[Video] EFF-lede slaan landboustudente glo met swepe

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Beeldmateriaal van mense in EFF-oorpakke wat glo studente van die Elsenburg-landboukollege met swepe en sambokke slaan, het Dinsdag aan die lig gekom.

AfriForum Jeug het ʼn video op YouTube gelaai waar gesien kan word hoe studente die vermoedelike EFF-lede van die perseel probeer verwyder, terwyl hulle met sambokke aangeval word. Volgens die organisasie is die video Dinsdagoggend verfilm tydens ʼn onwettige en gewelddadige betoging by die kollege buite Stellenbosch.

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het gesê die organisasie het na aanleiding van die video ʼn private sekuriteitsmaatskappy gekontrakteer om die veiligheid van die nie-betogende studente te verseker. Hulle is ook besig met voorbereiding om ’n dringende hofinterdik te kry om die kollegebestuur te verplig om teen die betogers op te tree.

“Baie van die betogers is nie studente aan die kollege nie en ons kan nie verstaan waarom die EFF-lede elke keer op die kampus toegelaat word nie. Die bestuur het beheer oor die kollege verloor,” het Maree gesê.

Die Vryheidsfont Plus (VF+) het hom ook ten sterkste uitgespreek teen die beeldmateriaal en gesê die bestuur van die kollege moet verduidelik waarom opruiende studente, sommige met EFF-oorpakke en sambokke, op die perseel toegelaat is.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het in ’n verklaring gesê dit is onaanvaarbaar dat daar nie genoegsame polisie en veiligheidspersoneel was om te verhinder dat die opruiende studente in gevegte betrokke geraak het met studente wat in klasse was om toets te skryf nie. “Dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF+, het gister die saak met die kollege bespreek, en die versekering is aan hom gegee dat daar wel genoegsame polisie teenwoordig sou wees om die veiligheid van dosente en studente te verseker en te verhoed dat probleme ontstaan. Daar is duidelik nie by hierdie onderneming gehou nie, nieteenstaande die feit dat daar met die optog Maandag toegelaat is dat ʼn uiters plofbare situasie geskep word,” het hy gesê.

Intussen is daar op sosiale media beweer een van die mans in die video wat die studente met ʼn sweep aangerand het, is dieselfde man wat ʼn ruk gelede in die omstrede dokumentêre video Luister vertel het hoe daar by die Universiteit Stellenbosch (US) teen hom en ander gediskrimineer word op grond van hul ras. Maroela Media kon egter nie bevestig of dit wel dieselfde man is wat in albei video’s verskyn nie.

Betogings by die Elsenburg-landboukollege het oor die afgelope paar maande kort-kort opgevlam weens studente se ontevredenheid oor die instansie se taalbeleid.

Die Wes-Kaapse departement van landbou kon nie Dinsdagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ongeveer 50 mense aan ʼn betoging by die landboukollege deelgeneem het. “Een klag van aanranding is by die Stellenbosch-polisiestasie aanhangig gemaak,” het hy gesê. “Polisiebeamptes is steeds op die toneel om die situasie te monitor.”

Van Wyk het nie gereageer op ʼn vraag waarom die polisie nie ingegryp het toe studente met sambokke aangerand is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Riaan ·

Dis mos nou swart rassisme.Of is hulle maar net kwaad dan tree hulle maar so op,wonder wat se die wereld van ons swart studente wat so op tree

Sumerie ·

Die persepsie is dat slegs blanke persone rasisties is. Mense van ander kleur het nog nooit rasisties opgetree nie, hulle ‘veg’ meer as 20jaar, na apartheid beeindig is, steeds teen apartheid…… Lagwekkend!!

Johan 2 ·

100% Sumerie. Witmense skree maar net nie maklik rasisme nie ons is nog te agter die klip ( noem dit dalk trots ) om dit te doen. Dis dalk hoogtyd dat ons ook die strate invaar, klippe gooi, karre brand ens. oor sulke voorvalle. Net een probleem ons weet (dink) dis ons goed wat ons gaan afbrand.

Seookmanet ·

Ag nee wragtig??? Waar gaan ons land heen…..Laerskool geletterd Zuma moet begin besef ons gaan dit nie meer vir lank verdra nie, dan gaan die Paw Paw die fan strike……Daai jong mense is veronderstel om in klas te wees en te swot…….

Emile ·

Waar is die video?

Ander webblaaie het dit reeds en dis baie ontstellend. Sien voorblad van
2oceansvibe

Jaco ·

Dit is n blatante rasistiese aanval maar natuurlik sal due ANC niks se want dit is deel van hulle veldtog en die is seker kaders ook. Hulle moet n klag by die MRK le

HEVW ·

Die rooilig vlikker al rooier. Dit is logies iewers gaan dit handuitruk en dan sal die regering nie sy hande in onskuld kan was nie. Wees gewaarsku, Kry die land onder beheer.Dit is wetmatig dat elke reaksie met n teenreaksie beantwoord word.

CHRISTA ·

Swart op wit geweld is mos wettig. Winnie Mandela en Tony Yengeni het toestemming gegee: One settler, one bullet!! Kill the boer, kill the farmer!! Nie eers Nelson Mandela het dit veroordeel nie!! Nou voer hulle seker net hulle leiers se opdragte uit!!!

Jaco ·

Het nou net video gesien die wit studente moet gewapen terug gaan en vuur met vuur antwoord die polisie het geweier om op te tree maar dan weer hulle is n pion van die rasustiese regering wat swart teen wit geweld goedkeur.

Werries ·

Nee man ek dink die bulle het hulle self mooi verdedig. Onthou al is hulle 10keer meer as ons manne met die 1ste klappe wat val scatter die ander… sien die een is sommer amper deur ‘n toe deur… wel gedaan en staan saam manne…

Sarel Strydom ·

Die ANC het hulle so geleer. Alles word verkry deur geweld en dar word elke keer aan die geweldenaars se eise toegegee. Niemand het die moed om teen hierdie mense op te staan nie want dit is ANC beleid. Geen onderhandeling. Geweld.

Dup du Plessis ·

Die studente betoog teen die gebruik van Afrikaans op die kampus. Die bestuur kondig later aan dat as tydelike reeling klasse let wel: 100% in Engels en op ‘n ander tydgleuf 100% in Afrikaans aangebied sal word………selfde geriewe, selfde alles……….en wat was die betogendes se reaksie hierop? Hulle gaan nog meer betogers van buite bring want Afrikaans moet weg. Wat se erns het hierdie tipe mense met werklike studies? Maar nou ja as Dr. Palo Jordan met ‘n doktorsgraad en die een van Prasa met ‘n ingenieursgraad vir jare kon wegkom is daar seker genoeg tyd vir oproer by kampusse terwyl die dommes moet leer.

Gideon ·

Ag nee nou het ek alles gesien en gelees!!! Waar is die studente se swepe? Het julle nooit op die plaas geleer om met ‘n sweep met lang voorslag te slaan nie?

patriot ·

welgedaan !ons gaan nie meer toelaat dat ons vermoor ,verkrag en verneder word nie
staan op staan sterk ,maak skoon tot anderkant die ewenaar

Eric ·

Op die nuus en ander media laat klink hulle dit of dit die wit studente se skuld is, ek is ń oud elsenburger en ek kan eerlik sê die wit studente maak geen rasistiese opmerkings of optredes nie. As hulle nie in afrikaans wil klas ontvang nie moet hulle nie elsenburg toe gaan nie, ek is gatvol dat daar altyd gesê word dis die wittes se skuld. Dis eintlik nooit die wittes se skuld nie ons probeer altyd vrede maak maar soos in die video gesien kan word lok die swart studente die ander yt en tree rasisties op

Saarkie ·

Nou ja toe! Uiteindelik besef almal Open Stellenbosch se groepie en Elsenburg se barbare toe een en dieselfde groep!!! Die EFF!!
Ons sit net in spanning en wag wanneer polisie/owerhede teen hul gaan optree……of gaan hulle?

Renier Theron ·

Vanjaar is dit 20 jaar gelede dat ek as oudstudent by Elsenburg afgestudeer het en dis vir my hartseer om te sien hoe dinge sedertdien daar agteruit geboer het.

Reeds sedert 1994 is daadwerklike pogings aangewend om Elsenburg inklusief te maak.

Hierdie sogenaamde ‘studente’ wat nou aandring daarop om in Engels onderrig te ontvang het skynbaar vergeet van Fort Cox Landboukollege tussen Alice en King William’s Town waar hulle moedertaal onderrig kan kry.

Die bestuur van die Kollege het n verpligting teenoor die studente en hulle ouers wat ten duurste betaal het vir klasgelde om hierdie ontwrigting te voorkom.

Bruno Stef ·

Kwadi /Froneman en Kie neem kennis wat gaan gebeur op NWU met julle ongedisseplineerde aanhangsels want dit is hulle volgende stap.As die uitvaagsels dan met geweld en barbarisme wil optree dan behou die blankes hulle die reg voor om hulle self te verdedig.Dit is net persone wat n tonnelvisie het en bevooroordeeld is wat nie kan sien wie die aanstigters was van die voorval.

pop ·

Raak aan ons kinders en kyk wat gebeur. Ons gaan dit nie vat nie, hou mooi dop hierdie spasie.

Willem Niemandt ·

Dit kan net nie meer so voortgaan nie,ons blankes moet begin om saam te staan dit help nie om net op n’ afstand onder langs te knor nie,ons moet daadwerklik optree en iets gesamend daadwerklik doen. Waar is ons blankeleiers ons wag dat julle met iets posetiefs na vore moet kom,derduisendes voel soos ek,ons wag op leiers om ons by een te bring. wasw ek 40jr plus jonger het ek sekerlik die begin gemaak ,want duisende jong en ou SuidAfrikaners voel; soos ek ons wag op ons Leiers en die res sal volg.

Johannes Meintjes ·

Dit is my mening dat baie dinge wat in SA gebeur kwaadwillige opswepery is, – of dit nou “Afrikaans” op kampusse, aanstoot teen standbeelde, kamtige probleme oor werkervoordele, “inbrake” of polisie brutaliteit insidente is. Iewers moet ons gekerm en bloot-reaktiewe geteem en getjank in pro aktiewe, doelgerigde en volhoubare, samewerkende aksie omgeskakel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.