Video: EFF-hoofsweep gryp joernalis

‘n Skermskoot uit die video.

Die Nasionale Redakteursforum en ander partye het die voorval waarin Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, en ʼn videograaf van Netwerk24 slaags geraak het, veroordeel.

Adrian de Kock het saam met ander joernaliste buite die parlement gewag op nuus oor die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille. De Kock het aan Netwerk24 gesê Shivambu en nog ander mans het daar aangekom en gevra vir watter saak hulle daar is.

Volgens De Kock het Shivambu en die ander mans skielik geëis dat hy die foto wat hy van hulle geneem het, moet verwyder. Hulle het sy toerusting probeer gryp en hom rondgepluk. Ander joernaliste het die onderonsie afgeneem.

Die Nasionale Redakteursforum het die voorval veroordeel en die hoop uitgespreek dat gepaste stappe teen Shivambu gedoen sal word. “Dié soort bende-optrede in die middel van die dag het net ten doel om die media te intimideer en bang te maak om stil te bly. Dit moet veroordeel word. Indien iemand ʼn klagte het teen ʼn joernalis se optrede is daar bestaande kanale om dit verder te voer.”

Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24, het in reaksie op die voorval gesê die speaker van die parlement, Baleka Mbete, se kantoor het ʼn verklaring by De Kock afgeneem. Hy sal ook ʼn saak by die polisie aanhangig maak. “Ons veroordeel die aanval ten sterkste.”

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het gesê hulle sal Mbete ook versoek om teen Shivambu op te tree. “Die VF Plus beskou die saak in ʼn baie ernstige lig. Dit is ʼn direkte aanval op mediavryheid en vryheid van spraak.”

Volgens Mulder sal die VF Plus ook toesien dat die polisie die saak met die nodige erns en dringendheid ondersoek. “Joernaliste het die afgelope jare ʼn uiters belangrike rol gespeel om staatskaping, bedrog en korrupsie in Suid-Afrika bloot te lê. Die rol wat die media as waghond in Suid-Afrika speel, is van kritieke belang vir die gemeenskap, en hulle moet toegelaat word om hul werk sonder vrees te doen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Eish ·

Waar die hart van vol is…
Genadiglik is alles verfilm.
Mag hy gery word tot by Oom Daantjie in die kallerhok.
Betreurenswaardig dat verkose leiersfigure sulke laakbare gedrag openbaar.

Mielie ·

Untouchable…..wonder of sy party ook teenoor hom gaan optree soos met hul ander lede….

Seun ·

Anaaks dat dit nie as n rasse voorval bestempel word nie…….

Gerhard ·

As dit blank was war swart aangeval het, was so persoon nou al toegeluit.

Joanne ·

Op twitter waae ek dit eers gesien het maak hulle nogal n ras issue daarvan.

Gerrit ·

Dit is n kriminele aanranding as die polisie hom nie arresteer en aankla nie dan is dit mos weer n bewys van die diskriminasie.

honourable member ·

Dis mos aanranding of hoe. As dit nou witte was wat swarte so gryp dan was die hel weer los in hierdie land.

Daantjie ·

Dit is Oom Daantjie hier. Jammer, die joernalis is wit. Ons kan nie vir die arme Floyd vervolg nie.
Kom ons vat die joernalis se huis en kar.
Dan is ons nog nie gelyk nie.

WitBlits ·

Soos Malema nou die dag in sy toespraak van Trollip gepraat het en verwys het na die feit dat hy wit is dat die EFF hom sal uitstem as burgermeester.
Netso het Adrian de Kock deurgeloop omdat hy wit is en soos die EFF deesdae hou hulle nte meer van swart mense as witmense!!
Sekerlik sal die regsprosesse weer klaaglik faal omdat dit aanvaarbaar is om wittes te mishandel maar moet asb net nie skeef kyk na die ander of jy is ‘n rassis!!

Boet Fasie ·

Regstelling – EFF takel witman wat foto’s neem –

Swanna ·

DIT IS NOU RASSIME NOG OP SY BESTE DEUT DIE EFF UITGEDRUK. DAAR GAA NIKS VAN KOM NIE.

EN NOU DIE VERSKONING ·

Shivambu said in a statement: “Today 20 March 2018 I was engaged in a scuffle with a photographer/journalist in Parliament. The scuffle was a result of circumstances which included taking of photographs and persistence to speak to me whilst receiving documents from staff members in order to attend the Standing Committee on Finance (SCOF). Whilst I was in a hurry to attend the committee meeting, I accept that my impatience with the gentleman was inappropriate.

Irma ·

Die optrede ondersteun nogal die aanvalle op witmense. Boere en dorp of stedelinge. Dit laat my wonder. Ek het ‘n nuusberig gesien waarin Charlize Theron die EFF finansieel ondersteun. Op watter manier is daardie wit geld goed maar ander wittes word gejag….

Anoniem ·

Maak dit nou donker, op ‘n plaas, ver van kameras, waar sou dit gestop het?

Anie ·

Stem saam Anoniem, dié wys weer dat dit nooit n 1 vs 1 wees nie, self met die, minstens 2vs1.

Tersia van niekerk ·

Aan die einde van die video clip hoor mens bottels as daai ander swart man sy rugsak optel. Miskien het die joernalis onwetend ñ drinkery afgeneem?…..

Casper Labuschagne ·

Dit is sekerlik afskuwelik. Maar hoe ironies dat die blinde sambok… Lyk my dit help nie meer om te sê dat jy liberaal is, en eintlik aan die swart meerderheid se kant is nie?

Theresa ·

Ook so gedink, LOL, lekker rondswaai met ‘n sambreel of iets. Niemand mag mens so vaspen nie – dan soek jy mos vir moeilikheid!

Van Zyl. ·

Hy sê self hy het nie besef dit is ń joernalis nie. Dus gaan dit oor kleur, maar hy sal nie daaroor aangespreek word nie.

Gerrieman ·

Kom nou Gerrie – wys ons jy is ‘n man van staal en help vir Adrian de Kock met ‘n publieke vervolging as SAPS niks hieraan doen nie!

Rooibok ·

Afriforum ……. Stuur hierdie video vir Australia, en die res van die wereld. Dan wag ons wat se Sesulu hiervan

Jacques ·

Poging tot moord , as hulle die dam kan uitruk kan hy ook mos ??

Lizette ·

Die DA doen niks omtrent die eff wat wit mense afbreuk nie. Hulle se nou die dag trollip se keel moet afgesny word maar nog geen klag van haatspraak is gemaak van die DA se kant af nie. Ek dink dit is tyd dat ek vir VF Plus stem.

Pieter ·

Hoekom sal hulle die wit stem is al wat die DA soek verder voel hulle vere vir jou.

Bevin ·

Stem saam. Da sien my ook nie weer nie. Hulme wil ook net die soustrein ry en is meer bek as binnegoed. Stem VF.

Jakkalsdraai ·

Mooi Lizette ek is trots op jou. VF Plus die enigste party vir die afrikaanssprekende.

Naas ·

Dit maak nie sin nie, want Floyd is mos nie kamera sku nie. Miskien is die rede vir die insident die identiteit van die twee hardekoejawels saam met hom en dat hulle nie saam met hom afgeneem wou word nie.

Wonder maar net ·

Was dit nie die einste EFF wat ñ man veroordeel het wat die EFF aangevat toe hulle ñ foto van hom buite die hof geneem het nie. En was hulle antwoord nie baie mense in die gehoor het fotos geneem nie. Waarom raak hulle nou kwaad as iemand anders van hulle ñ foto neem. Is dit dalk dat die buiteland bewus raak wat in SA aangaan en dat hulle nou bang is die wêreld sien hulle ware kleure?

John ·

O die krag van die kamera. As dit nie daar was nie? Wat kon gebeur het? Meer kameras is nodigc -elke plaas in RSA het hulle nodig. Laat almal sien wat gebeur.

Andrew Muller ·

Ouens, in hierdie land gaan rasisme net een kant toe.
Daar gaan niks hiervan af kom nie want dis mos okay dat swart SO teen wit kan optree. As dit anders om was, sou all hel weer uitgebars het. Dit is die nuwe SA waarin ons leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.