ʼn Groep betogers het Maandag in die strate van Benoni aan die Oos-Rand ingevaar en onder meer erge skade aan die plaaslike brandweerstasie aangerig.
Die Ekurhuleni-nooddienste het in ʼn verklaring gesê die voorval het omstreeks 08:15 plaasgevind en het bedrywighede by die brandweerstasie tot ʼn stilstand gebring.
“Klippe en ʼn verskeidenheid van voorwerpe is gebruik om die nuwe opgeknapte groot outomatiese deure en kantoorvensters te breek,” lui die verklaring.
Betogers van Actonville, Wattville, Mandleni, Lakeview, Leachville en Emlotheni het oor dienslewering betoog en onder meer die brandweerstasie beskadig toe hulle opgeruk het na die kliëntedienssentrum in Benoni se sakegebied. Hulle het daar ʼn lys met griewe aan amptenare oorhandig.
Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder vir Gauteng, het aan Maroela Media gesê die situasie was teen 14:00 grootliks onder beheer. “Die polisie bly egter op die toneel om ʼn wakende oog te hou. Agt mense is tot dusver in hegtenis geneem in verband met openbare geweld,” het hy gesê.
Sover vasgestel kan word, het niemand ernstige beserings opgedoen nie.
Afrika springkaan weer op die trek?
Dis reg verniel alles want dit is al wat julle goed kan doen.
Die feit dat die gebou beskadig is laat dit voorkom asof die polisie gestaan en kyk het hoe dit gebeur.
Anders as Moses , het Jan van Riebeek ons beslis nie na die “beloofde” land gelei nie . Sal hom maar moet dagvaar !?
Nee, Dries, Jy is verkeerd. Ons was na die Beloofde Land gelei….en ons het hom gehad, maar verkeerd bestuur, en toe in 1990 weggegee….sonder om daaroor te bid of te beraadslaag. Sal nie help om ou Jan te dagvaar nie. We did it to ourselves…
Die wat in hegtenis geneem is sal seker nes die in Bloemfontein op n belaglike bedrag vrygelaat word op borg.
net at in hegtenis geneem? het die ander net gestaan en kyk of het hulle saam amok gemaak?
Dieselfde het vanoggend in Vanderbijlpark gebeur.
Ek werk in Benoni en die winkels is getroop so ver hulle gegaan het. Cash Crusaders is leeg gedra en twee twee het wegehol met yskaste en wasmasjiene. Wie in die lewe hou ‘n optog met wapens soos 5lb hammers……
Skrik wakker en besef hierdie is ‘n rewolusie. Dat SAPS in paralysis is teen hierdie saakbeskadigers, is n duidelike aanduiding van dinge wat nog volg. As vernietiging van staatsinstansies en privaatbedrywe toegelaat word, is dit net n kwessie van min tyd…
En dan? As wakker geskrik word en met jou rewolusionêre aantyging saamgestem word? Wat stel jy dàn voor moet gedoen word? Jy kan nie net sê ‘word wakker ‘ nie. Jy sal ook opvolg stappe moet duidelik maak.
My houtoog soek die video, of kyk ek met ‘n houtoog?
Van hulle is polisie lede wat van diens af is.
En die liberaliste se “oplossings” vir hierdie probleme? Ons wag om van julle te verneem. Lyk of julle ook aan die uitsterf is soos die Ja-stemmers van destyds
Voor mense oor dienslewering kom betoog en verwoes wys my waar is jou kwitansie van verlede maand se erfbelasting,water en ligte
Jacob – dit is nou die beste kommentaar nog! Mag iemand in ‘n magsposisie asseblief jou voorstel sien en toe pas.
Geen logika
Hoe is dit moontlik dat ‘n jonger nuusberig (Spur) se kommentaar gesluit is teenoor hierdie een?
Gaan dit oor die tyd van publikasie of begin die aftel by die eerste kommentaar?