Video: Duisende rande skade toe mense mielietrok plunder

Dit is onduidelik of die voorval met onlangse betogings in die gebied verband hou. (Foto: pixabay)

Groot skade is gely toe ʼn groep mense by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap op ʼn vragmotor met mielies toegeslaan het.

ʼn Video van die voorval is die afgelope paar dae wyd versprei. In die video kan gesien word hoe die mielies uit die waens stroom terwyl mense dit dan oënskynlik probeer wegdra. Dit is egter nie duidelik wat die gebeure voorafgegaan het nie.

Neil de Klerk, woordvoerder van GWK, sê die trekker van opkomende produsente was Maandag volgens beskikbare inligting op pad na die GWK-bergingsaanleg op Jan Kempdorp toe dit deur ʼn groep mense voorgekeer en die mielies van die waens verwyder is.

“GWK is ingelig dat potensiële skade van tot sowat R87 000 moontlik gely is deur die groep produsente wat deur GWK ondersteun word om ʼn volhoubare boerdery-koöperasie te bedryf,” sê De Klerk.

Die voorval is reeds by die polisie aangemeld.

De Klerk sê maatreëls is ook getref om die ononderbroke lewering van landbouprodukte te lewer.

“Dit is tans nog nie seker wat tot die voorval aanleiding gegee het nie, en of dit met ander protesoptogte in die omgewing verband hou nie.”

Inwoners van die gebied het verlede maand oor swak dienslewering in die gebied betoog. Hulle het onder meer die inwerkingstelling van ʼn bestuursplan vir paaie, water en ander infrastruktuur geëis, en voer aan nie die plaaslike óf provinsiale regering gee enige aandag aan hul klagtes nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Ek wonder soms of die drywers nie met die mense saam werk nie. Hoekom sal hy stop as mense hom voorkeur soos hier genoem? Heng man, jy ry bo-oor hulle as dit nodig is en stop vir niks en niemand tot jy by jou bestemming kom nie

Tipper

nog baie dinge gaan gebeur,hierdie is die land van gebeur.

Charlotta

En hulle wil die land regeer. Wat n grap

Diline

Enige trok wat tot stilstand kom in hierdie land is ‘n teiken. Mense sak soos aasvoels toe, skrynende skande

Kokerboom

Hongerte kan anargie en verwoesting en totale wetteloosheid skep.Dankie ANC. Hier kom groot moeilikheid en…die SAPS bestaan nie en hul is nie bang vir hulle!!!