Video: Elke stem tel, sê VF+

Pieter Mulder, leier van die VF Plus (Foto: Skermskoot uit die video)

Pieter Mulder, leier van die VF Plus (Foto: Skermskoot uit die video)

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, sê diegene wat dink ‘n stem vir ‘n kleiner politieke party is een wat vermors word, moet wéér dink. Die party het pas sy verkiesingsmanifes bekend gestel en Mulder sê in ‘n verkiesing, maak élke kruisie saak.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Schalla ·

Elke stem tel, waarvoor tel dit?
Ek gaan eerder braai of die Huisgenoot lees dan het ek ten minste beheer oor my besluit van die dag

Moeggepraat ·

Schalla, het jy ooit bietjie gaan kyk hoe werk ‘n proporsionele kiesstelsel? Gaan braai dan maar en maak die ANC sterker.

Hendrik ·

Ja nee die mense kan nie tel nie. Ons stem net wanneer daar met ons gemeenskap onderhandel word. Ons sal nie aan die demokrasie deelneem as daar teen ons gefiskrimineer word met wette soos “affimative action”, kwotas, Bee ens. Mkegrpraat

Hendrik ·

Moegepraat word deel van ‘n homogene gemeenskap en jy sal verstaan

Moeggepraat ·

Hendrik, op hierdie stadium lyk dit vir my die homogene gemeenskap is elkeen vir homself en die duiwel vir ons almal.

Voel so jammer ·

Dit gaan presies onder ons wit Afrikaner volk, hulle kon nooit saamstaan nie dink aan die Sappe en Natte. Wat tel vandag stem vir Afrikaans dws ‘n wit leier wat jou en my kinders, kleinkinders en agterkleinkinders se belange omsien. Hoe meer teen ANC gestem word hoe minder setels het hul in die Parlement dws beperkte besluitneming. Kom ons begin saamstaan soos wat die mense wat ongelukkig is nogsteeds vir ANC stem, hoekom om nie weer ‘n blanke president te he nie, dit is al. Sit op die draad maar MOET asseblief nie kla nie.

Hendrik ·

Moeggepraat en Voel so jammer, Dit is duidelik julle verstaan nie mooi nie. Jy kan nie ‘n homogene gemeenskap vorm as jy nie fisies in een gebied saambly nie. Indien jy ‘n kruisie trek beteken nie dat jy saamstaan of betrokke is nie. Dit gebeur net elke vyf jaar. Dit is wat jy tussenin verkiesings doen. Ons raak moegepraat met mense wat dink hulle gaan die ANC/EFF/DA uitstem. Hulle is te veel. Oeps ek moes nie die DA, die wolf in skaapsklere , gelyk gestel het aan die ander twee liberale partye nie. Hulle is mos anders of is hulle nie…Daar vloei nog steeds rou riool vanaf Kaapstad in die see…

Theo ·

Voel so jammer. As mense verskil beteken dit nie dat hulle nie kan saamstaan nie. Ek is seker daarvan dat ek en jy op baie punte dalk gaan verskil. En tog gaan en sal ons saamstaan. Dit is goed as mense verskil. Natuurlik sal daar altyd “joiners” grootpraters wees. Ek behoort aan Afrikaner organisasies van my keuse maar ten minste behoort ek erns, en raai wat, ons verskil van mekaar op sekere punte. Nietemin, kom ons vergeet van die ou afgesaagde NP propaganda van “Die Boere kan nie saamstaan nie” en kyk vorentoe. Die boere kan en sal saamstaan vorentoe, al verskil hulle.

Poot ·

Schalla
Jy is seker een van die eerstes wat “moan” oor die toetsand van ons land. Maar kom dit by verkiessing……dan “moan” jy ook.
Loop trek jou kruisie en kry klaar.

Dup du Plessis ·

……stemme is so belangrik en ons huidige situasie is ‘n direkte uitvloeisel daarvan……….gebruik bietjie verbeelding en dink jou in ‘n situasie waar daar ‘n Afrikaner tuisland geskep (KP-model) was na 1994………(onthou daar sou soos niks vir ‘n tuisland beding kon word nie…….die hele land en alle instellings was onder blanke beheer op daardie tydstip)……..droom verder……….dan sien jy eie skole, eie universiteite, bekwame regering, veiligheid, orde, ekonomiese groei ens,ens……….en jy weet wat Schalla al hierdie drome is deur stemme vernietig……….en soos die groot boek beskryf – Wat jy saai sal jy maai ………..dus behoort al die ou Natte vandag se senarios aanvaar en dit kromrug, hopeloos die toekoms indra………hoop daar was darem vandag nog ‘n paar in Pretoria oor…….

Rupert Ashford ·

Die KP se model is destyds demokraties verslaan. Julle wou omtrent 50% van SA se grondgebied he waarop omtrent 70% van die swart bevolking gewoon het. Hoe wou jy van hulle ontslae raak? Julle wou nie die harde paadjie van die Boshoffs loop nie. In retrospek was die oorgang ‘n fout, ons moes dalk maar na ‘n selfbeskikking model gekyk het (en kan mens nie lekker slim wees met retrospektiewe data nie) maar die KP se oplossing was daardie tyd nie lewensvatbaar nie en is nog steeds nie verdyn om oplossings te gee nie. So…harde werk en opofferings om iets soos Orania lewensvatbaar te maak, of op die kantlyn staan en gal braak…

Cherokee ·

Die KP was niks anders as ‘n NP-plan om die HNP te verraai. Al wat juule jul voor beywer het was om die regsgesinde stem te verdeel.

Dup du Plessis ·

Nee Rupert Ashford, hulle kon ‘n stuk grond in moerlandspan afgegee het en dit sou kon werk, as Lesotho en Swaziland bestaansreg het sou dit vir baie van ons ook kon werk…….en moet nooit van opofferings praat en veralgemeen nie…….was in die ou Valskermbatajon in my tyd, ‘n jaar in Angola, 2 maats in Angola verloor en een wat paraplegies na sy ouers terug gestuur is, ‘n hele paar wat vermink terug samelewing toe is………so dink baie mooi voordat jy praat……en dink vir een oomblik hoekom ons dit destyds gedoen het……..dink jy dit was vir SA soos dit nou lyk.

Johan ·

Plaas aanvalle, wrede moorde en verdrukking teen ons, waar is die vf +, ek wil stem maar almal sit en dit is soos jagters wat net dood maak en verwoes en niemand se of doen iets nie. Is dit maar net normaal ????

Realiteit ·

Die vf plus is die enigste party wat die Afrikaner nog verteenwoordig. Die DA moet noodwendig hul rug op ons draai om meer swart stemme te kry wat goed is want hulle moet die ANC stem verklein. Daarom is die VF plus die enigste verteenwoordiging nog vir ons, en daarom moet ons hulle ten volle ondersteun.

ElgeraineR ·

Baie mense stem nie, daar is ook nie eintlik n party waarvoor mens wil stem nie.

Nico ·

Het in 1987 die voorreg gehad om lang gesprek met Dr Corne Mulder te voer. Sal nooit weer iets anders stem nie.

cobusp ·

Nico ons lewe in jaar 2016…………baie water het in die see geloop sedet 1987…..

Cherokee ·

Cobusp, die water wat in 1987 in die see geloop het en die water wat nou in die see loop is identies.

Voel so jammer ·

Ag genade tog julle wat nie kan besluit vir wie jul wil en of jul moet stem nie. Stem tog net vir ons blanke Afrikaner, maar stem!!! Gewoonlik is jul die mense wat so kla, kla en kla. My oorlede pa het julle DRAADSITTERS genoem. Draadsitters is soos ‘n druppende kraan maak groot geraas maar doen en beteken niks. Ek se vir my kinders en kleinkinders wat hul ore uitleen aan die geen stem mense, moet nie jul ore uitleen nie want as jul nie stem nie kom kla jul net nie by my nie. As jy stem mag jy maar klaar. My 2 kinders en 2 kleinkinders wat al kan stem behoort ook aan Afriforum en Solidariteit want hul weet waar le hul verantwoordelikheid teenoor hul nasie.

janneman ·

Hoekom is dit dat met verkiesingstyd alle partye skielik lewe kry? Na die verkiesings, wanneer hulle parlement setels weer gewaarborg is, hoor en sien jy hulle skaars. Soos Johan hierbo se, waar is hulle wanneer plaas aanvalle plaasvind en hulp nodig is, soos bv die Parys boere? Nee wat, vir oè verblindery het ek geen tyd meer nie, so nie een van hulle moet my stem verwag nie, want ek stel nie belang om te stem vir iemand wat my nooit weer na die verkiesing van enige doel sal wees nie. Dis my opinie van elke parlementarier, ken jou en vereenselwig kamma met jou situasie sodat hy of haar posisie in die parlement gesement is, dan ry hulle maar saam op die soustrein, maak net so nou en dan n geluidjie om die mense se gewetens daar buite te streel, maar geen werklike aksie vloei daar uit nie……want parlement speel is n getalle speletjie…..

cobusp ·

Janneman jy is heeltemal reg………laat die vf+ vir ons se en bewys wat hulle die laaste paar jaar bereik het en gedoen het vir ons blankes……….dan praat ons weer oor stemme….

Moeggepraat ·

Daar is baie bereik op plaaslik en nasionale vlak. As jy meer betrokke raak en bietjie effort insit sal jy dit agterkom.

KarooKlong ·

Die beste skeidsregters sit op die paviljoen.
Hoekom jou as ‘n politieke guru voordoen as jy nie eers wil stem nie?
Soms wonder ek ook.
In stilte.

cobusp ·

Daar spring dok mulder agter die bow uit………bly tekenne dok lass van jou gehoor seker so 4 jaar terug………sorry die verkiesing is ok die draai en n paar stemme sal jou n setel of n sitplek in die parlement gee met n lekker salaris en pensioen en n lekker ryding bo op dit……….dok ek daag jou uit om n lys van aksies te maak wat jy en jou vf+ gedoen het die laadte 4 jaar vir die blanke afrikaans sprekende in sa in ruil vir my stem……..ek dink nie dus onbillik nie……..

Jamez ·

Stem reg, bly weg. Im deel te neem aan demokrasie is om jou siel te verkoop aan Satan. Mulder se modus operandi is om sy volgelinge bewus te maak van hul eie kwyning.

Veritas ·

Die dag wat daar ‘n natuurlike LEIER opstaan en hom/haarself beskikbaar stel, is die dag wat ek weer die moeite sal doen om te stem. Intussen sal ek maar my demokratiese reg uitoefen en buite stemming bly. ‘n Wegblystem is ook ‘n stem.

Moeggepraat ·

Jy is heeltemal reg, ‘n wegbly stem is ook ‘n stem… vir die ANC. Doen jou huiwerk op kiesstelsels en jy sal dit vinnig agterkom.

Voel so jammer ·

Veritas hoekom gaan stel jy jouself nie as LEIER nie, nee wat stilswye pas jou en almal wat nie stem nie beter want waaroor gaan jy kan kla as dinge verander in die blanke Afrikaner se guns. So verontskuldig jy jou van jou voorreg as stemgeregte en jou nageslag. Ek wed jou sodra ons weer ‘n blanke regering het gaan jy stem. As jy nie stem nie gaan dit nooit gebeur nie. Geen leier van ‘n party leef vir ewig nie. Foei tog!!!! Kan nie wag om te sien hoe jy dinge gaan verander nie as jy jouself as leier beskikbaar gaan stel nie.

Veritas ·

Moeggepraat ek sien jy stel voor dat almal, wie se opinie van joune verskil, moet gaan huiswerk doen. Jy is mos die slim meneer, mevrou of mejuffrou wat reken dat ‘n wegblystem, ‘n stem vir die ANC is. Volg nou bietjie jou eie raad en gaan doen jou huiswerk. Indien 1000 kiesers, wat met die vorige verkiesing ANC gestem het, besluit om buite stemming te bly, hoeveel stemme het dit vir die ANC in die sak gebring? Jy het seker nooit so daaraan gedink nie, het jy? Vir my gaan dit nie oor ANC, DP of EFF nie. Dit gaan oor LEIERSKAP. Iets waaraan daar in die SA-politiek, ‘n groot leemte is. Inteendeel dit bestaan nie.

Moeggepraat ·

Veritas, kan jy staatmaak op daardie veronderstelling? Waar is die leiers dan? Staan ons eiegeregtigheid soms in die pad van goeie oordeel? Dan: Hoe meer OPPOSISIE nie stem nie hoe sterker maak dit die ANC… maak DIT sin vir jou?

Christo ·

Veritas wat of wie sou jy nou se is n natuurlike leier! Noem enige naam! Dr Mulder probeer sy bes hy of enige ander Lyer /Leier gaan nie antwoorde he nie wat verwag jy? Miskien n Singoma of n toordokter ?

Veritas ·

Christo, op hierdie stadium kan ek nie aan een politieke figuur dink wat ‘n natuurlike leier is nie. Die vermoë om te lei, is nie iets wat aangeleer kan word nie. Dit is iets wat sekere mense mee gebore word. Op die politieke toneel is daar vandag weinig om opgewonde oor te raak. Buite die politiek, kom die naam Thuli Madonsela by my op. Iemand wat, sonder om te probeer, die guns van die meerderheid deur haar optrede gewen het.

Rynhardt ·

Dr.Pieter Mulder, u is reg dat elke stem tel, want R122000 p.m. is op die spel vir u! In 22jaar kon u nog nooit tusden45-50% steun teen dieAnc benie . Voordat ek vergeet, in die verlede het u vir die Anc gewerk as adjunkminister van landnou, bosbou en vissery, die einste Anc wat ons onderdruk vir 22jaar! Wat het u daar vermag? Niks, want in 2014 het Zuma u die trekpas gegee plus in 2016 word dievonteieningswet deur Anc goedgekeur! Dr.Mulder, hou op om publiek te mislei!

Moeggepraat ·

Rynhardt, wie mislei wie hier? Geen opposisie party op hul eie kan die syfers haal wat jy daar noem nie. Die DA het 22% behaal wat ver weg is van 50%. Wat het die feit dat hy adjunkminister was met jou redenasie uit te maak? Persoonlik dink ek dit is goed dat minderheidspartye in sulke posisies beland, want dit het tog ‘n invloed, al is dit min. Deur te se dat hy niks vermag het nie is ‘n blatante leun. Gaan doen maar jou huiswerk. Rynhardt, hou op om die lesers te mislei.

John ·

Watter wonderlike kiesstelsel! So kan ‘n klomp nikssegende partyleiers in die parlement sitting he en ons betaal hul salarisse en skep so ook die indruk van ‘n geslaagde demokrasie. Geen sweet tap die Mulders af in ‘n poging om die Afrikaner-drenkelinge van reddingsboeie te voorsien nie. Ons gebroeders eet soos soet seuntjies hulle ‘Shaka’-laka en wag op ambassadeursposte in verre lande, weg van hul kiesers se verlore verwagtinge.

Veritas ·

Knap gestel John. Ek dink die laaste politikus, wat kiesersbelange bo eiebelange gestel het, was Die Skim.

Voel so jammer ·

John, Veritas, en al die ander DRAADSITTERS ek wag om die kieserslys te sien met jul name op!!!!!!!!!!!! Grootbekke ek wonder wat doen julle self om die omstandighede te verander nog nie julle name in die koerante gesien met jul oplossings nie!! Kom nou manne ek as vrou daag julle uit doen iets al is dit net om te stem. Wys jul familie jul gee om wat van hulle gaan word. of nee wat, my kinders volg pappa se voorbeeld moenie stem nie want dan kan die ANC alles van jul wegvat selfs jul geloof want ons sukkel alreeds om dit in die skole te hou. Want baie kinders hoor van Jesus in die skool omrede ouers ook nie glo dit sal help om te bid nie. Bid vir reen maar vir ons volk wat verlore gaan, nee wat hoekom want ons kan nie eens stem nie. Ekke is finish, gedaan, gee moed op oor ons slapjan blanke Afrikaner volkie. Totsiens

Grap ·

Dit is jammer Afriforum/Solidariteit is nie ‘n politieke party nie ek sou definitief vir hulle gestem het.

Hendrik ·

Hulle moet juis uit politiek bly. Binne die huidige politieke stelsel word minderheidsgroepe verswelg deur deur die massiewe meerderheidstem. As ‘n regstaat moet moet huidige wetgewing afgedwing word in die hof en dit moet deur burgerregtegroepe gedoen word. Dit is waar Afriforum in pas. Hoop jy verstaan.

Varkie ·

Haha elke stem tel… goeie een, as jy nie n sitplek het nie broer, dan sit jy nie in parlement om besluite te neem nie… EN al kry jou party n paar van hulle gaan jy in elk geval uitgestem word deur die twee derdes meerderheid van die ander span

Moeggepraat ·

Hoe kan ‘n 2/3 meerderheid makliker bereik word deur die ANC? Wanneer kiesers nie stem vir opposisie nie. Hoe is metros weggevat by die ANC? Deur koalisies tussen opposisie partye. So ja, jou stem tel. Op plaaslike vlak maak dit ook ‘n groot verskil.

Moeggepraat ·

Ons kan nou maar kla soveel as wat ons wil, ons is deel van ‘n politieke bestel en deur slegs jou ketel aan te sit, is daar op een of ander manier politiek betrokke. Miskien as mense meer betrokke raak sal hulle wel sien wat gedoen word, maar dis mos makliker om op die kantlyn te sit en kritiseer en moan. Feit is, as jy nie stem nie, dan stem jy eintlik vir die ANC: 10 Kiesers, 6 ANC en 4 Opposisie = ANC – 60%. As een van die opposisie nie stem nie word die totale kiesers 9, dus 6 ANC en 3 Opposisie = ANC – 66%.

Dries ·

Aan almal wat nou kla oor watdoen die VF+ kwansuis .Hulle stry en veg om die voortbestaan vir jou as blanke met regte . Hulle werk nou saam met Afriforum , Solidariteit , agter die skems terwille van die Blanke . Elke stem vir hul maak hul sterker , so eenvoudig soos dit. Daardeur sal die leiers van more kan opstaan en lei , nie deur op die kantlyn te sit en nie te stem en boonop die huidige terroriste te kritiseer en kla oor hul swak bestuur.Deur nie te stem moet jy nie kla oor wat aangaan in die land nie , dan is jy presies netso soos huidige anargiste wat alles brand en verwoes.

Hendrik ·

Ons soek nie meer agter te skerms werkery nie. Ons soek dit oop en bloot. ‘n Kollektiewe protes teen die huidige demokrasie.

Ahooy ·

Dries, Jy slaan die spyker op die kop. Ons Afrikaners het nie n idee hoe die politiek werk nie.
Stem vir die party wat vir jou ideale en waardes staan, al is hy hoe klein. Elke stem maak hulle sterker en gee hulle meer sê in die parlement. Dan sal daar ook meer publisiteit gegee word aan wat hulle werklik doen. Kerm en kla en bly weg en ons almal sal die vrugte daarvan pluk!

Henk ·

Ek skaam my dood vir die onkunde,en uitsprake van oningeligtes hierbo,doen asb.moeite en gaan vind uit oor die kiesstelsel,deur niks te doen is jy deel van die probleem,

Hendrik ·

Ja nee Henk dit is juis hoekom die proposionele sitplekke daar is vir die minderhede. Hulle sit daar vir die volgende vyf jaar en hou die stoele warm. Onthou dit is nie ‘n demokrasie as jy die geleentheid kry om te stem nie. Demokrasie geen vir minderhede ook regte en dit word nou vertraf deur “affirmative action”, kwotas, bee, ens. Dit is tyd dat die minderheid die demokrasie boikot deur nie te gaan stem. Dit sal die wenkbroue in die wereld laat lig! O ja ons doen baie om buite die huidige stelsel ons eie ekonomie en gemeenskap te bou.

Moeggepraat ·

Hendrik, stank vir dank. Het jy al in daardie stoel gesit? Het jy al probleme opgelos binne jou plaaslike munisipaliteit? Weet jy waarvan jy praat? Moenie sommer net goed se omdat dit jou die een of ander gevoel van genoegdoening gee nie. Jou raad gaan ons net verder sink.

Hendrik ·

Jip ek was lid vir 2 jaar van ‘n wykskomitee. Na 2 jaar het ek regtig opgegee. Die wyke is so ingedeel dat die belastingbetalers feitlik geen se meer het nie en die meerderheid oorheers alles.(Plakkerskampe en gewone buurte word samgevoeg). Wie dink jy gaan wen en wie is die raadslid? Vergadering na vergaderings is oor dieselfde dinge gepraat en die wyks raadslid wat verkies was pateties.

Rynhardt ·

Vir die “slim” VF+ ondersteuners:Jul dr.Mulder maak van dieselfde taktiek gebruik as die ou NP! Vra vir dr.Mulder hoekom hy nog nooit die Anc se omstrede wetgewing in 22jaar kon keer nie? Vra hom ook, hoekom hy nog nooit 45-50 % steun of meer teen die Anc kon kry nie? Voor ’94 was die politieke bestel gebou op bedrog en leuens en die tradisie is vir 22jaar voortgesit! Jul geliefde dr.Mulder was deel van Kodesa waar jul uitverkoop was plus dr.Mulder het ook vir Anc gewerk wat ons Afrikaners onderdruk.Jul VF+ ondersteun nes ander partye die kieslyste wat uit miljoene der miljoene spookkiesers bestaan wat geen wettige adresse het nie.Wat se dit van die VF+ jul wat hom ondersteun? Blindes soos jul bly floreer!!

Moeggepraat ·

Slim Rynhardt: Kon enige iemand of opposisie party omstrede wetgeging tot dusver omkeer? Is enige opposisie party daartoe in staat om 45 – 50% op hul eie te kry? Ons is nou in 2016 my maat, nie 1994 of pre 1994 nie. Weereens saai jy jou blatante leuns deur te se die VF+ ondersteun die kieslyste. Die uitspraak is wel aanvaar, omdat dit nie nou anders kan nie, maar dit word nie ondersteun nie. Wat sou jy in al jou glorie daaromtrent doen? Jou persoonlike vendetta teen Dr. Pieter Mulder spreek meer as wat jy dink. Se my, wat gaan JY DOEN om te probeer iets verander vir ons land, ons minderheid, ons taal en ons erfenis?

Koos ·

Ek stem eerder vir die VF voor ek vir ‘n party soos die DA stem.Hulle wil jou stem hê maar niks vir jou doen nie gaan hulle diskriminasie gebaseer op velkleur afskaf as hulle in beheer is? Wat van hulle goedkeuring van die Moskee in Valhalla?koalisie vorm met die eff.??

neelsie ·

Dankie Henk,
Volgens die gesprek kan mens agterkom hoe oningelig “ons”mense is .
Saamstaan was nog altyd vir die Afrikaner n moeilike begrip.
Onthou die D A is maar net die Anc in blou!
Stem ten minste vir jou eie!!!

Rynhardt ·

Moeggepraat, ek is nie die een wat leuens verkondig nie, maar jy word gespeel deur dr.Mulder, nie ek nie, my ou! Ek verstaan die plaaslike en internasionale politiek beter as jy.Jou Mulder steun die verkiesing wat miljoene der miljoene spookkiesers het, ek steun dit nie!Jou antwoord is die Here en om n hegte volk te word.Ek gaan jou, Moeggepraat tegemoedkomend wees.Jou VF+ wat aanbid gaan nie eens 5% steun haal in munisipale verkiesing nie! Kom ons kyk wie gaan vir wie ore aansit! U en u geliefde dr.Mulder kan my nie breinspoel nie, my ou!

Moeggepraat ·

Rynhardt, ek het nerens enige iets op jou afgedwing nie. Hoe weet jy wat jy beter verstaan as ek as jy my nie ken? Wat is jou kwalifikasie dat jy kwansuis plaaslike en internasionale politiek so goed verstaan (google tel nie)? GEEN opposisie party gaan dit op hulle eie regkry om die ANC te tuimel nie, dit sal deur koalisies gedoen moet word (op plaaslike vlak bewys). Nou het ek een vraag aan jou, professor Rynhardt: Wat is jou voorstel? Hoe kan ons minderhede, hulle regte, hulle taal, kultuur en erfenis beskerm? Wat is die pad vorentoe?

Takkie Takuuza ·

Ja en met 73 geregestreerde partye om die opposisie op te split gaan elke ou stemmetjie saakmaak. Dis net een vreeslike sandpit met klomp kindertjies daarbinne. As ons net twee partye gehad het kon demokrasie gewerk het. Maar ou Frederik het nie dit ge-kodesa nie.

vermeende ·

Die pen is magtager as die swaard……..BULL DUST!!
Hoe lyk die pervekte demokrasie, nie soos SA s’n nie maar soos die VSA s’n waar die versikil die die uitslag bepaal word deur n enkele persentasie, nie soos SA wat verkiesing na verkiesing besleg word met n weghol oorwinning nie. Dit is meer n dektatorskap as demokrasie.

Stem as julle wil stem maar moenie kom voorhou dat STEM die alfa en die omega is nie.
Volgens statestieke sal dit eers oor 30jaar die moeite werd wees om te stem want teen daai tyd het die lojale ANC kieser die lewe verlaat vat net ANC sal stem.
Dit maak nie saak hoe mooi jy dit wil aantrek nie, jou stem kan huidaglik geen inpak maak nie….hoekom? want wette word gepaseer op die meererheid stem in die perlement en as jy dink jy staan n kans om n stem van meer as 50% te kanseleer met n stem van minder as 10% indien alle blankes van geboorte tot erg bejaard sou stem dan het jy sekerlik saam Zuma geleer tel.

Stem as julle wil, ek gaan braai. Wie braai saam?

Karolis ·

Ek let op dat die grootste persentasie kommentators die is wat beweer hulle nie stem nie of nie gaan stem nie. Moet diegene dan nie ook die grootste persentasie reflekteer wat nie kommentaar lewer nie?

JaWat ·

Siestog… Dis net veraaiers wat nie wil stem nie. Maar as daar gekla word oor die situasie in die land dan staan hulle heel voor en tjank. Kom by en dink vir n slag aan jou medemens, jou kinders, kleindinders en dit wat saakmaak vir jou. Noem n mens dit nou n Volk of sommer net Sl@pgatte!

M A ·

Dit lyk my dié wat besluit het om nie te stem nie, wil net agterna kan sê dis nie hulle skuld nie want hulle het nie daarvoor gestem nie. Sê nou daar is 100 mense geregistreer om te stem: 45 wat vir die ANC is, 20 wat vir die DA is, 25 vir ander partye en 10 Afrikaners wat op die draad sit. So sal die ANC dan 45% by die stembus kry as almal stem en die DA 20% – dis nou as die Afrikaners vir ‘n party anders as die ANC of DA stem. Maar as die 10 Afrikaners wegbly, dan kry die ANC 50% (45 uit 90 stemme, in plaas van 45 uit 100 stemme).

Anoniem ·

Net om na al hierdie kommentare te lees besef mens hoeveel blankes gaan nie stem. Wonder of elkeen van jul besef julstem gaan dan OUTOMATIES vir ANC…Moet dannie kla as niks regkom in die land.
JY is OUTOMATIES deel van die gemors dan wat in Suid Afrika gebeur!!!!!!!!!

Moegviraldiebeloftes ·

VF+ sal nooit OOIT weer ons stem kry nie daar hulle ons stem weggegooi het met die oorlopery IVP toe – ons woon in Gauteng ( ek en almal wat in ons buurt vir hulle gestem het glo tot vandag toe nog die oorlopery was om ‘n sitplek in die parlement te kry daar hulle nie baie setels kon wen nie (vir jare was ons vir die wolwe gegooi!!) – deur hulle oorlopery moes ons jare sukkel en baklei om onder die ANC se munisipaliteit beleid uit te kom. Dat hulle vir die Afrikaner staan tel ook nie by ons nie – hulle doen niks vir enigiemand in ons buurt nie enigste tyd wat jy van hulle hoor is elke as dar ‘n verkiesing is. Ons munisipale stem gaan DA toe die parlement een is in die weegskaal – ons stemme is te kosbaar om te mors met allerhande simpel wette wat ons suid-afrikaners benadeel – ons gee nie wie of wat jy is nie pienk, pers geel met blou kolle ALMAL het ‘n reg op ‘n bietjie son om oor hom te skyn!!! As daar vir iemand gegee word moet almal dit kry daar mag nie onderskeid getref word nie het so ook vir die DA hoofkantoor gesê. VF+ het net so lekker stilgebly oor al die wette wat nou in werking is.

ElgeraineR ·

Stem so saam met jou! Tenminste kan n mens sien wat die DA regkry..hulle probeer immers n verskil maak. Mens kry soms die indruk die VF+ staan op die kantlyn…

Moeggepraat ·

Ten minste staan julle vir iets. Ten minste weet julle wat is julle verantwoordelikheid. ElgeraineR, terloops, sekere media gee die VF+ so min dekking dat mens nie alles te hore kom nie… maar ek kan jou se, hulle staan nie op die kantlyn nie. Gelukkig gaan julle stem, dis beter as om net, soos ander hier, eerder te gaan braai of huisgenoot leees.

Geen stem ag pateties man! ·

Watse kans staan die blanke teen n oormag van anc swart ondersteuners huh? Boggerol! Op die oomblik is die anc die sterkste party nie net omdat so baie vir hul stem nie maar juis ook so baie nie teen hul stem nie maw glad nie stem nie! Watter partye anders as VF wil blanke belange probeer op die hart dra die DA??? Ja ek wens ok Afriforum en solidariteit was n party want hul beteken iets vir die blanke Afrikaner maar hul is nie so beweeg aan!
Ag asb blanke man of vrou in swart Afrika word wakker man om vir die Da te stem is maar net n ” lesser evil” as die anc, hul die DA voel vere vir jou en jou blanke belange ,en om glad nie te stem nie veral nou se eintlik maar net jy is nie meer in Suid Afrika nie want jy gee nie om nie,maar glo jy gaan want dinge kan en gaan nog baie slegter raak veral met sulke patetiese traak my nie houdings! Vind dit so tipies blanke Afrikaner, wil net moan en groan maar willie doen nie net kla kla kla en klein dink en net vir homself vir en net vir dan besluit….ongelukig is die nagevolge daar vir n laaaaang tyd waarmee jul maar weer mee sal moet saam lewe…ai ai ai…

ElgeraineR ·

Moeggepraat, dis goeie nuus vir die VF+ ondersteuners, want heelwat mense voel soos ‘moegviraldiebeloftes’, ek dink mense wil die VF+ meer aktief sien, meer betrokke in gemeenskappe, maar dit lyk nie altyd so nie, die dat mens die indruk kry van ‘op die kantlyn’ wees.

Moegviraldiebeloftes ·

Deur die jare het ek nog altyd gestem vir die party wat my beginsels verteenwoordig. Huidiglik is daar geen party wat in die parlement diens doen wat dit doen nie – dus my stem is daar op ys (vir nou) – munisipale stem is dit absoluut selfmoord om nie vir die DA te stem nie daar hulle klaar bewys het in al die munisipaliteite dat hulle definitief doen wat hulle belowe het. Dis ‘n lang pad wat ‘n mens moet stap saam met hulle om alles weer reg te stel . Ek sal enige tyd my rekeninge betaal want dit word reg aangewend. Ook word ons almal oor dieselfde kam geskeer almal kry die wetstoegelate gratis water en ligte nie net ‘n paar uitverkoses nie terselfdetyd word groot opheffingswerk ten opsigte van al die mense wat swaar kry gedoen oral in die munisipale gebied – ons 1ste burgemeester het haar eie voertuig vir amptelike werk gebruik en die nuwe voertuig se fondse vir ander dinge in die begroting gebruik ter bevordering van die gemeenskap – met so ‘n voorbeeld kan ‘n mens net trot wees en weer vir hulle stem. Die huidige burgemeester gaan aan en bou nou verder waar die 1ste een opgehou het – dus daar is dan net een party wat ek voor sal stem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.