Video: ‘Duisende kan hul werk verloor’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Duisende werknemers in die pluimveebedryf gaan ‘n onseker toekoms tegemoet met werkgewers wat toenemend sukkel om kop bo water te hou.

Dit nadat die regering einde Desember besluit het op ʼn invoerheffing van slegs 13,9% op bevrore hoender, terwyl die pluimveebedryf vir 36% gevra het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk na eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

andrea van vuren ·

Wonder waar gaan Zuma en sy meelopers dan hul KFC en Nando’s vandaan kry?

zoom zoom ·

As ons moreoet gaan stem dan stem hulle weer vir die ANC. Die party gaan hulle nog kos.

Jan maak n Plan ·

Ons het darem n oulikke regering. Breek alles heeltemal af en bou net hulle eie sakke in die proses op.

J ·

Maatskappye se BEE is die oorsaak van ekonomie .Blankes wat 600 werkers het verloor kontrakte a.g.v hul BEE nie reg is nie. Maar dit sien die regering nie.

Paul ·

En wat van die miljoene mense wat weens die ekstra belasting geforseer word om veel meer te betaal vir hoendervleis, een van die enigste bronne van proteïene wat sommige mense kan bekostig?

Oor hulle stort niemand ‘n traan nie?

Zach Coetzee ·

Ja vra!! Wat doen bedryf namens die eindverbruiker om sy insetkostes te minimaliseer? Die pleister van tariewe maak nie op vir buitensporige insetkostes ten koste van die verbruiker nie.

Andre van Heerden ·

‘n Mens voel ongelooflik jammer vir mense wat hul werk verloor.
Ek wonder net of die regering weet wat hy doen as hy hierdie invoer belasting verhoog. Hoe bepaal hy die prys of is dit net bloot emosionele reaksies. Wie sê die kostes wat aan hulle voorgelê word van die lokale bedryf is realisties? Hoekom is dit dan so maklik dat ander lande ons markte kan betree? Op die einde van die dag gaan die pryse die hoogte in skiet en die mense wat die soort ding die minste kan bekostig, daar onder gaan ly. Ons moet nou maar aanvaar ons is deel van die globale dorpie is en dat ons ons huis in orde moet kry.

Ek se ·

Wat is die plan met die sluif.
Geen regering behalwe Zim en die ANC gaan uit sy pad om sy inkomste te verklyn nie.
Zum se nou al die belasbare inkomste in die berdreif op net om die massas van goedkoop kos te voorsien.
Mense wonder net hoe hulle gaan koop sonder inkomste.
Mens kan sien iemand het sy telraam gesteel.

Paul ·

En daar word absolute nonsens gepraat oor die “lae kwaliteit”.
As dit so lae kwaliteit was, dan sou mense dit mos nie koop en eet nie.

Wat hulle as “lae kwaliteit” beskryf, is eenvoudig die hoenderdye, hoenderboudjies en vlerkies. Dis goeie kos, dis g’n “lae kwaliteit” nie.

En “voedselsekuriteit” is ook ‘n absolute drogredenasie. Noem enige vooruitstrewende land in die wêreld en nie een van hulle produseer genoeg kos daar vir hul eie mense se behoeftes nie. Brittanje, basies die hele Europa, Japan, Korea, Hong Kong, noem maar op.
Al wanneer “voedselsekuriteit” saakmaak, is in oorlogstyd as jou vyand jou toevoer afsny, maar andersins maak dit geen sin om meer te betaal vir dieselfde kos nie.

Alwyn ·

Paul die probleem is dat SA nie kan kompeteer met ander lande se insetkostes nie.Ons mielies is duurder.Hoe kan jou produk kompeteer teen ander produkte as jy nie op dieselfde plek wegspring nie.Neem subsidies ook in ag.Ons sit met dieselfde probleem in die melkbedryf.Geen heffing op langlewe melk nie.Goeie boere verlaat die bedryf agv hierdie invoere.Jy gaan hulle nie vervang nie.

gatiep ·

Paul Europa het te veel kos want hulle is ook deur oubama se sanksies geslaan teen Rusland en hulle mag nie meer kos uitvoer na Rusland nie?so daar gaan ook plase en fabrieke toemaak.Die hele Europe moet swaarkry omdat hy en sy demokrate besluit het al manier om van Putin ontslae te raak is om sy land te verarm en gahos te veroorsaak sodat sy mense hom dan self uitgooi.Ek is so bly daai ou is weg uit withuis.
Oubama het ook vir zuma gedwing om daai hoender te vat hy wou nie.Ek kom nie op vir zuma nie want hy is net soos ander africa leiers.Druk net n paar rand onder hulle neuse dan raak hulle bene lam.Daar is n donker mag wat n kos tekort wil he in wereld.Daai gefrieste hoender sal ek nie koop dan eet ek eerder brood.
Daar word vreeslike skadelikke goed ingespuit sodat dit kan lankhou en nog steeds reg smaak.

Zach Coetzee ·

Ek stem saam met Alwyn. Die insetkostes bly te hoog. Wat help super hoe mielieprys as boere nie ‘n oes het nie vanwee droogte? Dit vernietig wel die stroom af bedrywe.

Paul ·

Niemand spring ooit op dieselfde plek weg nie, Alwyn. Waar eindig dit as jy altyd die regering, die groot man met die groot geweer, vra om die “onregverdige” mededingers uit jou pad te hou?

As insetkoste duur is in Suid-Afrika, dan moet die reëls wat die hoë insetkoste in Suid-Afrika veroorsaak, verander word. Indien dit nie kan nie, dan moet die “onregverdige” mededinging maar aanvaar word. Dis geen produsent se reg om die staat se mag te gebruik om sy mededingers uit te skakel sodat hy sy pryse kan verhoog nie. Maak nie saak of dit ‘n “goeie boer” is of nie.

andrea van vuren ·

Ons sal moet terugkeer na die apartheidsjare deur ons eie hoenderhokke in ons erfies te bou en ons eie hoenders vet te voer. Dis al. Glo my, dit gaan gebeur!

Rabes ·

Die pluimvee bedryf moet ‘n slag ophou om te kla en beter kwaliteit produkte plaaslik lewer. Die ingevoerde hoender wat ons koop is nie vol pekelwater gepomp soos die plaaslike produkte nie. Ons betaal bv. R60.00 / kg. vir hoender waarvan ‘n persentasie water is. So ons betaal bv. R60.00 vir ‘n liter water en dis ‘n skande daarom koop ek kwaliteit hoë gehalte ingevoerde hoender.

willem ·

rabes wat sal die rede wees dat die vervaardigers n liter water inspuit in n hoender? weet jy dalk?

Astra ·

Ek het onlangs van die brine hoender gekoop en geweeg. Na dit ontvries is en ek die water wat “uitgelek” weggegooi het, het hoender 25% minder geweeg. So mens kan eerder vars hoender koop en 25% meer betaal.

Zach Coetzee ·

Die rede vir die water-inspuiting is om op te maak vir die buitensporige mielie-prys.

Johanna Botha ·

Presies Rabes die goed is vol sout en water gepomp om dit swaarder te maak …en na ek die hoederplaas gesien het wat tengronde gegaan het met n bemagtigings projek ….dalk is die insinking maar beter so want regtig die mense dink ons is dom en weer van niks nie. Anc skrik vir n slag wakker en kom by ! !

andrea van vuren ·

Ek het oorkant so ‘n hoenderplaas gebly waar die hoenders op strepe gevrek het van honger en dors terwyl die sogenaamde ‘bestuurder’ heerlik vakansie gehou het in sy tuisland Zimbabwe. Ons honde het van die dooie hoenders gaan uitsnuffel en voor ons agterdeur kom neersit en opgevreet. Stank en vere! Toe ek die pers bel wou hul aanvanklik nie my storie glo of dekking gee nie totdat ek hul met ‘n ander koerantgroep gedreig het. Dit het voorblad gehaal.

Groentjie ·

Dis jammer Jan publiek kan nie direk by boere koop nie, boer kry beter prys en Jan publiek betaal effe minder en die skelms vorder minder belasting asook die uiter matig hoe winste vd middel man word uitgeskakel. PS facebook is n goeie plek om te adverteer

Dinklogies ·

Dit sal hulle leer om meer hoenders as kinders in die land te produseer

Pieter Fourie ·

Kan die RSA Hoeder Produsente Vereeniging, verwerkings fabrieke, groot handelaars asook die Korante plus TV media bedryf asseblief skriftelik aan alle RSA verbruikers bevestig dat daar geen Swartvlieg Larwe (Protiene) meel gebroei op fabrieks afval bloed in RSA hoender en porsies ingepomp word nie? Presies waaruit bestaan die ingepompte Brine in RSA hoender?

Riaan ·

Hoekom wys hulle beelde van lê hoenders en hokke en nie die van boiler hoenders nie. So bietjie misleidend want die boiler hoenders lyk nie naastenby so mooi vol vere nie.

snoefie ·

omdat broilers kuikens is riaan. teen ses weke is hulle al geveern

Pieter ·

Die Agoa trade agreement maak dat ons hierdie ingevoerde hoenders moet vat teen n lae invoer heffing. Eenvoudig net verkeerd.

E.K. - ek sê net! ·

Die hoenderplase is ‘n stink bedryf – hulle gee eenvoudig nie regtig om, dis net geld wat moet instroom. Ons het ewiglik probleme in aangrensende ares met van die spul. Kom nie wet na en as mense kla sê hul doodeenvoudig hulle het geld en is pels met die ANC! Die vieëe, die stank! En dis nie omdat hulle nie die goed kan beheer nie, hulle wil eenvoudig so min moontlik spandeer om so groot moontlik wins te maak. Hierdie klomp hier het ook meestal Malawiërs wat vir hul werk so asb! En die wat NOU nog nie weet dat soutwtaer ingespuit was kyk seker net kanale waar hul strokiesprente wys want dis lankal oopgevlek HOE ons ingedoen word deur dit. As jy jou stukkie hoender gaargemaak het is dit so groot soos ‘n stukkie bosduif se vleis! Ek koop ook net goedkoper ingevoerde beter kwaliteit en smaak hoender; ons werkers kry maandeliks vleispakke as deel van hul pakket en stem volmondig saam.

snoefie ·

daarom dat ek maar my eie lappue groente kweek. daar agter in die hoekie my eie hoendertjies groot maak. weet presies wat ek eet. geen pekelwater, swart of groen vlieg larwes nie. net hoender.

Voorlaaier ·

Nou kry ek sommer lus vir i “Kentucky nugget”!……

Jean ·

En wie kan ons hiervoor bedank? Die regering. Daar was ‘n rukkie gelede ‘n insetsel op Carte Blanche van ‘n winsgewende boerdery wat agv BEE aan ‘opkomende agtergeblewe boere’ gegee is, gratis. Hulle het oorsee rondkerjakker met die geld wat hulle aanvanklik gemaak het, maar nie die begrip dat diere gespuit en gevoed moet word en hokke skoongemaak moet word verstaan nie. Meer as 30 000 kuikens/hoenders moes van kant gemaak word omdat hulle besig was om te sterf, dis nou uitsluitend die wat reeds van honger gesterf het en die ander maar oor en tussen hulle deurgeloop het .. dit was iets verskrikliks. Duur of nie duur nie, ons sal maar moet ons kosse van die buiteland af invoer aangesien die nuwe generasie boere in elk geval nie geinteresseerd is om vir die land kos te gee nie. Dis maar bestaansboere.

Theresa B ·

Wie se skuld is dit? Zuma belowe mos nou weer die maan en sterre vir almal. En die groot grap is – hulle glo hom! Tyd dat hulle oë oopgaan en besef hoe dinge in ‘n land gedoen MOET word en nie SOOS HULLE WIL NIE.

realis ·

Talle geldige redes vir verhoogde insetkoste word hierbo genoem, maar die grootste vlieg in die salf wat nie genoem word nie is arbeidswetgewing. Of is dit nou nie polities korrek om dit te noem nie.
Skaf minimum lone af en kyk wat gebeur. Eiendom word verwoes, stakings is aan die orde van die dag.
Die massas wil eerder n’ “leefbare inkomste” verdien maar dit maak nie saak as die landbouer sy alie sien en werkers word afbetaal omdat insetkoste hom uit die mark uit prys nie.
Ongelukkig is daar te veel kortsigtigheid in hierdie land om die realiteit te besef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.