Video: EFF bars hofgebou binne

‘n Staalhek by die landdroshof in Pretoria Noord het Vrydag in die slag gebly. (Foto: Facebook)

Ontstoke lede van die EFF het Vrydagoggend ’n staalhek na die landdroshof in Pretoria-Noord afgebreek om toegang tot die hofgebou te verkry.

Die borgtogaansoek van Leon Coetzee word vandag in dié hof aangehoor. Coetzee is vroeër in hegtenis geneem vir die moord op Thembinkosi Thabethe.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Thabethe drie keer met ’n mes gesteek het tydens ’n argument oor ’n boodskap wat aan Coetzee se vrou op ’n WhatsApp-groep gerig was, berig News24.

Albei mans was ten tyde van die voorval inwoners van die Green Acres-landgoed in Montana.

Lede van die EFF gaan die hofgebou binne. (Foto: Tshwane EFF/Twitter)

Verskeie video’s en foto’s is vanoggend op sosiale media gedeel waarin gesien kan word hoe lede van die EFF hul weg baan na die binnekant die hofgebou. Dit lyk nie of enige polisiebeamptes in sig was nie.

Staalhekke het onder meer in die slag gebly.

“Die EFF in Tshwane is ontmoedig deur die voortgesette slagting van swart mense aan die hand van arrogante wit, rassiste wat geweld teenoor weerlose swart mense pleeg wat opstaan ​​vir hul reg op waardigheid en respek, ongeag ras of velkleur,” sê die party in ’n verklaring.

Coetzee voer luidens berigte aan hy het uit noodweer opgetree nadat Thabethe aggressief was en sy vrou verbaal aangeval het.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie sowel as die Nasionale Vervolgingsgesag oor die gebeure by die hof gerig en wag op terugvoer.

Lede van die EFF in die hof. (Foto: Tshwane EFF/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

Die klomp eff rasiste en skelms, moet eerder na howe gaan waar plaasmorrdenaars is en hulle gaan soek om opgeluit te word. Tshek eff.

Nico ·

en gaan die klagtes ook sabotasie wees soos Senekal gearesteerdes sin was

Realis Thailand ·

Dit sal nooit gebeur nie. Jy weet mos hulle is kroonwild

Misky ·

Ek dog Malema het gesê die EFF is daar om staatseiendom op te pas….. ek seker verkeerd verstaan

jzjz05 ·

Maar jy moet verstaan dat ANC en die EEF geregtig is op die af breek van staatseiendom,as dit boere was was Celehoed daar en sy boeties die EEF lankal daar om die wreede wit in toom te hou , EEF reken mos hulle self het n spierwit siel maar ek reken hulle is n bietjie kleurblind en kan nie swart raak sien nie.

Dollatjie ·

⚡s. Vir ons lê groot moeilikheid voor die deur. Hulle het bloed geruik en dit sal nou vinnig net al erger raak. My keel trek toe as ek daaraan dink. Wens al ons mense wil die gevaar besef en aansluit by die Suidlanders wat n ontrekkings en verdedigings plan het…daar is nie nou meer tyd vir onsinnige verskilletjies nie….ons sal moet mekaar se hand vat en versterk teen dit wat kom. Terwille van oorlewing.

JanSt ·

Nee wat Dollatjie, in 2005 het die klomp suidland narre se “veilige” plek in Heilbron langs die dorpsdam gewees… so onverdedigbaar as wag kan kom!

Vlooitjie ·

Dinge het intussen verander. Mens leer uit sulke situasies en Suidlanders het ook.

Hoekom ·

@JanSt
Dalk moet jy inspring en help en nie jou wysheid vanaf die kantlyn skreeu nie…

Realis Thailand ·

Kom woon eerder hier of n ander plek in die buiteland
Die anc sal die suidlanders uitroei met n smile en ongelukkig het hulle die oormag van mense

Tiptol ·

Gaan hulle nou aangekla word van beskadiging van staatseiendom? Hulle is die grootste rassiste in ons land. As ek nie blank was nie, het ek skaam gekry.

Hoekom ·

Gaan hulle volgende keer die staat infrastruktuur, waaroor hulle so bekommerd was tydens Senekal, kom beskerm en teen hulle self betoog? Lyk my die rassisme en arrogansie lê by hulle, die EFF, en niemand anders nie…

Sarel ·

Niemand gearresteer nie en daar sal geen optrede teen die EFF wees nie

JohanR ·

Hoop ‘n rekening vir die skade word aan die EFF gestuur en die belasting betalers moet nie weer opdok nie. Die Pretoria-Noord polisie stasie is reg langs die hof. Het die polisie op die sypaaidjie gestaan en toe kyk?

Di ·

Hulle moet ook ORALS inkruip! Plaas gaan soek hulle ‘n werk wat hulle besig sal hou. Word seker weer betaal om dit te doen.

Johanncb ·

Ons land gaan gebukkend onder toenemende wetteloosheid, veral deur die EFF inspireer! Wanneer gaan daar opgetree word? Waarheen is ons op pad?

Carel Aaron ·

Wie regeer en wie is in beheer van die land Cyril? Kyk hoe word die vrou rond gestamp wat hulle wou keer.
Jy, Cyril, sal die EFF moet stuit met die nodige geweld anders sal anargie ons voorland wees.
Jy sal die rasbeheptheid van hulle ernstig moet aanspreek. Hierdie verpolitisering van die howe deur die EFF moet gestop word.

Jakes ·

Malema kannie eers sy eie partylede regeer nie dan wil hy nogal SA regeer. N graad 4 kind sal n beter job as hy doen. Hekom was daar geen polisielede aan diens by die hof nie. Seker almal by die deurry by KFC of Mcdonalds gewees.

Pierre ·

Ag hulle spring ook net van die een ding na die ander, maak groot boehaai en verdwyn dan weer tot die volgende, met die aanloop na die verkiesing gaan hulle weer groot geraas maak om paar ekstra stemme te werf.

Buks ·

Watvan weerlose wit bejaardes wat daagliks aangeval en op die wreedste wyse deur swart rasiste gemartel en vermoor word sonder provikasie of duidelike motief anders as om te moor nie

Jannie van Niekerk ·

Die ANC polisie sal nie ou Sekelstert se dissipels vervolg nie.

lodewyk ·

In senekal was die boere gearesteer vir terorisme toe hulle die hof gebou bestorm,wie is nou die rasiste??,Weerlose swart mense,nou wat van ons witmense wat gemartel en vermoor word?,kyk hulle het maar net n minderwaardigheids kompleks,almal haat hulle mos??,kyk na die moord stastiek in SA dan sien jy wie is bo op die lys!!

Hydi ·

1 EFF te banggat om iets te doen. Moet altyd maatjies bymekaarkry. Shame!!!!!

Danie ·

Volgens die eff se verklaring neem ek aan dat Thabethe opgestaan het vir sy “reg op waardigheid en respek”.
En die eff breinlose aanhangers sal dit glo

Klipkop ·

Terwyl die akteurs die satiriese vertoning opvoer, sing die “kerkkoor” rustig sy gesange in die agtergrond. Die vertoning is gratis. Jy het boonop ‘n keuse om jou te voeg by die akteurs, by die koor, of by die passiewe gehoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.