Video: Eerste besending entstowwe kom in SA aan

Die entstof word afgelaai. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika se eerste besending van die Covid-19-entstof het veilig op die OR Tambo-lughawe in Kempton Park aangekom.

Pres. Cyril Ramaphosa en sy adjunk, David Mabuza, het die besending by die lughawe in ontvangs geneem.

Die AstraZeneca-entstof is in samewerking met die Oxford-universiteit ontwikkel en deur die Serum-instituut in Indië vervaardig.

Pres. Cyril Ramaphosa en die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, by die OR Tambo-lughawe. (Foto: GCIS)

Die aankoms van die eerste besending entstof in Suid-Afrika is deur Ramaphosa as die grootste en ingewikkeldste logistieke entstofprogram in die land se geskiedenis beskryf. Hy het gesê die doel van die entstofprogram is om kudde-immuniteit teen Covid-19 te bereik. In die eerste fase van die entstofprogram sal die land se 1,2 miljoen gesondheidswerkers ingeënt word.

Maroela Media het vroeër berig dr. Zweli Mkhize het verlede week in afwagting van die eerste besending van die Covid-19-entstof gesê dit is ’n enorme prestasie vir Suid-Afrika om sy eerste entstof minder as ’n jaar ná die uitbreek van die pandemie aan te skaf.

Suid-Afrika het sedert die uitbreking van die virus in Maart verlede jaar meer as 1 453 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld. Die sterftesyfer weens Covid-19 staan tans op 44 164.

(Skermgreep: GCIS/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kokerboom ·

Rerig?? Het die presidente niks beter om te doen deur ANC reklame te doen. Wat is koste van die gevolg en is dit regtig nodig. Dit laat klaar vir my rooi vlae opgaan. Hou die ruimte dop Tito!!
Ek is dankbaar dat dit opgedaag het!

Aai ·

Waar kry julle die eerste foto dit het honde en katte gereen toe hulle aflaai.Vanaand party die @NC weer te lekker.Kom Pres.spuit julle maar eerste in.Soos wolwe om daai inenting.

Frederik C ·

Ek dink vandag is elke hogere kader ook ‘n gesondheidswerker. Die goed is blykbaar nog nie getoets nie. Hoop maar dit het die regte gevolge.

Samuel ·

Die hooggeplaastes gaan eerste ingeënt word, NIE die gesondheidswerkers nie.

Baardman ·

Mees ingewikkelde? Dit raak ingewikkeld as jy jakkalsdraaie ook moet inwerk in die verspreidingsplan

Debbie ·

Hoop maar die entstowwe bereik die bestemmings waar dit moet gaan en nie verlore raak daar iewers in iemand se garage nie

Nie Verbaas ·

As hulle maar weet dat die drama maar net weereens bewys hoe kleinlik hulle werklik is. Dit is om van te braak. Hier kom die volgende korrupsie.

Dries ·

Nou sluip die kaders weer tande om te sien hoe kan hulle finansieel voordeel uit hierdie entstof trek

Spyker ·

Moet hulle altyd n okasie van dit maak? Wonder waar is die bees wat geslag is. Hoop hulle het die seën van die Voorvader Geeste gevra.

Willem ·

Hahaha!!!!En daar staan hulle soos aasvoëls en wag,mens sou sweer dis kospakkies wat hul ontvang!!Pateties cyril pateties!!!!!!

Die Wolf ·

Moet vir die populasie wys hoe hard is daar gewerk om dit te kry.

Blou oog ·

Cyril het self nie eers ondersoek ingestel oor die vaccine nie en of dit veiling is nie. Hy weet niks want dit is weer eens n geldtjie in sy sak. Niks anders as n money making scheme nie. Hoe Dom dink hy is ons.

Pieter ·

Geniet julle arrival. Ek dink is tyd op almal gelyk sonder maskers te loop want dit maak nie die virus dood of keer niks. Dit laat ons almal net lyk na die ‘Mark’ – soos die bybel dit stel. N mens sonder n gesig. As my kind my vra hoekom moet ons die bly dra en ek dink en dink en het nie regtig n antwoord nie, behalwe dat ons skape luister, dit het my laat dink. _ EK sal so optog sonder maskers deel en in winkels ingaan. “Gee my julle mening, sonder dat ons vas sit, maar ek wil ook beter kenis opbou hier.”

Thom ·

Maskers verhoed die verspreiding van die virus . Dit is baie goed dat jy nie ‘n chirurg is nie ____ sou seker sonder ‘n masker in die teater gewerk het !?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.