Video: Een kritiek, nog 4 beseer in N2-botsing

‘n Skermskoot van ‘n video van die ongelukstoneel. Video: IPSS Medical Rescue

ʼn Man moes Dinsdagoggend in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal gehaas word nadat hy tydens ʼn botsing van ʼn vragmotor afgeval en deur ʼn ander voertuig getref is.

Vier ander mense is ook beseer in die voorval op die N2-Suid net verby die King Shaka-lughawe-afrit in Durban.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê voorlopige inligting dui daarop dat drie ligte voertuie en ʼn vragmotor betrokke was in die botsing. Nadat die vragmotor teen die voertuie gebots het, het ʼn man wat agterop die vragmotor was van die voertuig afgeval. Hy is raakgery deur ʼn voertuig wat agter die vragmotor gery het.

Die ander vier beseerdes het matige tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is per ambulans na hospitale vervoer terwyl die kritiek beseerde man per mediese helikopter na ʼn hospitaal gehaas is.

Herbst het gesê lede van die SAPD en die plaaslike metropolisie was op die toneel om die voorval te ondersoek. Die verkeer in die gebied is erg vertraag nadat die pad tydelik gesluit moes word om die ongelukstoneel op te ruim.

Die onderstaande video van die ongelukstoneel is deur IPSS Medical Rescue verskaf:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.