[Video] Egpaar fnuik kapers danksy hondjies

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Egpaar van Midrand in Gauteng het die afgelope naweek ʼn “vreesaanjaende” kapingspoging ongedeerd vrygespring danksy hul drie Pekinees-hondjies.

Anelle Hills het Dinsdag aan Maroela Media vertel sy en haar man, Roger, het Sondag skuins ná 13:00 buite hul kleinhoewe in Glen Austin stilgehou toe die voorval plaasgevind het.

Hills sê ʼn silwer Mercedes-Benz het enkele oomblikke vantevore ʼn ent agter hulle aangery voor hulle eindelik voor die hek tot stilstand gekom het. Omdat haar drie jong Pekinees-hondjies nie gewoond is aan motors nie, klim sy gewoonlik by die hek uit om hulle op te tel om te verseker dat hulle nie onder die wiele van die motor beland nie.

Dit is in dié oomblik dat sy uit die motor geklim het dat die einste Mercedes-Benz versnel en op die egpaar afgejaag het. Hills sê toe die insittendes hul deure oopswaai nog voor die motor tot stilstand kon kom, het sy besef daar is “groot moeilikheid”.

“Ek het uit die motor geklim en die deur agter my toegemaak. In dié stadium het my man in die truspieëltjie gekyk, die motor sien aankom en vir my gesê ek moet inklim, maar ek kon hom nie hoor nie. Toe ek die motor tot stilstand hoor kom agter my en die mans met wapens sien, het ek geweet hulle wil ons motor kaap. Ek moes besluit of ek my hondjies wil gryp en of ek in die motor wil spring, maar daar was nie tyd om hulle te gryp nie. Ek het net ingespring en geskree: ‘Go, go, go!’”

Hills het in die motor gespring waarna haar man vir sowat 200 m in trurat gejaag het om van die kapers weg te kom. Die kapers het nie skote afgevuur nie, en hulle kon daarin slaag om weg te kom.

Volgens haar het hul bure in die tuin ontspan, en het die huis in gehardloop toe hulle die gewapende mans sien.

“ʼn Mens se adrenalienvlak is baie hoog in só ʼn situasie, maar toe ons van die kapers weg is en uit die nou straat wat na ons huis toe loop, draai, toe bars ek in trane uit. My hart was gebroke omdat ek my hondjies daar agtergelos het. Ek het dadelik die buurtwag gebel, en my buurman se kinders het hom en die res van die buurt ook ontbied. Ons is dankbaar om ongedeerd te wees. Dit is absoluut vreesaanjaend om deur so iets te gaan – dit ruk jou.”

Hills sê haar hondjies is ook ongedeerd. “As ek nie uitgeklim het om die hondjies op te tel nie, sou ons nie van die kapers af kon wegkom nie. Mens kan net dink wat die gevolge dan sou wees.”

Volgens haar was die polisie sowat twee uur later op die toneel, maar het nie ʼn saak begin nie omdat niemand in die voorval beseer is nie. Sy sê haar eie private ondersoek na die kapers het ook nog geen vrugte opgelewer nie.

Hills sê dié gebied is voorheen ook al geteiken, maar dit is die eerste keer dat hulle onder misdaad deurloop.

“Die kapers het kort ná die voorval ook op ander mense toegeslaan, maar weer misluk. Volgens die buurtwag stem die nommerplate van die motor ooreen met dié een in ons geval. Ons bly in ʼn bandelose land, ʼn mens is nêrens meer veilig nie. Die enigste ding wat ons kan doen is om dit teen te staan en nie toe te laat dat mense van ons vat waarvoor ons so hard gewerk het nie.”

Hills het aan Maroela Media vertel dat die gebied se buurtwag haar enkele oomblikke ná die onderhoud ingelig het van nóg ʼn gewapende rooftog op een van die kleinhoewes in die omgewing.

God's Protection is amazing!! Three black men in a golden C-class Mercedes tried to hijack us as we arrived home just after 13h21 today. Roger's quick thinking got us away quickly and safely!

Posted by Anelle Hills on Sunday, August 13, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Genieve ·

So bly julle is veilig. Kan nie glo mense so gevoelloos nie.

Pieter B ·

Baie dankbaar vir julle wat kon wegkom ander is nie so lucky nie shame wonder wat het die hondjies daarvan gedink?

Pekinese ·

Wys jou net, ‘n Pekinese sal jou nie help in tye van nood nie.

Sonskyn ·

Pekinese, regtig?!?!?! Wat het dit nou enigsins met die poging-tot-kaping te make?!?!?! Bly die mense en diere-kinders het ongeskonde daarcan afgekom.

Pekinese ·

Die mense was in nood en die Pekinise honde het nie eers hand bygesit nie.

Nico ·

Bly die egpaar is veilig,hoop hulle spoor die Mercedes-Benz op,en vang daai rowers.

Mornay ·

Ek vrae maar net maar wou die polisie nie eers die no plate op volg nie
daar was tog n vuurwapen op die mense gerug
maar nou ja ons weet almal hoekom verder kan ek niks meer se anders word ek weer geblok
Bly jul is ok

Kallie ·

So dankbaar dat julle en die brakkies ongedeerd is! Ons almal moet leer om motors agter ons dop te hou!! Watter aaklige tydperk in hierdie land se geskiedenis beleef ons nie? Ons het Sondag middag na Krotoa gaan kyk,dit is ‘n baie goeie fliek. Dit kan egter sommige gemoedere laat opvlam oor die ewige grond storie wat kwansuis afgevat sou wees. Betaal ons nog aan die nalatenskap van Jan van Riebeeck? Die burgers wat op die grond gaan boer het is Vry Burgers genome,waar is daardie Vryheid vandag? In gryp en vat en moor? Die emmer met die bloed is al oorvol waaroor Siener van Rensburg gekryf het,maar nog,elke dag bloei ons in hierdie land!

koos ·

hoop daai hondjies kry groot stuk steak hulle het julle gered geen wet en orde in die sonnige Suid Afrika meer nie

Flink gedink! ·

Wel gedaan aan die man en vrou. Julle was oo en wakker en het flink gedink.
Mense is so geneig om op hul selfoon besig te wees dat hulle niks om hulle raaksien nie…
Hats off to you!

Grysburger ·

Flink gedink deur Anelle en haar man! Hulle optrede is ‘n sprekende voorbeeld van sg “situational awareness” wat getoon is. Die oomblik as jy by jou hek in- of uitgaan is jy in ‘n oorgangspasie en in ‘n moontlike doodsakker. Dit help nie om oor die feit dat dit die omstandighede is waarin ons nou moet leef, te tjank nie. Pas aan en oorleef! As Anelle met ‘n vuurwapen gewapen was, was sy in ‘n uitstekende posisie om oombliklik op die aanvallers vuur te open en sou moontlik hulle getref het waar hulle dan in die doodsakker was met min risiko vir haarself. (En heelwaarskynlik ten volle in terme vd reg uit selfbeskerming opgetree het). Hier is ‘n les vir ons almal in die video. Dankie aan Anelle en Maroela Media dat julle die met ons gedeel het.

Althea ·

Sjoe dit kon vreelig afgeloop het , so bly hulle kon betyds wegkom, sjame die ou hondtjies het seker nou nie die verstaan dat hul mense ma se vining weer wegry,

Pieter B ·

Hehehehe ja nee hier is my mense oeps daar ry hulle weer in volle vaart weg shame wonder ook wat het hulle gedink

Poppie ·

As ek die video kyk, lyk dit of een hondjie opgetel is en saamgery het. Die ander een was meer geinteresseerd in buurman se hond wat lyk my ook niks kon doen nie. shame en wou nog agter hul aan hardloop en besluit die beste is om maar terug te gaan huis toe. Die rowers het gedog hulle “suprise”die mense en toe word hulle op die end gesurprise. Die land se “mense”maak my siek met hul gewapende rowe. Skiet jy terug dan kom jy nou weer op vir moord. Die regstelsel net so korrup.

Deon ·

Tyd dat daar op grootskaal siviele aksies teen die regering ingestel word omdat ons nie veilig in ons eie land is nie.

COOLB ·

moeni jou an die Pekinese steur nie dit blaf terwyl dit onder di bed wegkruip!
Jy is reg deon, dis al wat ons volk se uitwis sal aandig kry

lynnil ·

Sit asb berig op van SA hondjie wat deur egpaar van Kanada aangeneem gaan word.

F ·

Net soos jy nie ‘n mes na gunfight bring nie, bring jy ook nie ‘n C180 om ‘n Range Rover aan te vat nie. Kapers het beslis ‘n les geleer.

Bokram ·

Ek dink jou man is die groot held,kyk hy weet hoe om te reverse!

Chantel ·

Wouw WEL GEDAAN aan julle aandagtigheid en die man se uitstekende bestuurs vernuf!

Gouws ·

Moet die mense nou eers aangerand of vermorword voordat daar sake deur di polisie oopgemak word , belaglik , was self n lid van destydse SAP

Tiger ·

Eks baie bly almal is ongedeerd.Ons probleem is die boewe EN die SAP is teen ons.Verdedig jy jouself teen boewe sluit hulle JOU toe sonder om te aarsel.

Theresa ·

Toe die ou uitspring kon ek sweer hy is aangetrek soos ‘n veiligheidspersoon/polisie tipe klere. en die keps. Kon iemand dalk sien wat agter op die baadjie staan?? Let op die uitspring en rig aksie – nie elke mens kan dit so doen nie! Is iemand al aangekeer? die Merc se nr plaat moes tog ook iewers deur iemand opgelet gewees het? Vieslike kriminele. BAIE bly die mense het so ongelooflik kop gehou en dat die man so goed kan bestuur!

Annamarie Zeelie ·

Fantasties, 100% vir jou man se reverse vermoë, Dit lyk my skelm het dan geel handskoene aan. Alles word haarfyn beplan.

madels ·

Hierdie man en vrou is erg getraumatiseerd! So bly dat die man en vrou ongedeerd hiervan afgekom het. Ek ril as ek dink wat kon gebeur het as haar man nie vinnig gereageer het nie.

Brett ·

Die held in die storie is die Yorkie. Hills moet die polisie by IPID gaan verkla!

Anelle Hills ·

Thanks to EVERYBODY who watched the clip and sent in their support. Hubby and I are ok but it was a frightening experience. We want to emphasise how important it is to be constantly aware of your surroundings because criminal incidents are increasing. We have accepted an invitation to talk about the incident on Mix 93.8 FM’s Crime Chat on Monday, 21 August from 8-9 pm. (Also available on DSTV 823). Again, thank you for all of your support. A and R

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.