Video: EFF wil na Pretoria-aftreeoord opruk

’n Skermskoot van die EFF se betoging buite Huis Herfsblaar op 21 Julie.

Lede van die EFF beplan om Woensdag om 10:00 vir ’n tweede keer na Huis Herfsblaar, ’n aftreeoord in Queenswood, Pretoria, op te ruk oor beweerde rassisme teenoor werknemers.

Baatseba Nchabeleng, organiseerder van die optog, het dit Dinsdag aan Maroela Media bevestig.

Maroela Media het vertroulik verneem dat werknemers van dié aftreeoord sedert verlede week weens loongeskille staak. Die EFF beweer op sosiale media dat vuurwapens op stakende werknemers gerig is en dreig ook met ’n strafregtelike saak teen ’n private veiligheidsmaatskappy in verband met dié voorval.

Die aftreeoord het nie Maandag of Dinsdag op navrae in dié verband gereageer nie. Familielede van inwoners het egter aan Maroela Media gesê die bejaardes is angsbevange.

Obakeng Ramabodu, een van die EFF se leiers in Tshwane, skryf op Twitter dat die EFF “wit Afrikaner-rassiste” Woensdag van aangesig tot aangesig sal konfronteer.

“Ons is nie ’n lafhartige generasie nie,” lui die inskrywing verder.

Dit sal die tweede keer in twee weke wees dat die EFF by dié aftreeoord betoog.

Ramabodu het op 21 Julie ’n video op Twitter geplaas waar lede van dié party voor Huis Herfsblaar sing en dans.

’n Familielid van een van die inwoners het aan Maroela Media gesê dat inwoners sedert verlede week “heeltemal angsbevange” is.

“Die slotte van die aftreeoord is Dinsdag vervang en inwoners is aangesê om nie uit hul kamers te kom nie.

“Sommige inwoners se kinders het hulle reeds gaan haal.”

Volgens die familielid is die inwoners ook aangesê om nie “uit te praat” nie.

Verskeie mense het intussen op Facebook aangedui dat hulle die EFF Woensdag sal teenstaan.

Die jeugorganisasie Bittereinders het op sy Facebook-blad aangedui dat die bestuur van die aftreeoord hulle glo om hulp genader het om bejaardes en eiendom te beskerm.

“Ons sal daar wees, ons sal saamstaan. Almal welkom. Kom maak ’n standpunt die rasmalheid in Suid-Afrika,” lui die inskrywing. Dié plasing is intussen 578 keer gedeel.

Devon Hofmeyr, seun van Steve Hofmeyr, het ook op Facebook geskryf “ons sien julle daar”.

“Die EFF begin nou ons ou mensies teiken by die enigste plekke waar hulle nog kan woon. Vir te lank was ons sag gewees teenoor die EFF.”

Llewellyn Hemmens, veiligheidskoördineerder by AfriForum, sê die organisasie is met die aftreeoord in kontak en sal ondersteuning bied indien nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

ABDP ·

Kyk net die EFF se spelling op twitter………..die woonbuurt se naam is verkeerd gespel. Ek hoop hulle daag by die regte plek op.

Cherokee ·

Nou waarom hoop jy hulle daag daar op? En jy word nogal geduim-op!

Peach ·

Cherokee, ek is nou nie ‘n afstammeling van Siener Van Rensburg, Gerald of ‘n heldersiende myself nie maar, ek dink die bedoeling is by die plek soos dit op twitter gespel is ????????????

Werner ·

Dink ons moet ook more maar kyk dat die ou mense veilig is.

Debbie ·

As hulle hul monde oopmaak kom net een woord uit en dit is rassisme. Dit raak nou n vervelige storie

Blomme ·

Minderwaardigheidskompleks… Hulle verkies om die slagoffer metaliteit te gebruik..

Kokkie ·

Ek hoop van harte dat die Pretorianers in groot getalle sal opdaag om Huis Herfsblaar en sy bejaarde inwoners te beveilig. Dit het in die onlangse plundertogte baie goed gewerk. As die polisie nie hul werk kan doen nie, moet die gemeenskappe self inspring.

Jannie van Niekerk ·

Die problelem is hulle kan opdaag , mmaar die polisie gaan hulle in hegtenis neem want hulle sal die EFF gepeupel wil beskerm.

Harley Davidson ·

Huis herfsblaar moet die eff se moeders teruggee en ons mense aanstel,want daar is so baie wat te bly sal wees om die werk te doen.

Alta Alleman ·

Dank al die stakers af en huur werkers wat regtig wil werk !!

Wakkerslaper ·

Net so is die “regerende” anc ‘n terreur organisasie wat NOOIT deur die liberaliste ontban moes word nie! Sterkte!

Harley Davidson ·

Ek neem aan die stakers in die video werk almal daar ,my vraag is regverdig die plek so baie werkers ,halveer hulle sou my raad wees.

Tokkel ·

EFF beteken NIKS in Suid-Afrika nie!! Swak en uiters swak vandie werkers om die EFF te nader. Hulle moet ‘n gedragskode teken as hulle by ouetehuise werk, want dit is weerloses. Fire die belhamels, want hulle hoort nie daar nie. Eet net die oumense se kos op!
EFF moet net pasop, wat jy saai sal jy maai! Staan saam SA teen hierdie …….!!
Hulle het ‘n paar jaar terug mos probeer om die rugby te ontwrig en ‘n loesing gekry, dalk het hulle daardie pak vergeet!

Jannie van Niekerk ·

Ek hoop daar word streng teen die spul lafhartige terrorise opgtree vir die oortreding van die inperkingsreëls al verloor die ANC onderststeuning van die EFF. As daar teen kerkgangers opgetree word moet daar teen Malema se trawante ook opgetree word.

Mrs H ·

Terroriste verbloem as ‘politikuste!! Grootste rassiste op aardbol…

Pim ·

As jy mos nou nie lekker werk nie gaan kry vir jou ‘n ander werk, hoekom moeilikheid maak. Dis omdat almal net mag doen wat hulle wil en geen reels volg nie.

Elize ·

Hulle sal nie ander werk gaan soek nie want daar kan hulle vreet soos hulle wil en die oumensies se geld is nie veilig nie. Hierdie gemors vat dit net eenvoudig af.
Weet waarvan ek praat want my pa was ook ‘n slagoffer van hierdie goed

Mariana ·

Nie lafhartig nie maar daag altyd by skole en nou aftreeoorde/ouetehuise op. Hoop die polisie is ook op hulle pos om die oumense te help beveilig. Die EFF vuilgoed sal nie skroom om die mense te treiter en seer te maak nie.

koos10 ·

En in groot getalle. Hoekom kom Juliaaas nie alleen nie? Want hy is ‘n lafaard!!!

Wakkerslaper ·

Maar tipies die terroris se taktiek – te sleg om die weermag aan te vat, teiken eerder burgerlikes. Gaan vra maar vir mandela en sy anc…

Ovelia ·

Wys di eff hoe suid afrikaners kan saamstaan teen geweld soos in kzn

ES ·

Dit was presies my vraag Elize – hulle wil net in die nuus wees, so hulle maak seker hulle is betrokke waar hulle gesien en gehoor kan word om nog volgelinge te kry.

Hulle is nie ‘n unie of ‘n vakbond nie…

Deon ·

Kry die polisie daar en sluit hulle toe vir onwettige byeenkoms…… Voetsek eff voetsek!!!

Nie Verbaas ·

Van wanneer af is die wittes arrogant? EFF is arrogant verby en lagwekkende narre nog daarby.

annie ·

Dit is duidelik nie die regte manier om probleme te besleg nie; om dreigend die gebou te wil betree nie. Sulke aggressie sàl noodwendig reaksie uitlok. Die EFF is ‘n lafhartige spul om oumense te teiken vir ‘n bietjie aandag.

Skuilnaam ·

Waar is die polisie? Toemaar. moenie antwoord nie. Hulle is besig om KFC te koop.

Inez ·

EFF is soos miskruiers – loop die heel dag en bollie bymekaar maak (of bollie veroorsaak), maar het nog bitter min gedoen om hul eie mense se lewens te verbeter.

ES ·

Al wat die EFF ken is geraas maak en toi-toi. Wys my een ding wat die EFF vir die land doen wat positief is.

Hulle het geen bydrae tot die verbetering van hierdie land nie maar maak hulself skuldig aan haatspraak en raak betrokke by loongeskille (en hulle is nie ‘n arbeidsvakbond nie, hulle is ‘n politieke party).

Bart-Man ·

EFF het hulle gat gesien in Toti. Nou boelie hulle ou mense. Wat is volgende kinders by die kleuterskool

Willem ·

Sluit mál emma toe dan is probleem deels opgelos.Fire al daai geldgierige werkers en kry nuwes.Daar is baie werklose mense wat sal werk vir salaris wat tans betaal word.Waar is die useless polisie tydens die betoging?

fbbb ·

Waarom kry die EFF elke keer soveel publikasie oor nonsens wat hulle aanvang. Die media moet hulle GEEN dekking nêrens gee nie. Ons speel so in hulle hande. Hoe meer dekking en publisiteit hulle kry hoe meer EFF lede werf hulle en dit voorspel baie groter moeilikheid in die toekoms. SO Maroela Media moet niks meer oor hulle skryf nie asb.

Nie Verbaas ·

Ja nee kyk, nou gaan hulle bejaardes teiken. Hoe pateties kan n mens raak.

marius ·

Raak aan die mense en die slang se kop waai . Genoeg gepraat .

Konrad1226 ·

Ek woon langs die tehuis. Ek vra asb dat lesers se gemoedere kalmeer. Die EFF soek reaksie en van ons kant af gaan hulle dit nie kry nie. Ons word gedurend op hoogte gehou en gaan onsself nie verlaag na hulle vlak nie. Uit kalmte kom krag.

Herman L ·

Daar is wettige maniere waarop werkers hulle besware kan lug. Indien daar nie binne die organisasie ‘n oplossing bereik kan word nie, is daar die CCMA en arbeidshof. Waarom word die EFF toegelaat om ou mense en skoolkinders te terroriseer?

fbbb ·

Moenie die EFF enige Publisiteit gee nie. NUL en GEEN. Dit is presies wat hulle wil hê om meer EFF lede te werf. Meer lede meer moeilikheid in die toekoms!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Anoniem ·

Die EFF moet hul liewers bepaal met die regte opvoeding van hul mede kollegas/broeders en susters as om hul neuse te gaan indruk waar hul nie hoort nie. Vals nuus word aan hul oorgedra en dan neem hul alles op horings sonder om die waarheid uit te vind.

Vernon ·

Man jaag die mense weg en kry werklose ..onse…mense om die werk te doen!!

Toy ·

Hulle het niks te verloor daar nie. Los die ou mense uit. Gaan raas op ‘n ander plek.

Tanniepetoors ·

Hofmeyr moet daar wegbly. Hy en sy bende is moeilikheidmakers van die eerste water. Meestal skobbejakke wat bakleiplek soek.

Tanniepetoors ·

Betaling van lone onder minimum moenie geduld word nie, maar is dit werklik die geval by Huis Herfsblaar? Ek wil dit regtig nie graag glo nie.

Karina ·

En as een van die bejaardes ‘n hartaanval kry en sterf agv ‘n angsaanval – sal daar iets gedoen word aan die EFF NEE nooit gesien nie. Ja stem met ABDP, kan ook nie eers spel nie!

Erika ·

Die EFF..off is Soos Stout Kinders wat vloermoer gooi as hulle nie n lolipop kry Nie
Hullé moet vasgevat word…Dit is Blatante Rassime
En aanhitsing …
Daardie arme Ou mensies Kan hartaanval kry weens die situasie.. .
Ék dink dit is tyd dat ons eié mense in diens neem
eerder wat nie net sal dink aan hulle selfsugtige Agendas. wat hulle wil bevorder ne
As ons so rassisties was Hoekom kyk ons mense met liefde sonder oordeel na die “abandoned babies om…wat net gerieflik weggegooi word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.