‘n slegte idee vir ‘n volgende Maroela media peiling wees nie.

Recitato ·

1 Sameul 8:7 .. en ons soek n koning oor ons , Ons het dan Zumas en Nelsons ens , dis mos waarvoor ons gevra het daar . Nie waar nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.