[Video en foto’s] Betogings vlam weer op by universiteite

Studente betoog op die Universiteit Kaapstad-kampus. Foto: Twitter via @UCTMSA

Studente betoog op die Universiteit Kaapstad-kampus. Foto: Twitter via @UCTMSA

Na aanleiding van die departement van hoër onderwys se aankondiging dat universiteite self kan besluit oor fooiverhogings in studiegeld vir volgende jaar, het betogings weer by verskeie kampusse oor die hele land uitgebreek, hierdie keer onder die vaandel van #FeesMustFallReloaded.

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag gedreig dat hulle die universiteit tot stilstand sal bring indien die universiteit studiefooie verhoog. Die studente eis dat studiefooie onveranderd bly tot die regering gratis tersiêre onderrig instel. Studente het Dinsdagoggend weer akademiese bedrywighede op die kampus ontwrig en groepe betogers het oor die kampus beweeg om ander studente te mobiliseer om aan die protesaksie deel te neem. African News Agency het berig dat tien studente vanoggend op die kampus in hegtenis geneem is.

'n Klaskamer by die Universiteit van Pretoria waar 'n toets Maandag (19 September 2016) deur betogers ontwrig is. Foto: Verskaf

‘n Klaskamer by die Universiteit van Pretoria waar ‘n toets Maandag (19 September 2016) deur betogers ontwrig is. Foto: Verskaf

Intussen is lesings en toetse Maandagmiddag by die Universiteit van Pretoria ook deur betogers ontwrig wat klasse binnegestorm, gesing en gedans het en studente se vraestelle afgeneem het. Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê daar was “enkele geïsoleerde voorvalle van protesaksies” op die kampus, maar alles was Dinsdagoggend weer rustig.

“Dit is nog vroeg, so ek kan nie seker wees dat daar vir die res van die dag niks sal gebeur nie, maar daar is tans geen ontwrigting aangemeld nie. Die nodige stappe is gedoen om verdere ontwrigting te verhoed,” het Bouwer gesê. “Alle akademiese bedrywighede gaan normaalweg voort.”

Polisiebeamptes Dinsdag (20 September 2016) op die Wits-kampus. Foto: Twitter via @ntox_luth

Polisiebeamptes Dinsdag (20 September 2016) op die Wits-kampus. Foto: Twitter via @ntox_luth

Akademiese bedrywighede moes Dinsdag ook by die Universiteit van Kaapstad (UK) hervat word, maar betogers het reeds vroeg Dinsdagoggend begin amok maak op die kampus. Betogers het om die kampus saamgedrom en ingange van die kampus afgesper. Polisiebeamptes is ontplooi om die situasie te monitor.

Op die universiteit se amptelike Facebook-blad het die universiteit gesê Baxterweg is heeltemal deur betogers afgesper, asook die noordelike ingang van die hoër kampus en die ingang van die mediese skool se kampus. Volgens die universiteit is al die roetes van kampusbussies op die laer kampus ook deur betogers afgesper. Die universiteit het egter volgehou dat akademiese bedrywighede, insluitend toetse, normaalweg sal voortgaan.

Alle akademiese bedrywighede is Dinsdag op die Bloemfontein- en Suid-kampusse van die Universiteit van die Vrystaat (UV) opgeskort weens “groeiende spanning op die kampusse en ontwrigting van akademiese aktiwiteite” deur studente wat ontevrede is oor Nzimande se aankondiging. Administratiewe bedrywighede op die Bloemfontein-kampus is ook opgeskort.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die senior leierskap van die universiteit het besluit om die akademiese bedrywighede op te skort om die bestuur kans te gee om met die studenteraad gesprek te voer.

Alle bedrywighede op die universiteit se Qwaqwa-kampus gaan normaalweg voort.

In die onderstaande video kan gesien word hoe betogers Maandagaand ‘n klas op die Tuks-kampus ontwrig:

[wpvideo uTt9ZXcx]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

abba ·

Dit is mos wat De La Rey wil he. Toon julle griewe- Toon julle griewe en sy is Okay daarmee. kan hulle mos nie vasvat nie – groot maatjie van ou Wim. Groot maatjie. ook mos anti-Afrikaans. Sy verkies mos hierdie spul. Soort soek soort.

Nita ·

Waarom betoog studente? Hulle het gekry wat hulle wil he. Rykes moet betaal en armes kry gratis opleiding.

DD ·

Ek stem Nita. Wat wil hulle meer hê ? Ek verstaan nie. Alle huishoudings met ‘n inkomste minder as R600 000 betaal geen verhoging volgende jaar nie. Dit sluit my as enkelouer in en ek beskou myself nou nie as armlastig nie. Die studente wat nie hiervoor kwalifiseer nie kla verseker met die witbrood onder die arm. Enige persoon met logiese denke kan tog verstaan dat gratis tersiêre onderrig nie in SA moontlik is nie – dalk voor 1994, maar verseker nie nou nie.

Justice ·

Nita ek stem saam met jou vraag – ek kan jou egter verseker dat bitter min van daardie betogers akademiese sterre is. Die meeste sou in elk geval gedruip het ongeag – hierdie ontwrigtinge op jaareind pas hulle soos `n handskoen.

Denise ·

Wil die studente klas loop of wil hulle net soos barbare als verniel hulle het geen benul hoeveel dit kos om so n gebou tot stand te bring want hulle gee nie om nie SWAK!!!! without prejudice

Karma ·

‘n Paar basiese reels vir universiteitstoelating:

(i) Minimum matriek slag-vereiste: 70 % (nie 30%) nie
(ii) Bewese Engels-vaardigheid (m.a.w. jy moet die aansoek-onderhoude in Engels kan
doen)
(iii) Bewys van inkomste van ouers en/of jouself en ‘n beëdigde verklaring dat jy enige
studie-skuld na afloop van jou studies binne ‘n aanvaarbare tyd, sal afbetaal

Hierdie 3 goed sal die spul Zimbabwiërs, Mosambiekers en oor die algemeen-onnoseles wat NIE op universiteit hoort nie, summier uitskakel.

Marianne ·

Die Regeering is ver tegemoedkomend met opstande van alle aard. Bring die Weermag in en skaap kraal hulle. Suit die hele klomp op –

Connie ·

Ek kry net die kinders jammer wie se ouers betaal, ten duurste en dan kan hulle nie aangaan met klasse nie. Waar is hulle regte? Ek kry ‘n ongekende wrewel in my.

Ruby ·

Connie, ek stem saam met jou. Die studente het genoeg stres, om nog hierdie trauma ook deur te maak is wragtig nie regverdig nie.

Hulle sweep mekaar so op, sommige het so ‘n wilde kyk in die oë.

Spook ·

Ons wil geld he ,maar ons wil nie werk nie. Ons wil studeer maar ons wil nie betaal nie. Ons soek hoe poste met groot salarisse maar ons wil nie studeer nie. Ons brand af want ons wil alles he en as ons dit nie kry nie vernietig ons dit en dan het niemand niks. VIVA LIBERATION ! VIVA DEMOCRACY! Balme it on appartheid! Bla bla bla

Sydney ·

Waar is die ou dae dat betogers sommer met die sambokke bygedam is. Los die rubber patrone gebruik sambokke in vaders naam. Dit is mos hoe ons ouer garde dissipline geleer is. Dan sal die soort van nonsense op hou vir eens en vir altyd. Hulle skryf mos elke jaar in om te gaan leer, nie waar nie. Ek is seker daarvan dat baie van die organiseerders swak presteerders is.

Suzie ·

Ek kan nie glo dat die polisie nie die gemors kan uitsorteer nie. Dis verskriklik.

Sneeuvlokkie ·

Universiteite bied klaar hulp aan studente wat klasgelde aanbetref. Universiteite verskil, maar die een wat ek bygewoon het bied afslag aan per vak wat ‘n gemiddeld bo 75% het. Ek het met die sisteem gewerk om myself deur universiteit te kry, met ‘n ouer wat twee werke moes handhaaf. Omdat my kursus tyd rowend was (Ingenieurswese), kon ek net vakansies ekstra geld maak om meeste van my uitgawes te dek, soos verblyf en etes.

Natuurlik kook my bloed as ek die artikels lees, want ek moes deur hel gaan om my graad te kry. Ek het hoeveel keer aansoek gedoen vir beurse, maar hulle het reguit in my gesig gesê dat my vel kleur nie reg is nie.

Iets om oor te dink:
As jy wel die “regte” velkleur is, hoekom sukkel jy met klasgelde? Nie net word jy bevoordeel met keuring en beurse nie, maar werk ook.

Universiteit toegang is nie ‘n reg nie, jy moet dit verdien! As jy in is as gevolg van regstellende aksie, moet jy dankbaar wees vir die geleentheid en dit nie moeiliker maak vir die studente wat wel die posisie, uit harde werk, verdien nie.

Dosent ·

Die velkleur-ding is gewoon omgekeerde apartheid, of as jy mooi woorde soek, institusionele rassisme. Die bevoordeeldes het nie die integriteit om dit te erken nie en bly hamer op die onreg van die verlede.

Yvonne ·

Brand af, breek, vernietig al ons Universiteite dan het julle wat julle nou wil he, sal dit julle tevrede stel as almal van julle van ellende vergaan? Kan nie glo dus ons toekoms wat so redeneer nie, hoe gaan die land van ons lyk as hulle dit moet regeer??

Tersia ·

Yvonne ek het vir jou nuus: Hulle regeer al van 1994 af ons land. Deur korrupsie, die geboue afbrand en die skades was nooit voor 1994 só vreeslik erg nie!

CAV ·

Wanneer begin die kinders nou leer en klas toe gaan sodat hulle eksamens kan skryf

Desiree ·

Toe ek kon Universiteit to gaan het ek nie meer ouers gehad wat my kon help nie, ek kon dit nie bekostig nie en so het ek maar gaan werk, ek kan dit ook nie vandag bekostig om my eie kind op Universiteit te sit nie, so, sy moet maar gaan werk en klaar. As jy dit nie kan bekostig nie, gaan werk!

Lizzy ·

Die studente kan gerus maar voortgaan en afbrand, want dit is die vinnigste wat hierdie tot op ‘n einde gaan kom, dan is daar mos nie meer “Fees” om oor te optog nie. Enige student wat wel regtig wil studeer, en dit nie net verniet wil he, en teer op belasting betalers, kan hulle klas loop aan lyn. Daar is baie plekke wat deesdae klas gee “online”. Ek dink dit is waar die toekoms op afstuur in sake graad vang. Wat soek studente daar, wat nie wil betaal in die eerste plek? Net so goed ek gaan na ‘n supermark, en “demand” kos verniet. Die is presies dieselfde ding.

Dup du Plessis ·

So waar Lizzy, dis egter nie waar dit gaan ophou nie, die volgende sal wees vir gratis verblyf en dan natuurlik gratis etes……want die volk het vergeet om te werk en moet eet…..dan gaan die hoe slaagsyfer aangespreek word wat te moeilik is om te behaal……

Anti-Haas ·

As hulle wel gratis kan leer en wel opdaag vir klas, gaan 80% van hulle elkgeval druip.
Dan gaan hulle weer betoog omdat hulle druip, of hulle nie genoeg tyd het om te leer nie, ens,ens,ens…
Hulle soek als gratis en wil als net hê…..
Kom hulle buite, word hulle ook bevoordeel met die BBBEE stelsel.
Hulle hinder nou net die wat wil en kan leer en iets van hul lewe wil maak sonder “We demand…”

Besorgde ouer ·

Die probleem is die woordjie “mense regte” al die studente glo dit is hul reg om op universiteit te wees. Twak man !!!! Dit is ‘n voorreg om daar te wees , want nie almal kan dit bekostig nie. Ek sal daardie oproeriges sommer bygedam het , waar is die jong manne wat se ouers se swaar verdiende geld nou vermors word agv die ontwrigtings. Gaan die klasgelde terug betaal word vir die lesings wat opgeskort word, net om ‘n verhaal te word d.m.v verhogings? Wat van al die skade, wie gaan daarvoor betaal? Ons land word in die afgrond in bestuur, want daar is geen leiersfigure wat ‘n voorbeeld stel nie of die nodige intelek het om probleme op te los nie. Maar wat verwag ons dan anders as leiers figure met verskillende norme en waardes uitvoering moet gee aan ‘n demokratiese bestel. Ons regerende party het sy onstaan tydens die “struggle ” gehad so hy kan net suksesvol wees as daar nuwe struggles geskep word. Daar is nog steeds tradisionele leiers waarvoor die belastingbetaler betaal , wat self nie demokraties verkies word nie.

leon - Centurion ·

As oud-Tukkie voel ek bitter jammer vir die student wat wil klasdraf. Ek onthou hoe dankbaar ek was vir die geleentheid om te kan studeer en die respek vir die instelling en doserende personeel.

Ek is bevrees ons pluk die wrange vrugte van ‘n ruggraatlose bestuur, gelei deur De la Rey. Haar leuns, om in die goeie boekies van die radikale studente en van Blade te bly, haal haar nou in. Sy het haar rug op die Afrikaner student, alumni en donateurs gedraai. Die studente wat wil leer en betaal sal privaat studeer en met ope arms by bv. AKADEMIA ontvang word. Natuurlik sal die beste dosente ook groener wyvelde gaan soek. Die wat agterbly gaan nog ‘n Afrika-Universiteit erf. Die Tukkie graad gaan niks beteken nie. En dan die ontnugtering dat die stakende student selfs met ‘n graad agter sy naam in elk geval nie ‘n werk gaan kry nie.

RVC ·

Education
You have the right to ****basic education****, including adult basic education, in your own language (if this is possible). Die verdomde betoogers moet net lees, maar die useless regering help hul ook nie reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.