[Video] Eienaars die probleem, nie honde nie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Eienaars van Amerikaanse veghonde sê hulle is keelvol vir die slegte reputasie wat dié honde dikwels het. Tientalle diereliefhebbers het aan ‘n staptog deelgeneem om bewustheid oor dié tipe honde te kweek.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tiger ·

Ons dogter en skoonseun het ‘n pitbul teef al 8 jaar en sy is die lieftalligste hond wat ons van weet.Hul seuntjie van amper ‘n jaar klim enklouter oor die hond en trek haar ore en ens ens en die hond geniet dit baie.Sy is ontsettend gehoorsaam as daar met haar gepraat word.Hulle skree NOOIT op die hond nie.Sy slaap binnens huis en ‘n inbreker sal beslis nie die hospitaal haal nie.
Ek stem saam dat die eienaar van so ‘n hond baie bydra tot die hond se goeie gedrag of wan gedrag.Pragtige honde in my oe!

Janine ·

Die hond ‘geniet’ dit nie, hy verduur dit. Mens laat nie kind toe om ore te trek, sterte te trek, bo-oor of op honde te klim nie.

susan ·

Sies Tiger, jy en jou gesin moet vir opleiding gaan oor hoe om ‘n hond te hanteer. Janine is heeltemal reg deur haar opmerking dat die hond dit verduur, maar eendag is eendag……………

Anoniem ·

Stem saam susan en Janine….Die hond geniet dit glad nie….hy verduur dit net…maar net op n punt…Wag maar jul gaan nog sien…die hond gaan iemand in daardie huishouding byt en dan is dit die hond se skuld en nie die kinders wat nie geleer word hoe om n hond te hanteer nie.

JB ·

Mense is die probleem…’n hond is ‘n dier. Hy vreet en plant voort. Dit is al wat saakmaak. Alles anders ‘n mensgedrewe.

MissDemeanor ·

So wat moet ek doen om myself te beskerm as ek gaan draf, en ongelukkig genoeg verby ‘n mens se huis draf wat sy veghonde sleg grootgemaak het en boonop ‘n lae heining het waaroor die hond kan spring? Dit gaan vir my absoluut niks beteke om gebyt te word en dan te weet dis eintlik ‘n mens se skuld nie. Ek wil graag he dat jy aan my verduidelik hoe onskuldige mense (wat gebyt word as hul in die straat stap) beskerm kan word teen veghonde met slegte eienaars?

Pittie ·

Miss Demeanor, ek verstaan jou probleem as jy draf. Ek het 3 van die honde. My vraag aan jou is hoe beskerm ek my honde teen mense en hulle kinders wat hulle dag na dag terg? Verduidelik aan my hoe ek aan my honde moet verduidelik dat die mensdom, wat n brein het en vir hulle self kan dink, dit nog steeds so vlak vind en dink dis oulik om enige hond te terg.

My honde het n goeie geaardheid en hulle is liefdevol. Ons is verantwoordelike eienaars, ons sorg dat ons huis altyd hoē mure het.

Die mens wat n brein het en vir hulle self kan dink moet miskien net dit begin doen… dink!

‘n Goeie idee vir n iemand wat draf, fiets ry of stap is om eers die roete met jou voertuig te ry en potensiële gevare te identifiseer en dan voorbereid te wees of besluit om eerder uit daardie area te bly.

Wees pro aktief identifiseer moontlike probleme op n roete wat gedraf, stap of gery word en maak n ingeligte besluit.

As daar Pitbulls is op jou roete of enige hond wat jy nie vertrou nie, neem die besluit (want ons mense het n brein om ons eie besluite te neem) om n roete kies waar jy meer veilig voel.

Dis maar wat ek doen, ek neem verantwoordelikheid vir my eie veiligheid, dis soos om deur n donkerveld te stap 11uur in die aand… stap eerder die ompad waar daar ligte is!

Werner ·

Ek het a teef gehad . Wonderlike hond. Tot klein lammer opgepas en beskerm. Maar toe die familie bedreig was een aand was sy ‘n ander hond en sal tot die laaste vir haar mense of familie baklei.
Ek het nou ‘n reun. Ek moet meer streng wees maar dieselfde as teef. Die honde moet aandag kry en geleer word. Stem saam dis die mens nie dier nie.

Duitswes ·

Ek stem 100% saam! Die spreekwoord se nie verniet “Soek ‘n stok om ‘n hond mee te slaan en jy sal hom kry”.

JaNee ·

Dit is so NB dat enige honde opgelei word. My man gee leer honde (obedience en aanval klasse) en sy kliente kan nie genoeg dankie sê wanneer hul ń gedisiplineerde gehoorsame goed opgeleide hond het nie. Mens het outomaties respek vir die dier. En ja ek stem saam. Dis die mens se gedrag wat die hond maak.

Kloekie ·

Ek weet darem nie. Die honde se gene is wat dit is. Ja natuurlik kan n slegte eienaar dinge vererger. Die honde is verban in sekere lande en moet met muilbande loop in publiek in VSA.

Janine ·

Ja, hul gene is wat dit is. Maw: ‘animal aggression’. Nie ‘human aggression’ nie. Daar is darem ook state wat BSL omgekeer het aangesien dit diddly squat aan die aantal aanvalle gedoen het.

MissDemeanor ·

Ja, die eienaars is die probleem. Maar as ek om die blok gaan stap, en ek loop verby ‘n slegte eienaar se huis wat sy hek oop vergeet het, dan is dit nie die eienaar wat my gaan byt nie, maar sy hond. Dit alles kan voorkom word om in die eerste plek daardie honde te verbied.

Jack ·

Ek dink ons gaan verder in die wêrekd kom deur stupid mense te verbied! Klink na n beter oplossing!

A ·

So as daar ‘n Pitbull is gaan hy jou byt, maar as dit n German Sheppard is gaan hy net daar staan en vir jou glimlag… Enige eienaar wat se hek oopstaan en hy het ‘n hond, of dit nou ‘n Pitbull is of ‘n Jack Russel, hy gaan jou storm, want hy ken jou nie, hy weet nie of jy ‘n bedreiging is nie. Dit is nie regverdig om die hond te verbied omdat jy verby ‘n huis loop wat se hek oop is nie… Ons het Bull Terriers, en as ons die hek oopmaak om te ry en daar loop mense verby, stop hulle en wag dat die hek weer toegaan. Jy weet mos self wat om te doen, moet nie die honde die skuld gee vir jou eie gedrag nie, indien jy dit wil doen moet alle honde verbied word!

Cobus ·

My 4 voet seun is nou 5 jaar oud en absoluut fantasties.Altyd aan my sy en ongelooflik intelligent en opmerksaam.niks nuuts of anders ontgaan hom nie en hy leer maklik en behou elke funksie klokslag.
Is ook n huishond tot my vrou se frustrasie maar ek glo daaraan om hom te bederf.
Hy kyk dan en pas my op.is wakker en baie gematig met geen uitskieters of onvoorspelbare gedrag.is gek om met sy tou of bal te speel en ons kan ure aangaan.
Leer en pas hom op.

Sus ·

Enige hond wat as troeteldier aangehou word, genoeg aandag kry en maniere geleer word is ‘n plesier. As die eienaar nie hierdie verantwoordelikheid neem nie, is die resultaat ‘n probleem-dier.

MissDemeanor ·

Ja Sus, ek dink ons almal stem saam oor die probleem en die nagevolge. Maar wat is die oplossing? Hoe kan ons voorkom dat sulke honde by slegte eienaars opeindig? Hoe keer ons dat probleem diere onskuldige mense byt?

James ·

Die probleem is dat enige hond kan byt naar amper elke keer as ‘n veghond iemand byt is dit doodsake en koerantsake. Die goed is geteel vir veg! Daar word jaarliks talle mense doodgebyt deur Amerikaanse veghonde in SA. Hierdie honde moet verban word of baie streng gereguleer word. Ek moet gaan stap met my 9mm met my hond omdat ek al ‘n amerikaanse veghond in my buurt gesien het. As daai hond my aanval skiet ek dit net daar dood nog voordat dit begin byt want daai honde byt mense en ander honde binne sekondes dood.

m ·

Stem saam, mense is die problem. Hulle gee hulle honde geen liefde en aandag nie en so sit jy met n gefustreerde dier. As jy diere wil aanhou moet jy leer hoe om met hulle te werk. Daar nou ma net mense wat ma eerder glad nie diere moet aanhou nie……………….

Poplap ·

Geluk jy is die trotse ouer van ‘n 4been kind. As my 2been kind jou 4been kind afknou sal hy/sy te doen kry met my 2hand straf. MAAR as jou 4been kind my 2been kind byt gaan hy beslis te doen kry met my 2loop geweer.

Joa ·

Daar is niks verkeerd met enige hond nie, hetsy ‘n Amerikaanse veghond, Rottweiler of Yorkie. Ek stem saam dat enige dier baie aandag en stimulering nodig het. Sommige eienaars gee net nie om vir hul diere nie. Dan se iemand dit help haar niks as sy gaan draf en ‘n hond spring oor die heining en byt haar so wie gaan haar beskerm. Wie gaan jou beskerm as jy gaan draf en ‘n krimineel val jou aan en steek jou met ‘n mes? Die staat???

Janine ·

Duidelik het jy nog geen interaksie met een gehad nie en spoeg dus twak. Ek sit letterlik en stik aan my woede oor mense soos jy se stiksienigheid.

Almal wat hul monde uitspoel oor die honde wat geteel is vir veg, besef duidelik nie dat hulle NIE oor die algemeen aggressief is teenoor mense nie. En verder, in aanvalle is daar selde bewys dat dit WEL ‘n veghond was en nie ‘n gemengde ras nie. Bitter min van die grootbekke weet nie eens hoe lyk ‘n verdomde APBT nie.

Ek vertrou veel eerder MY Amerikaanse Veghonde voor ek enige van hierdie gathappertjies by my kinders vertrou. My honde leef in die huis. My kinders is almal kleintyd al geleer om diere te respekteer. My honde is opgelei en kry steeds daaglik opleiding. Ek weier om die prys te betaal vir idiote wat NIE doen nie.

Morne ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Besit eers so hond, leer hom reg met genoegsame aandag dan kom praat jy weer…onkunde is die werklike gevaar, soos in jou geval!

Joann ·

Miss Demeanor al raad wat ek het gaan stap waar nie honde is nie. Mense is oorsaak dat hul honde ander byt. Kinder maak honde seer en dan byt hul,dis hul manier om hul self te verdedig. Dus soek ander plek om te stap.

sam ·

Ek stem saam met jou ,Morne.
aan vorige leser…PASOP net as n “rotweiler” of “jack russel” oor die muur spring en jou byt as jy gaan draf,want dan kry die arme PITBULL weer die skuld.
oplossing..koop vir jou n tredmill.

Carina ·

Ek sien elke dag oppad werk toe “mense” stap met pitbulls. Jy kan sien die honde word uitgehonger en net vir een doel aangehou. Ongelukkig het die mens gesien pitbulls kan uiters aggressief wees en as hulle eers iets beet het, los hulle nie. So daar’s geld uit te make, so deesdae word hulle in agterplase geteel vir net een doel. Nou loop jy in die straat verby en die wanaangepaste hond sien jou. Net die mens kan die siening oor hierdie pragtige honderas verander.
Rotweilers, Dobermans, Alsations, selfs St Bernards, Jack Russels en Spaniels kan baie aggressief wees as hulle verkeerd opgevoed word. Ek is self deur 2 Spaniels gebyt. Ons bure se Jack Russel kom val my honde aan deur my veiligheids hek. Maar hy word gedurig geskel en moet buite slaap. So wat verwag jy?
‘n Oplossing moet gevind word om te keer dat ENIGE tipe hond iemand sou aanval, maar dit kan net die MENS regstel. Ons honde en katte slaap elke nag op ons bed. Hulle kry tonne liefde en is goed aangepas, maar bewaar jou siel as enige iets ons bedreig. Dan is my Engelse bulhond ‘n moordwapen. My katte het ons al menigmale gewaarsku as daar iemand in ons erf is.
Solank die mens diere vir hul eie gewin aanhou en nie uit liefde nie, sal daar altyd aanvalle wees. Die mens is die sondaar, nie die diere nie!!!!!

Dee ·

Ek lees hier en dit is vir my baie duidelik dat party mense geen benul het waarvan hul praat nie. Pitbulle is ‘n passie, want hulle het passie, beste maatjie vir enige kind en kan boonop die punch vat, aangesien hul baie geduld het.
Hulle is letterlik kinders! Ek het al met ‘n paar verskillende rasse honde tedoen gehad, en kan julle eerlikwaar se, ek vertrou ‘n pitbull meer as enige ander ras, ek kan amper se, ek plaas hul in dieselfde klas as ‘n labrador of ‘n kollie hond. Ons eienaars van pitbulle is trots op ons diere, en moet hul net so oppas soos ons kinders, asgv kreature daar buite.
Hou op om te veralgemeen en voor jy iets te se het, doen jouself die guns en leer die honde ken. Jy sal dalk ‘n baie groot verrasing kry! Dalk is die oplossing dat mens vir ‘n persoonlikheids toets of iets moet gaan voor jy enige hond mag aanhou!

SHERRI ·

Ons het n pitbull, dis nie ons eerste een nie, ons het ook al rottweilers gehad.Ek glo as jy nie n diere liefhebber is nie, moet jy liewer wegbly van sulke honde af, eintlik enige dier. Hulle is spelerig, lekker stout, baie liefdevol, moet baie aandag en dissipline kry, hulle pas jou op. Ek dink enige enige hond kan skade veroorsaak, en dink ook hoe jy hulle grootmaak beteken baie. Jy sal nie hou van hulle as jy nie n diere liefhebber is of as jy nog nooit so hond gehad het nie, ek was altyd so bang vir hulle, wou niks weet van n pitbull nie oor al die stories TOT ons een gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.